Page 1 of 1
Schmidt vs Swarovski
Posted: Sat Mar 09, 2013 12:03 pm
by Johan JvR
Manne
Hoe sou julle die Schmidt zenith reeks met die Swarovski z6 vergelyk?
Ek sien op die net oorsee verkoop die twee reekse vir dieselfde prys, maar S&O het tans die Schmidt'e vir heelwat laer pryse as die swarovski z6.
So - vir 'n algemene jagteleskoop, is die Schmidt 'n goeie koop?
Baie dankie
Johan
Re: Schmidt vs Swarovski
Posted: Sat Mar 09, 2013 12:13 pm
by cassie_calvinia
ek het die 2-12x50.
sy field of view is ongelooflik!
dit is 'n bitter lekker scope.
maar, ken nie die S&B nie.
Re: Schmidt vs Swarovski
Posted: Sat Mar 09, 2013 12:16 pm
by Johan JvR
Cassie, ek weet die z6 is 'n bul!
Ek ken ook nie S&B nie, wil graag uitvind oor hulle.
Re: Schmidt vs Swarovski
Posted: Sat Mar 09, 2013 12:39 pm
by Sako75
Ek het 'n hele klomp Schmidt & Bender's en is 100% tevrede. Het ook al 'n 8x50 Swarovski gehad en was ook tevrede behalwe vir die kruishaar wat effe aan die dik kan was.
My gunsteling teleskoop is Schmidt & Bender 3-12x50 Zenith.
Re: Schmidt vs Swarovski
Posted: Sat Mar 09, 2013 12:49 pm
by Johan JvR
Met watse kruis Danie ? (die zenith waarvan jy hou)
Ek weet Willem Jordaan het gekla dat sy Schmidt 4-16 met varmint kruis se 'dot' te groot was.
Hoe is die A7 kruis?
Re: Schmidt vs Swarovski
Posted: Sat Mar 09, 2013 3:50 pm
by Sako75
Johan,
Ek het paar verskillende kruise. Die een wat ek die meeste geniet is 'n A6 in n gewone 8x56.
Rondom die "dikheid" van die kruise is dit maar 'n komplekse vraag veral met teleskope waar die kruis in die tweede optiese vlak is. Die aspek is mos die bron van groot kritiek teen hierdie teleskope.
Ek is maar 'n leek in hierdie opsig en praat nie met enige gesag nie. Die teleskoop kenners sal die beste weet. Na my mening is daar egter heelwat voor en nadele van kruishare wat te dik of te dun is. Partykeer is hulle te dik en partykeer te dun in dieselfde teleskoop. Die gewenste eienskappe kom, na my mening, nie altyd lekker bymekaar in een teleskoop nie. In die opsig kan mens nie altyd jou brood aan altwee kante gebotter he nie, veral nie met die teleskope waar die kruis in die tweede optiese vlak is. Dis amper soos om te probeer om 'n kompakte verkyker te kry wat ook baie goed werk in lae lig toestande (waar 'n groot objektiewe lens meer geskik sou wees as 'n klein, maar kompakte een).
Ten opsigte van die Zenith's vind ek beide die A7 en A7 IR heeltemal voldoende vir my doeleindes van geleentheidsjag. Ek vind die A7 IR effens dunner as die gewone A7.
Rondom die 4-16x50 Varmint Dot dink ek nie die kruishaar is perfek vir teikenskiet nie maar voldoende om golfbal/tennisbal grootte teikens te kan "tref" op langer afstande. Dit is, soos Willem se, vanwee dit dikte van die kol, veral op hoe vergroting. Die dillema met hierdie tipe teleskope is dat mens vergroting vir dikte vd kruis in dieselfde in plaas van teenoorgestelde rigting ruil.
Re: Schmidt vs Swarovski
Posted: Sun Mar 10, 2013 6:21 pm
by Johan JvR
Dankie Danie
Dis wat ek min of meer wou weet. Ek dink indien mens dan besluit om die varmint dot kruis te koop, moet jy hom gebruik soos hy ontwerp is en afmik met die kolletjies soos jy verder skiet. want die middel kol is 1m.o.a en die wat ondertoe is slegs 0.3moa, so op 100m skiet jy met die groot kol en op 200 en 300m met die kleiner kolle.
Lekker aand
Re: Schmidt vs Swarovski
Posted: Mon Mar 25, 2013 2:45 pm
by Schalk.vdB
Johan
Ek het die Z5 met die BRX gekoop en soos my vriend sĂȘ iemand het die lig aangesit.
So ek kan net dink hoe die Z6 sal wees
Groete
Schalk
Re: Schmidt vs Swarovski
Posted: Thu Apr 04, 2013 11:57 am
by Rainbird
Niks vout met n S&B nie. Soos Zeiss, Swarovski en Leica kry jy gooie optics met n S&B.
As jy hom teen n gooie prys kan kry koop hom dadelik.