Page 1 of 2

Vreemde kuiergas

Posted: Tue Mar 05, 2013 11:31 pm
by Piet Pille
Hierdie ou grote was gister op 'n vriend se plaas tussen Otavi en Grootfontein. Hy het blykbaar so paar weke terug uit Boesmanland suid begin trek, agter die Waterberg om tot naby Otjiwarongo, toe weer noordwaarts tot hier. Nogal raar om een oggend wakker te word en daars 'n Olifant op jou plaas.... :) ;)

http://i1075.photobucket.com/albums/w433/PieterVorster/IMG_0320Small_zpsa0ac69a8.jpg

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 6:21 am
by DWB
Eish :o

Ek sien 'n PAC Olifant wat binnekort in Nam beskikbaar gaan kom :D

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 7:43 am
by Eugene
Lyk soos mielies daar agter hom! Wonder hoeveel mielies so ou grote in 24 uur kan verorber... :-\

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 7:56 am
by Piet Pille
Eugene wrote:Lyk soos mielies daar agter hom! Wonder hoeveel mielies so ou grote in 24 uur kan verorber... :-\
Jip, dis Jaco (my vriend) se mielande daai. Jaco se die ou is baie mak en gedra hom baie mooi- hy wei netjies om die lande sonder om enige skade te maak. Die Olifant is tans op monitor status by natuurbewaring en die boere moet daagliks terugvoering gee oor sy doen en late. sal maar hoor waar eindig hy op.

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:07 am
by Lourens Potgieter
Ek neem aan hy soek nie eers 'n hek voor hy deur jou plaas loop nie??

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:14 am
by Marc
Eintlik hartseer ne, hier slyp ons almal ons tande vir n dier wat eintlik doen wat hy veronderstel is om te doen, trek. Seker die laaste "Wilde" Olifant in Suiderlike Afrika daai ???

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:24 am
by BRNO (Pierre)
Marc wrote:Eintlik hartseer ne, hier slyp ons almal ons tande vir n dier wat eintlik doen wat hy veronderstel is om te doen, trek. Seker die laaste "Wilde" Olifant in Suiderlike Afrika daai ???
+1. Ook so by my opgekom.

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:29 am
by FHM
Pieter dis nou woerse interressant! :o

Ai ek hoop dinge gaan reg uitwerk vir die ou man en dat hy nou nie n statistiek van PAC raak nie. :(

Met die min reen sover in die meeste van Nam en afgelope 2-3 jaar Kaokoland ook sal ek nie verbaas wees as daai woestyn Olifante ook eersdaags ander heenkome gaan begin soek nie...

Dankie vir die deel Pieter ;)

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:32 am
by DWB
Ek het net gespot oor die PAC olifant :D

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:36 am
by BRNO (Pierre)
DWB wrote:Ek het net gespot oor die PAC olifant :D
Ek ken jou. Die spoeg het al by jou mond uit geloop. Skaam jou om jou so in die arme dier se lot te verlustig >:(

;)

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:37 am
by DWB
Nee jong... my geweer is mos te klein :P

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:41 am
by FHM
DWB wrote:Ek het net gespot oor die PAC olifant :D

Nee ek weet ou Deon, maar as daai meneer net n paar dinge gaan verkeerd doen in die mens se oe kan sy draadjie kort raak...

Die arme diere weet ook nie meer watter kant toe nie.
Met die mens bevolking wat soos sprinkane aanteel en wat elke habitat en milenia se trek roetes beset en besmet het is dit eintlik hartseer as jy die ou grote so alleen en in gevaar... in n 'nuwe' habitat gewaar.

Pieter hou ons tog op hoogte met die saak sal jy, asb.

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:44 am
by Piet Pille
Nee, hy is defnitief nie hekgebonde nie....... ook nie bekend as 'n goeie draadspringer/kruiper nie!
Maar die manne verdra hom en besef dat dit iets is wat ons kinders nie sal beleef nie en daarom darem empaties teenoor die ou.

Sou hy egter gevaar begin inhou en te veel skade berokken is hy ongelukkig bestem vir PAC status..... so far so good na amper 700km se trek! Hoop maar dit bly die status quo..

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:46 am
by Skolla
Pieter Vorster wrote:Hierdie ou grote was gister op 'n vriend se plaas tussen Otavi en Grootfontein. Hy het blykbaar so paar weke terug uit Boesmanland suid begin trek, agter die Waterberg om tot naby Otjiwarongo, toe weer noordwaarts tot hier. Nogal raar om een oggend wakker te word en daars 'n Olifant op jou plaas.... :) ;)
Die ou was Vrydag/Saterdag op n vriend van my se plaas net noord van die Waterberg.Hy het dadelik sy damme daar voller gemaak met water, en hy het toe ook by een van die damme gedrink sonder om die dam te beskadig. Sy spoor is toe daarvandaan weer noord.

Skolla

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:49 am
by Eugene
Dis werklik jammer dat ons vooruitgang, 'n pragtige dier soos die, so kan benadeel.... Ek hoop maar hy bly uit die moeilikheid uit!

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:55 am
by DWB
Nee wat, geen regdenkende mens salf die een kan skiet nie, tensy hy werklik vir iemand gevaar inhou.

Bietjie groot vir 'n troeteldier maar hy lyk heel oulik :D

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 9:02 am
by Koos Barnard
Dagsê
Ai manne, ek hoop nie die dier word gejag nie. Wil by Marc aansluit - dis jammer dat die eerste ding wat by sommige mense opkom doodskiet is. Skuus, hoe ouer ek raak hoe meer raak ek 'n softie.
Mooi loop

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 9:08 am
by FHM
Koos Barnard wrote:Dagsê
Ai manne, ek hoop nie die dier word gejag nie. Wil by Marc aansluit - dis jammer dat die eerste ding wat by sommige mense opkom doodskiet is. Skuus, hoe ouer ek raak hoe meer raak ek 'n softie.
Mooi loop
Ek weet waarvan jy praat ou Koos - stem met jou - seker oor ons op n manier kan vereenselwig met die ou bul wat oor soveel jare al deur soveel dinge gekom het ;)

In vandag se Republikein (Nam koerant)

Olifant eis nog 'n bejaarde
Voorgelê deur Republikein op Wo, 2013-03-06 08:37
Francoise Steynberg

'n Bejaarde vrou se lyk is verlede Woensdag naby Mukwe in die Kavango¬streek deur haar familie gevind nadat 'n olifant haar vermoedelik doodgetrap het.
Wyle me. Mahupe Makena (68) het glo die vorige dag haar huis verlaat en nie die aand teruggekeer nie.
Volgens die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Kavangostreek, adj.komm. Willie Bampton, het haar familie die oggend haar spoor gevat en op haar lyk afgekom."Daar was baie olifant¬spore by haar lyk," het Bampton gesê.
Mensdier-konflik is 'n groot uitdaging in die land waar wilde diere vry rondloop.
'n Bejaarde man is drie weke gelede naby sy huis in die Kunenestreek deur 'n olifant doodgetrap toe hy suiker gaan koop het. Wyle mnr. Tomas Katjao (77) is op 7 Februarie omstreeks 11:00 by die Okou¬tjete-nedersetting deur 'n olifant aangeval en doodgetrap.
Die Mensdier-konflik Selfstandigheid¬skema (HWCSRS) betaal N$5 000 vir begrafnisbystand aan die familie van 'n slagoffer van mensdier-konflik uit.

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 1:27 pm
by kopskoot
Olifant eis nog 'n bejaarde

Die Mensdier-konflik Selfstandigheid¬skema (HWCSRS) betaal N$5 000 vir begrafnisbystand aan die familie van 'n slagoffer van mensdier-konflik uit.[/quote]

Nou weet julle hoekom hulle so maklik as PAC geskiet word.

Daar is baie jagters wat bereid is om N$ 40000 - N$ 50000 te betaal om hulle te skiet, maar net een organisasie wat bereid is om hulle slagoffers by te staan, en boonop ook maar net met 10% van die jag fooi.

Nogal ironies en spreekwoordelik van die tye waarin ons leef!

Mens kan ook redeneer dat uit een PAC jag, kan die organisasie 10 slagoffers se gesinne bystaan, maar dit sal onmenslik wees om so te redeneer

Wonder maar: Wat is die oplossing tot die probleem!

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 1:31 pm
by FHM
kopskoot wrote:Olifant eis nog 'n bejaarde

Die Mensdier-konflik Selfstandigheid¬skema (HWCSRS) betaal N$5 000 vir begrafnisbystand aan die familie van 'n slagoffer van mensdier-konflik uit.
Nou weet julle hoekom hulle so maklik as PAC geskiet word.

Daar is baie jagters wat bereid is om N$ 40000 - N$ 50000 te betaal om hulle te skiet, maar net een organisasie wat bereid is om hulle slagoffers by te staan, en boonop ook maar net met 10% van die jag fooi.

Nogal ironies en spreekwoordelik van die tye waarin ons leef!

Mens kan ook redeneer dat uit een PAC jag, kan die organisasie 10 slagoffers se gesinne bystaan, maar dit sal onmenslik wees om so te redeneer

Wonder maar: Wat is die oplossing tot die probleem![/quote]


Ons moes baie-baie meer KOPSKOTE Noord gegooi het..... ;)

Nee ek sien nie n oplossing nie - nie met die mensbevolking wat so uitbrei en die wilde diere se natuurlike habitat wat net kleiner en kleiner raak nie - n "oplossing' ??? is seker maar n natuurreservaat wat toegekamp is en die diere daar toehok - soos bv Kruger. Maar dit sal seker nie in my leeftyd gebeur hierdiekant nie

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 5:18 pm
by mariusr
Dis nou pragtig om so trek ollie te sien hoop hy bly net uit die moeilikheid uit en kom veilig tuis!

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 9:37 pm
by Marc
Laat my aan Ice Age dink

Sal darem nice wees as hy iewers n vroutjie kan raakloop en afsaal, maar ek glo nie. Dis sy lot om n PAC te word, iewers gaan n gulsige man die stukkie papier bekom om sy lewe te beeindig. Of hy sal net wegraak :(

Ek hoop die man loop hom iewers in n privaat reservaat vas en tree sommer af daar ;)

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Wed Mar 06, 2013 10:07 pm
by theedge
Voorwaar n ietsie besonders - sal nie omgee vir verrassing nie

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Thu Mar 07, 2013 8:04 am
by matewis
Lekker draad hierdie, ek volg met afwagting wat met die ouman gebeur. Manne daar bo hou ons op hoogte.

Daar is eintlik te veel mense en ons almal weet dit.

Re: Vreemde kuiergas

Posted: Thu Mar 07, 2013 10:41 am
by FHM
matewis wrote:Lekker draad hierdie, ek volg met afwagting wat met die ouman gebeur. Manne daar bo hou ons op hoogte.

Daar is eintlik te veel mense en ons almal weet dit.

Pieter Vorster moet net sy pille drink en ons weekliks op hoogte hou ;)