Page 1 of 1

Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Fri Aug 20, 2010 3:19 pm
by Benman
Goeie Middag Manne

Ek het nou al bietjie rond gekyk na 'n paar opsies as dit kom by scope keuse. Ek het pas 'n Remington sendero 300 win mag gekoop en ek wil graag 'n scope kies waarmee ek daai langer skote kan maak wanneer die geleentheid hom voordoen. Ek jag tans met 'n Leupold VX3 4.5-14x50 met die varmint hunters reticle en ek geniet elke oomblik daarvan. Ek wil graag weer so 'n reticle op die 300 WM ook gebruik as ek kan.

Die VX7 L 3.5-18x56 long range met die varmint hunters reticle dink ek kan dalk vir my 'n opsie wees... My vraag waarmee ek worstel is dus, is die laer montering as gevolg van die scope ontwerp 'n goeie ding of dink julle Die VX L ontwerp dien geen effektiewe doel nie?

Ek wil nie afbreek doen aan die Sendero nie, so ek het julle hulp nodig op die een. Ek hoor graag van julle.

Groete
Benman

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Fri Aug 20, 2010 6:41 pm
by Danie Lombard .243
Benman

1 ste ding. Baie geluk met jou keuse in tipe geweer. Die REM 700 Sendero is 'n BAKGAT roer. Jy gaan hom geniet en JA!!, dit is 'n verskiet gun daai. Hy kan skiet.

Die scope wat jy wil monteer is goed. Soos jy weet is 'n laer monteering altyd beter. Dus is dit altyd 'n effense handicap met die grooter lens voor, as mens na die scope ringe se hoogte kyk. Maar as jy nagskiet gaan doen is die 50mm lens stukke beter.

Goeie scope, KWAAI geweer.

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Sat Aug 21, 2010 10:29 am
by Benman
Dankie Danie

Dankie vir die raad.

Ek sien daar is baie manne wat inloer maar nie kommentaar het nie. Asb kerels julle moet help hier. Ek stel altyd ander ouens se ervaring hoog op prys.

Groete
Benman

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Sat Aug 21, 2010 11:11 am
by Louis102
Benman wrote: ... Ek stel altyd ander ouens se ervaring hoog op prys ...
Benman, met hierdie klas van ding is daar nie altyd 'n regte of verkeerde antwoord nie.  Baie hang af van persoonlike smaak en voorkeure.  Danie .243 som dit soos altyd mooi op:
Danie .243 wrote: ... Goeie scope, KWAAI geweer ...
....  My eie subjektiewe bevooroordeelde keuse sou 'n Zeiss Diavari Victory wees (minstens tot 12 vergroting en minstens 50mm lens) - "KWAAI Scopes" daai!  Ek het geen beter optics nog gesien op 'n scope nie.  Sommige op die forum reken egter ek het 'n snobistiese streep ....  Die keuse is joune.

Louis

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Sun Aug 22, 2010 11:51 am
by DSBW
Benman

Ek stem saam met Louis, Zeiss is nou maar eenmaal die beste, veral daai nommertjie wat Louis op sy roer het. Realiteit is dat ek nog lank sal moet wag voor ek so 'n outjie kan bekostig. Ek skiet met twee Leupoldts, 8.5x25x50 LR, en ek kan vir jou s? dat ek nog nie beter waarde vir geld scopes gesien het nie. So 3 weke gelede het my roer geval, van 'n skietrak af tot op die dak van die voertuig, van die dak af tot op die enjinkap, van die anjinkap af tot op die grond, waar daar 'n paar groot klippe gewag het. Ek het die hele petalje gestaan en kyk.

Ek het 'n swaar geweer, 8 kg om presies te wees, en die geweer het twee keer reg op die scope geval. Gedog my jag is verby. Scope het uitgestel ja, moes hom weer vinnig op skoot kry, maar behalwe daarvoor geen skade nie, net baie merke.

Vit ouens soos ek wat glo Zeiss is die heel beste, bly Leupoldt uit en uit my tweede keuse. Selfs al is hulle nie meer goedkoop nie, kan ek darem nog spaar vir een van hulle, ek sal geen ander scope aanbeveel nie.

Dawie

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Sun Aug 22, 2010 2:00 pm
by Louis102
Dawie Blaauw wrote: ... Realiteit is dat ek nog lank sal moet wag voor ek so 'n outjie kan bekostig ...
Dawie

"Bekostig" is 'n baie relatiewe begrip in Louis 102 se boek.  Ek het lanklaas na pryse van teleskope gekyk (heel tevrede met wat ek het), maar glo die prys-verskil tussen die Leopoldt onder bespreking en soorgelyke Zeiss Diavari Victory kan dalk 'n paar duisend rand beloop?  As jy egter die koste van so 'n teleskoop oor 'n hele klompie jaar se gebruik afskryf (s? 15-20 jaar), wonder ek of die prysverkil regtig so noemenswaardig is?  Veral as die teleskoop se gebruik meer as net 'n paar-maal-per-jaar-stokperdjie is.

Vir my is die prys van so 'n belangrike stukkie toerusting minder kardinaal, as behoorlike navorsing om dit te vind wat jou smaak/hart pas.  Dit is baie duurder om 'n swak keuse te vervang, as om 'n duur scope te koop waarmee jy tevrede is.  Ek glo om dit te koop wat jou die meeste selfvertroue sal gee, omdat selfvertroue in jou toerusting, die een gemeenskaplike eienskap van meeste goeie skuts is.

Ek sal eerder iewers anders 'n paar rand probeer bespaar, 'n vakansie opoffer, ander plan maak en/of bietjie langer wag, maar dit koop wat my hartsbegeerte is, as dit by teleskope kom.  Ek probeer egter niemand van my siening oortuig nie, sommer maar net my stukkie Sondag-filosofie en ervaring van verkeerd koop, wat ek met julle deel.  Dit is vir my heeltemal verstaanbaar dat sommige geweereienaars anders daaroor voel, want ons onderskeie persoonlikhede sowel as die aanwending/gebruik van teleskope, verskil.  Ons moet seker dit doen wat ons rustig sal laat slaap - vir sommige is dit waarde vir geld, vir ander is dit die wete dat jy die heel beste het wat beskikbaar is.

Mooiloop
Louis

Ns. Wat het van Fox Driver geword?

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Sun Aug 22, 2010 2:32 pm
by DSBW
Louis

Heeltemal korrek ou maat, stem saam met jou. Het toevallig 'n tyd gelede die som gemaak, 'n Zeiss se prys is eintlik heel redelik as jy dink aan wat jy regtig koop. Ek praat nou nie net van die ooglopende kwaliteit nie, ook die totale gemoedsrus dat jy die beste van die beste het, asook die feit dat die scope jou waarskynlik gaan oorleef, en nog steeds net so goed gaan wees. My Leupoldts het ek in 'n tyd gekoop wat ek die goed dringend nodig gehad het vir kompetisie doeleindes, en was nie in staat om op daardie stadium 'n Zeiss op enige manier te kon koop nie.

Ek is egter regtig tevrede met hulle, soos ek s?, ek kry baie goeie waarde vir wat ek betaal het. Is waarde vir geld my maatstaf? Nie noodwendig nie, nie as dit by hierdie tipe dinge kom nie, maar ek het ook uiterste gemoedsrus met die Leupoldt, so dit werk op hierdie stadium goed.

Fox Driver? Nee wat, ons het mos name, dis maar net eenvoudiger so.

Groete!

Dawie

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Sun Aug 22, 2010 4:18 pm
by Francois Marais
Benna

Gaan met jou keuse van daai VX 7, ek het nou nie Zeissies soos Louis en Dawie nie, maar het n paar Leupolds en n paar Swarofski's. Die geld wat jy meer gaan betaal vir n Europese scope teenoor n USA scope is nie gelykstaande aan die kwaliteit wat jy meer kry nie.

Daar sal manne wees wat verskil, maar dit is my 2c..............

Mooi loop
Francois

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Sun Aug 22, 2010 5:46 pm
by Benman
Middag weereens

Ek sien die middag slapie het 'n paar manne lus gemaak vir bietjie skryf op die web... My Leupold gee my ook goeie diens, dit bly maar 'n belegging wat 'n man maak in toerusting, dalk net bang dat ander fabrikate nie so lekker gaan werk soos my ou Leupold nie...Dankie vir die menings reeds gelug. Die ding is net dat ek my leupold, 4.5-14x50, deur "Jay" wat hier op die forum van gepraat is gekoop het, dit het my amper die helfte gekos as wat ek in SA pryse voor kon kry. Dit is tans ook so met die VX7 L wat ek kan kry, sy quote is $1550  geland in SA.


Francois, my vraag is dus nog steeds, en dalk kan jy help, is dit beter om die VX7 off die VX7 L op my 300 Win Mag te monteer?

Ek lees graag verder.

Groete

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Sun Aug 22, 2010 7:48 pm
by Francois Marais
Benna

Ek sou met die L gaan, juis omdat hy so lekker LAAG oppi loop kan sit, ek het die kleiner boetie, die 4,5-14*56 en is BAIE vrede met hom.

Mooi loop
Francois

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Mon Aug 23, 2010 8:34 am
by Superdup
Dagse mense

Hoop almal het 'n beter naweek gehad as die kapenaars wat teleurstellende rugby en 'n koue nat naweek moes beleef! (Bokke en WP :'()

Wel net om half van die onderwerp af te klim, ek ken 'n ou vriend wat tans in USA stroop, hy het ges? hy sal vir my 'n gunsie doen, ek kan net s? wat ek soek dan kry hy dit vir my! Natuurlik iets met 'JAG-en-Skiet' toeristing uit te waai ja! ;D

Ek het gedink aan die Leupold VX 3L of VX 7 modelle of die Zeiss Conquest Modelle! Verkieslik 'n groter vergroting soos 6.5-20 of dalk ietsie bietjie kleiners!

Kan iemand dalk bietjie meer inligting gee oor die Zeiss Conquest modelle?

Hulle is nie in SA beskikbaar nie het ek gesien!
Die VX3L prys daar teen so $1200.00, die VX 7 so $1500 en die Zeiss Conquest 6.5-20X50 so $1000.00

Groete
Superdup

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Mon Aug 23, 2010 11:40 am
by Benman
Hi Francois

Dit is nou eintlik wat ek wou hoor. As dit by scopes kom klink dit vir my baie na die selfde as die sage tussen toyota en landrover...Ek rate nogal jou skrywes hoog en dit is altyd lekker om jou kommentaar te lees. Dit is wat my hart ook se. Ek gaan dan met die VX7 L volstaan. Ek glo vas daaraan dat jy nie aan iets moet krap waarmee daar nie fout is nie.

Vriendelike Groete
Benman

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Mon Aug 23, 2010 6:05 pm
by tafjak
Superdup
Kan iemand dalk bietjie meer inligting gee oor die Zeiss Conquest modelle?
... bly sov?r weg van hulle af as wat jy kan!  Net my eie mening.

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Mon Aug 23, 2010 7:33 pm
by DSBW
Ek stem saam met Taffie.

Dawie

Re: Leupold VX7 L 3.5-18x56 Long Range

Posted: Mon Aug 23, 2010 9:59 pm
by Superdup
Tafjak en Dawie!

As ek mag vra,is dit die rede hoekom dit nie in SA ia nie?
Of wat is die rede?
Ek wi graag my mind opmaak,dis ok ni reg om vinnig te besluit ni,maar die ou het gese ek moet so ek kan lat weet,iets met weer en rond trekkery uit te waai!

Dankie