Page 1 of 1
Chopper sukses in die karoo!
Posted: Wed Aug 18, 2010 10:37 am
by Ponkie
Hallo manne!
Ek het gisteraand met groot Ponkie by die huis gepraat en hy vertel toe vir my van die chopper se onlangse sukses...
Die saak staan so, die vlieenier is Cobus Crous en die skieter een van die boere wat nie bang vir hoogtes is nie! Die chopper skiet in die Rietbron distrik tot by die Wes kaap grens.
Tot op hede is 41 jakkalse gedood. Ek weet nie hoeveel daarvan tewe was nie, maar uit die dragtige tewe is 'n totaal van 59 fetusse gehaal! So slegs in ons distrik is daar 100 jakkalse minder!!! Hulle is steeds besig om te vlieg en die getalle behoort nog te klim!
Groete
Ponkie
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Wed Aug 18, 2010 10:47 am
by tafjak
Ponks
Mooi man! Een van die dae sal die roep-en-skieter weer lewe daar kan verdien. Jakkalse erg slim in darie geweste. Lekker om hulle dan dom te hou. Net ligter op die sak.
Hoeveel hektaar is gedek en hoe werk die storie? Laat weet asb, Ou Skyfire se vliegmasjien is ook moontlik een van die dae tussen die Karoo-jakkalse soos dit vir my lyk.
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Wed Aug 18, 2010 1:31 pm
by Ponkie
Oom Taf
Dit is nog te vroeg om vas te stel op hoeveel hektaar gejag is, want hulle is steeds besig om te jag... As ek nou 'n min of meer beskrywing kan gee sal dit wees van die N9 teerpad af tot by die Weskaap grens anderkant Rietbron. Die tarief is R3000 'n uur en die skieter dink ek vra nie baie geld nie, dis Oom Zietsie wat maar almal probeer help.
As ek meer uitvind sal ek weer op die topic laatweet. Dit is net 'n groot stap in die regte rigting, veral op Willowdale het ek en Oom Johannes minstens 5 pare locate met ons laaste roep, maar daardie jakkalse is ligsku en is baie skelm, en daar het hulle 7 geskiet.
Groete
Ponkie
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Mon Sep 06, 2010 3:59 pm
by bjstegmann
Ponkie wrote:
Die saak staan so, die vlieenier is Cobus Crous en die skieter een van die boere wat nie bang vir hoogtes is nie!
Hallo almal
Ek wil net 'n regstelling maak op Ponkie se post. Die vlieenier was Myburgh Theron van Brandfort. Die projek is nou klaar en die sukses was soos volg:
29 reuns
23 tewe. Daar was 'n aanname gemaak dat as 'n teef melk het, sy gem. 5 kleintjies sou he en dan was ongebore fetusse bygetel en dit het die somtotaal op 90 gebring.
Verder was daar 7 rooikatte ook geskiet, waarvan 4 wyfies was.
Dis moeiklik om die totale hektaar gedek te beskryf, maar dit lyk na min of meer 200 000ha.
Nie al die boere was tevrede en sommige het geen sukses gehad nie, maar die pot is ten minste nou geroer!
Groete
Johannes
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Mon Sep 06, 2010 4:50 pm
by tafjak
Johannes
Sien ek spoke of is dit regtig Rietbron/Willowmore se Johannes? Mooiman! Bly om jou ook hier te gewaar.
Taffie
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Mon Sep 06, 2010 9:14 pm
by Tomcat
Johannes/Ponkie
Wat was die totale koste om die jakkalse te skiet? Maw hoeveel ure is daar gevlieg?
Groete
Tomcat
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Tue Sep 07, 2010 9:36 am
by bjstegmann
As mohammed nie na die bergtoe kom moet die berg na mohammed toe gaan
ja Taffie dis ek!
Die chopper jag se koste vir die Willowmore Rietbron area om en by 72 uur gevlieg (R3000/uur + vat)
Daar was regtig 'n paar ou kalante daar uitgevat het ongelukkig nie photo's beskikbaar nie en sal eers later leer om hulle te plaas!!
Lees baie in die forum van die een versus daai een Dit is al 'n paar maal mooi gestel en ook deur Myburgh wat gevlieg het, hierdie is nog 'n stuk gereedskap in die gereedskapskas om te gebruik !!!
Lekker Jag!
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Tue Sep 07, 2010 11:12 am
by Cois
As my somme reg is bly dit moer duur!!! Sonder fetusse, as ons n dragtige teef skiet word jy net vir die teef betaal, kos n jakkals sonder vat R3661.01 en saam met vat R4173.55. Dis as ek reg is, die jakkies en katte saam was mos 59.
Dit bly n hulpmiddel die chopper maar dan reken ek regtig ons jagters skiet vir te goedkoop.
Cois
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Tue Sep 07, 2010 12:41 pm
by Tomcat
Ja jong lyk my daar is net jagters en nie choppers nie.
Ek het al by mense geskiet wat jou nie transport wil betaal nie en jou nie eers in die huis in nooi vir n koppie koffie of iets te ete nie. As jy niks kry die hele nag nie is dit maar jou eie saak, verniet gewerk en verniet koud gekry. Da in die skeer stoor sien jy gewoonlik hoekom.
My bakkie loop nie op avgas nie maar diesel kos ook geld.
Chopper jag is vir my n baie sensitiewe onderwerp en Romeo India Alpha het al in my slaai kom krap nadat ek vir hom gevra het of ek nie kan deel uitmaak van sy jagtery NET op die plase waar ek jakkalse skiet nie. Dit het op dowe ore geval.
Ek is op die oomblik op n plek waar ek net nog kwater word omdat ek sien hoe relatief maklik jakkalsskiet is in n gebied waar die jakkalse nie rondgef&* word nie. Gelukkig draai die wiel en vlekkie het nog nie almal maniere geleer nie, maar dit kom! Betaal maar die choppers terwyl julle nog kan en van die geld wat oorbly koop nog roepers en stoele en copy nog n paar CDs.
Mooivlieg
Tomcat
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Tue Sep 07, 2010 12:56 pm
by WOLF
Hallo Tomcat
jy het darem nou n teerpuntjie aangeraak,maar die waarheid is mos die waarheid.
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Tue Sep 07, 2010 1:58 pm
by Louis102
Tomcat wrote:
....Mooivlieg....Tomcat
Tomma
Lyk my jy's lekker omge-ellie!
Tomma, as ek jou reg uitluister, mag dit volgens jou 'n fout vir die boer wees om van choppers gebruik te maak, stoele te bou/koop, roepers & CD's te koop ens. ens. Wat sal volgens jou die regte ongediete beheer-plan wees vir 'n boer soos ek wat sommer tussen die jakkalse 'n bestaan probeer maak? Klink my dan asof ek volgens jou verkeerd dink, want behalwe vir die manne wat vlieg, traai ek ook maar als om te sien wat werk.
Of moet ek ook loop mooivlieg?
Louis
Ns. Moet bieg, as sukses aan die binnekant van my stoor gemeet moet word, is daar nie hoop vir my nie.
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Tue Sep 07, 2010 3:18 pm
by Tomcat
Louis
Louis102 wrote:
Tomma, as ek jou reg uitluister, mag dit volgens jou 'n fout vir die boer wees om van choppers gebruik te maak, stoele te bou/koop, roepers & CD's te koop ens. ens.
Nee glad nie! Dit klink seker of ek nou myself weerspreek. Dit bly die boer se plaas, sy skaap, sy lammers, die bure se jakkalse en sy kudus. Dus kan hy maak wat hy wil. As jy die besluit maak om te roep en skiet dan doen jy dit ordentlik, vir die res van jou lewe. Ek weet van n paar boere wat hulle eie plase jag en hulle is beter as ek, jy inkluis. Maar die teendeel is ook waar en van al die goed wat in die veld gebeur hoef ek jou nie van te vertel nie. Op hierdie plase kry jy dan slegte jagters en goeie choppers. Voorbeeld van so n ou was nou die dag iemand wat my bel( Noord van Bloem). Hy wil net gou weet wat die beste roepe is en o amper vergeet ek hy het darem n Tewis roeper( Niks teen dit nie) Ek dog by myself jou arrogante black-sam en se toe maar vir hom hy kan seker nie verkeerd gaan om met kos te begin nie. Hy bel my n dag of wat later en vertel my van al sy skelm jakkalse. Ek het maar net gelag want as jy nie in die mieliedriehoek n jakkals geskiet kry nie is jy n paluka.
Choppers het ook n plek in ongedierte beheer. Onbegaanbare terrein en waar jakkalse al volume 6 uit hul kop ken.
Volgens my is roep en skiet seker die beste metode van ongedierte beheer as dit deurlopend reg gedoen word. As jy nie tyd het om dit te doen nie of as jy so af en toe n kappie in die veld maak OF as jy jou seun veld toe stuur( wat op skool of universiteits vakansie is) om hom voor die TV weg te kry, bly eerder uit die veld uit. Jy is besig om jou chopper ure te boek! Dalk is dit ook maar reg so.....
Louis102 wrote:
Ns. Moet bieg, as sukses aan die binnekant van my stoor gemeet moet word, is daar nie hoop vir my nie.
Die grendste jagbakkies staan gewoonlik daar met beter toerusting as wat ek en jy saam het.
Ag ou Louis miskien is ek net jaloers oor die R246000 wat deur daai chopper se exhaust is en ek weet dit kon dalk beter aangewend word.
Moet bieg ek sal ook in daai ry wil staan as die tweehonderdduisendrande uitgedeel word
Maar soos ek weer se dis nie my lammers wat gevang word nie.
Tomcat
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Tue Sep 07, 2010 4:29 pm
by Louis102
Tomma
Nee wat, geweet waar jou hart sit en hoe hard jy werk om die pot aan die kook te hou. Ken jou darem ook al so bietjie, alhoewel ons nog nie blad geskud het nie. Net gedink ek torring maar so bietjie terwyl jy lekker warm om die kraag is.

Ek weet hoe dit voel want ek beleef heelwat sulke dae.
Sterkte met die goeie werk en hou daai plek se jakkalse soet, indien nie na 'n beter plek toe nie!
Louis
Ns. Wanneer is daar weer van daardie Scope se lig brackets beskikbaar? Jy't my nie vergeet nie, n??
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Tue Sep 07, 2010 5:15 pm
by Chris101
Tomcat
Ons moet net ons tariewie aanpas dit is duidelik dat baie boere nie omgee om te betaal nie'
ek dink in die koers van.
R 800-00 ongewisselde jakkas 1 dag tot +_ 4maande
R 1000-00 jakkals
R 2500-00 dragtige teef
R 1000-00 per nag uitroep tareif
R 5-00 per km van my huis tot my huis.
Chris101
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Tue Sep 07, 2010 5:40 pm
by Louis102
Chris101
Koop vir jou 'n chopper, dan kan jy R3000 'n uur charge. Dis mos beter as R5 per km? En 'n goeie nagrus inkry?
Louis
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Tue Sep 07, 2010 5:48 pm
by Tomcat
Louis
Daar sal binnekort weer wees, en jou naam is op daai lys.
Groetnis
T
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Sat Nov 27, 2010 6:56 pm
by tafjak
Sien die nuutste poging is alweer R3800-00 per jakkals en dit is die maklikste tyd om jakkalse te skiet. Cois, ons moet begin planmaak.
Joe! wonder wat ek met die R140 000-00 sou kon doen as ek my jakkalse vir darie prys kon swaai.
Re: Chopper sukses in die karoo!
Posted: Sat Nov 27, 2010 7:00 pm
by Ambessa
Hallo Tafjak
tafjak wrote:...nuutste poging is alweer R3800-00 per jakkals en dit is die maklikste tyd om jakkalse te skiet... ...wonder wat ek met die R140 000-00 sou kon doen as ek my jakkalse vir darie prys kon swaai.
...waar..?
Ambessa