Page 1 of 1
Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Fri Aug 20, 2010 7:49 am
by Armand Steenkamp
Goeie more kerels!Ek lees nou in die nuwe Suid Afrikaanse jagter van die Konus teleskoop.Hulle het hom noggal getoets ook en Willem Odendal praat goed van hom maar hulle vlagskip model die KonusPro M30 8.5-32X52mm kos R4275 nou dit klink baie aantreklik maar ek wonder dam of dit nie te goed is om waar te wees nie?Wat dink julle slim manne en die ooms met die baarde en snorre wat al lank met die tipe goed aankom?
Groete Armand
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Fri Aug 20, 2010 8:20 am
by Beyers
Net in die laaste paragrawe is daar kommentaar oor die akkuraatheid van verstellings. Ek het gespoedlees, so kan nie alles onthou nie. Hy s? wel dat hy zero behou, maar verstellings nie voorspelbaar is nie.
Vir teiken skiet is dit 'n probleem veral as jy die verstellings gebruik oor veskillende afstande en kondisies
Beyers
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Fri Aug 20, 2010 8:35 am
by Armand Steenkamp
Ja ek het ook maar net so vinnig gelees.Ek woner of iemand op die forum so n scope het
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Fri Aug 20, 2010 5:47 pm
by hagar
Die Konus spotting scopes het n goeie naam hier in die VSA, het nog niks sleg van hulle gehoor nie, en baie goedkoper as bv n Kowa. Ek het al deur hulle geloer, en die helderheid is goed. Het nog nie hulle geweer teleskope gesien nie, die paar artikels wat ek gelees het was positief.
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Sun Aug 22, 2010 2:58 pm
by Francois Marais
Manne
Hierdie is my 2c as dit kom by goedkoop teleskope, weet nie wie dit gese het nie, maar......
Only a very rich man can afford a cheap scope.........
Mooi loop
Francois
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Tue Aug 24, 2010 9:52 am
by Louis Kriel
Dit klink nie te sleg nie. Lyk of dit in Italie gemaak word, maar die goedkoper modelle dalk ook weer China.
Hiers wat een ou se:
"I did mount the scope on my Sako
TRG 42 .338 Lapua Magnum. I shot
approximately 100 rounds through it.
The scope held point of aim, and as far
as I could tell, it was plenty rugged and
reliable enough for the big magnum
class. I think, like Verona, Italy, Konus
is here to stay."
Hiers 'n link na die hele "review":
http://www.konus.com/download/guns%20magazine%20jun%202010.pdf
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Wed Aug 25, 2010 6:19 pm
by Biker
MANNE
Scopes is nie meisies nie.Hou maar by die beproefde make en laaat daar eers goeie terugvoering kom oor die nuwes. As dit meisies was probeer gerus soveel as moontlik
Groete
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Thu Aug 26, 2010 10:22 am
by Louis Kriel
Biker wrote:
MANNE
Scopes is nie meisies nie.Hou maar by die beproefde make en laaat daar eers goeie terugvoering kom oor die nuwes. As dit meisies was probeer gerus soveel as moontlik
Groete
Wat Armand probeer se, is dat dit 'n baie sexy Italiaanse mesie is en sy is nie te duur nie!
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Thu Aug 26, 2010 9:13 pm
by Christo
Francois Marais wrote:
Only a very rich man can afford a cheap scope.........
Maak nie saak wie dit ges? het nie dit is sekelik die waarheid. My heel heel eerste scope was 'n bargain vanaf 'n vriend. Ek het op Aandst?r, wes van Maltehohe, agtergekom dat elke derde skoot die POI skuif. Met geduld van bo het ek darem kans gekry toe om my eerste Gemsbok te skiet. Binne 'n week na ek terug was by die huis toe maar winkel toe gery en een gekoop.
Maar so leer mens.
Christo
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Fri Aug 27, 2010 8:53 am
by Louis Kriel
Christo wrote:
Francois Marais wrote:
Only a very rich man can afford a cheap scope.........
Maak nie saak wie dit ges? het nie dit is sekelik die waarheid. My heel heel eerste scope was 'n bargain vanaf 'n vriend. Ek het op Aandst?r, wes van Maltehohe, agtergekom dat elke derde skoot die POI skuif. Met geduld van bo het ek darem kans gekry toe om my eerste Gemsbok te skiet. Binne 'n week na ek terug was by die huis toe maar winkel toe gery en een gekoop.
Maar so leer mens.
Christo
As dit met 'n cheapie gebeur, is dit nog ok, maar ek het 5 jaar gelede dit oorgekom met 'n Nikon Monarch. Ek sukkel nou om vertroue te he in enigiets wat in die Fillipyne gemaak word.
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Fri Aug 27, 2010 11:00 am
by Hein M.
Julle moenie so se nie. Het noudiedag 'n Nikon gekoop. Dink darem nie dit is heeltemal cheapstuff nie... Sy waarborg is heel olraait.
Groetnis!
Hein M.
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Fri Aug 27, 2010 3:23 pm
by Danie Lombard .243
In 1999 was ek op 'n skietbaan gewees en op daai betrokke dag het .243 'n scope se kruishare gebreek. Die scope was 'n Swarovski gewees. Laat mens wonder oor die cheap stuff scopes se lewensduur en en die lewensduur van duur scopes.
Vriend van my is werkswinkel voorman by 'n Peugeot handelaarskap en sy broer is hoof tegnikus by Ford/Mazda. In die tegnologiese tyd wat ons in leef met die heedendaagse "bullet prove" produkte is dit vir my altyd aangenaam om oopmand te sit en luister na al die probleme van nuwe voertuie. Nuwe goed moet mos hou, nie waar??
Om op te som. Alles kan breek en niks is fail safe nie. Partykeer gee 'n cheapy goeie diens vir jare terwyl die mega duur produk jou soms in die steek laat waneer jy dit die minste verwag. Andersom is ook 'n realiteit. Soms is andersom meer algemeen. Ons koop maar met alles 'n tipe kat in die sak. Party kitties le net stil, soet en slaap vir 'n langer tyd voor hul krap en skreeu. Ander katte spring uit sodra jy die produk in die werk steek.
En om te dink ou oorle Henry Ford het met die ding begin dat 'n produk net 'n sekere lewe moet he en dan breek. Dit het begin met skakelaars op die veortuie en net meer uitgekring. Solank as produkte breek maak industrie geld. Sulke industrie neem dan werkers in diens om te help met die fabriseer van produkte en so loop die ketting. So het almal 'n werk. So kan almal dit wat breek vervang met nuwe produkte.
Jou scope wat breek hou die ekonomie aan die gang.

Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Fri Aug 27, 2010 9:41 pm
by Christo
Danie .243 wrote:
Jou scope wat breek hou die ekonomie aan die gang.
Dit is vandag die waarheid, met die krag wat so baie "dip" hier by ons koop jy gere?ld yskaste. Maar.... in die plaaswinkel staan 'n stokhoring ou Fridgedair(nie so seker hy's reg gespel) yskas en maak alles koud wat jy daar insit. Hy breek net nie, sy gas raak nie op nie, hy dreun net voort. EK SOEK NOG EEN. Wens hule wil goed weer so bou.
Christo
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Mon Aug 30, 2010 8:59 am
by Louis Kriel
hein wrote:
Julle moenie so se nie. Het noudiedag 'n Nikon gekoop. Dink darem nie dit is heeltemal cheapstuff nie... Sy waarborg is heel olraait.
Groetnis!
Hein M.
Die nuwe Nikons is BAIE beter as di? waarvan ek een gekoop het. Nikon se waarborg is van die beste.
Re: Konus? Te goed om waar te wees?
Posted: Mon Aug 30, 2010 9:59 am
by Hein M.
DirtyOldSix,
Jy het my amper benoud gehad.

Ek berus ook maar op ander manne se raad en opinies!
Ons hoop maar van die beste...
Groetnis!
Hein M.