Page 1 of 1

Herlaai van 12br hael voorlaaier

Posted: Wed Aug 18, 2010 2:15 pm
by Dj
Ek het n WE Edwards 12 boor voorlaaier (sterloop) waarmee ek alreeds n hele aantal skote geskiet het.
Ek wil net graag meer inligting kry ten opsigte van ladings / volume hael en dan natuurlik wat die regte manier is om die voorlaaier skoon te maak. Ek is baie trots op die "anteak" en wil nie die geweer beskadig nie.

Is daar dalk iemand wat kan help

Groete
Danie Malan

Re: Herlaai van 12br hael voorlaaier

Posted: Thu Aug 19, 2010 6:40 pm
by Armand Steenkamp
Ek het ook n voor laaier gehad.Ek kan jou nou nie help met ladings en so an nie maar ek kan jou dam se hoe ek myne skoon gemaak het. Eerstens het ek die loop afgehaal dan gooi jy kookwater deur die loop net om die ergste vuilgyt uit te kry ek het ook hom altyd met n nylon borsel geskrop,dink n staalborsel sal die loop seermaak.Terwyl die loop nog so warm is gooi jy n swartkruit oplos middel soos moosmilk in die loop af, dan skrop jy hom maar weer met die n nylon borsel,dan trek jy maar n paar lappies deur hom tot hy skoon is.Jy het n haelgeweer met n gladde loop so ek dink dam nie dit sal so baie moeite wees soos wat dit nou klink nie.Haha ek hoop jy kan dam iets uitmaak van wat ek probeer se.

Re: Herlaai van 12br hael voorlaaier

Posted: Mon Sep 13, 2010 11:17 pm
by mossie
hallo

Man, die voorlaaiers is nogal verslawend. Ek is nogal skrikkerig vir ladings gee vir n ou yster, maar ek dink n man moet dit baie matig hou. Ek sal nie aanhoudend sommer meer as 1 of 1 en kwart ons klippe insit nie.Ek weet dit mag vreemd klink, maar daar is tog manne wat voel dat "Pistol grade Sannadex of FFFG" vir hulle beter werk, maar ek sal baie versigtig wees. Onthou swartkruit is n plofstof en nie n dryfmidell nie.Ek dink hier is die slim ding om n klub met manne war meer as ons met die "smokepoles" skiet te nader vir advies. Een ding is seker-maak daai kettie na elke sessie skoon. Moenie uitstel nie.Swartkruit en die neerslag daarvan in die loop is higroskopies (dit trek vog aan) EN SO YSTER ROES vinnig. dIE KOOKWATER IS ONONTBEERLIK -gebruik sommer baie en as jy nie Moosemilk of derglike het nie gebruik sommer skottelgoedseep. Droog die loop goed uit en gee n ligte skootjie q 20 of dergliks,

Mossie