Page 1 of 1

Elektroniese skaal

Posted: Wed Mar 06, 2013 5:20 pm
by Frikjordaan
Die beste pryse vir 'n RCBS elektroniese skaal is meer as R1800 terwyl 'n Hornady elektroniese skaal minder as R500 kos

Is die RCBS dan soveel beter of is die Hornady glad nie betroubaar of goed nie

hoor graag wat sê die manne wat het
Mooi loop
Frik

Re: Elektroniese skaal

Posted: Wed Mar 06, 2013 5:24 pm
by Silent Hunting
Wil dit ook weet. Kyk self na ander skaal, maar weet net nie wat nie.

Re: Elektroniese skaal

Posted: Wed Mar 06, 2013 6:15 pm
by Herman Huyser
Manne, ek het 'n Hornady skaal (Hornady Lock & Load Bench Scale) vir R1300 by S&O Pta gekoop en ek is baie gelukkig met hom. Die volgende gaan 'n auto dispensing skaal wees.

Re: Elektroniese skaal

Posted: Wed Mar 06, 2013 6:48 pm
by DSBW
Frik, soos Herman hier bevestig, gaan elke persoon met die dinge verskil. Ek het 4 jaar gelede 'n Hornady skaal gekoop (weet nie eers meer watter model nie), omdat RCBS net te duur was vir my, hy het 'n volle twee weke gewerk, omgeruil by handelaar, tweede een het so 2 maande gewerk. Handelaar deel my toe mee dat 'n sekere "batch" van hulle 'n fout op het, hy sal hom vir my terug stuur, maar ek dra alle kostes aan posgeld ens., wat amper dieselfde sou wees as die prys van die ding.

Ek het nie verder gesukkel nie, die ding lê nou nog hier in 'n boks, was my tweede Hornady herlaai gereedskap, ander is 'n "Lock and Load" "press", wat goed werk, maar nie weer Hornady nie, dankie.

Re: Elektroniese skaal

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:16 pm
by Monrique (SJ)
Naandse oom Frik

Ek het die Hornady se Lock-N-Load dispencing skaal. Hy was hier by die R3000 en is definitief die geld werd en werk baie lekker.

Groetnis
Monrique

Re: Elektroniese skaal

Posted: Wed Mar 06, 2013 10:21 pm
by theedge
Monrique (SJ) wrote:Naandse oom Frik

Ek het die Hornady se Lock-N-Load dispencing skaal. Hy was hier by die R3000 en is definitief die geld werd en werk baie lekker.

Groetnis
Monrique
Het ook een en hy loop mooi sien nou in die maand se sa jag hy gaan nou vir R2100.00

Re: Elektroniese skaal

Posted: Wed Mar 06, 2013 10:32 pm
by theedge
het gou gaan loer LandMark - Hornady lock n load Autocharge R2100.00
Promosie 15-2-13 tot 20-4-13

Re: Elektroniese skaal

Posted: Fri Mar 08, 2013 7:32 am
by Frikjordaan
Baie dnkie, sal maar vanoggend gaan kyk by Kloppers Bloemfontein.
Baie dankie vir die terugvoer
mooi loop
Frik