Page 1 of 1

8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Mon Mar 04, 2013 9:44 pm
by Berg-Bewer
Goeie naand mede Forum lede!

'n Kliënt van my by wie ek oes het 8 mooi Kameelperd Bulle om te jag!
(Nou nie stok ou bulle nie, maar ook nie jong goed nie. Ek glo julle verstaan wat ek bedoel!)
Ek het die wild nog nêrens gepost nie, so Forum lede kry voorkeur. Dit is ongelukkig 'n dringende saak
en hulle moet so spoedig moontlik afgehaal / gejag word. Dit is so plus minus 60km vanaf VanZylsrus, daar is lekker
kamp / slaap geriewe, koelkamer, ens. Die Kameelperde is deel van 'n klomp wild wat ge-oes moet word, maar is eintlik
net 'n kopseer vir my. Ek wil niks op die goed maak nie en sal verkies indien hulle gejag kan word voor ek daar oes.
Die Kliënt soek R12,000.00 / kop en indien enigeeen belangstel epos my asb by: bruwerbj@telkomsa.net

Beste groete

Berg-Bewer

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 6:10 am
by Gerhard
Is die vel en karkas die jagter sin of wil die boer dit hou?

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 9:50 am
by Herman Venter
Gerhard wrote:Is die vel en karkas die jagter sin of wil die boer dit hou?
Luister ook..

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 9:51 am
by Marc
Jy gaan sukkel om nou 'n slaghuis te kry wat daai vleis by jou gaan oorkoop. Hulle gaan almal eers hulle""labels" moet verander :)

As alles joune is, is dit vyf jaar terug se prys daai, wens ek het sente gehad :(

Gerhard

Daai 500 soek hoeka bietjie vars lug, klits een dan kom vertel jy ons ;)

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 10:07 am
by Louis Kriel
Marc wrote:Jy gaan sukkel om nou 'n slaghuis te kry wat daai vleis by jou gaan oorkoop. Hulle gaan almal eers hulle""labels" moet verander :)

As alles joune is, is dit vyf jaar terug se prys daai, wens ek het sente gehad :(

Gerhard

Daai 500 soek hoeka bietjie vars lug, klits een dan kom vertel jy ons ;)
Maw jy mag net die Kameelperd jag. Die vleis bly die eienaar s'n?

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 10:27 am
by DWB
Nee vir daai prys moet jy die vel en vleis kan hou.

Marc,

Gerhard eht ongelukkig lank terug sy 500 verkoop

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 11:03 am
by Marc
DWB wrote:Nee vir daai prys moet jy die vel en vleis kan hou.

Marc,

Gerhard het ongelukkig lank terug sy 500 verkoop

:-[ :-[ :-[

Dan moet die 375 maar nader staan ;)

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 11:06 am
by Herman Venter
Ek dink 'n walk en stalk met die boog sal Gerhard meer lok.. Selfde hier!

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 1:14 pm
by Gerhard
Om binne 40yards van n kameelperd bul te kom en hom met n 800gr pyl te piets op die regte plek is n groot uitdaaging.

Die 3006 met n kop skoot sal ook werk...

Ai ek wens die cash flow was beter

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 1:33 pm
by Jakkalsgat
Manne

BB het bevestig die vleis vel, hol en tong is alles joune vir daai prys. Van die swartkol op sy snoet tot die witkol onder sy voet van die bokant van die perd tot die puntjie van sy stert alles maar alles vir R12000. Al wat nie ingesluit is nie, is die charcoal en braai sout as jy hom daar wil braai. O ja en natuurlik jou normale dag en nag fooie en daai goedjies. Die dier is joune vir [glow]R12000[/glow]

Daai perd is elke sent werd.

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 2:30 pm
by Marc
Wel dit hang nou af wat die dagfooi is ???

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 2:45 pm
by G-force
30-06 met 200gr Barnes tsx oppie blad laat n langnek gougou omval.

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 2:48 pm
by FHM
Jakkalsgat wrote:Manne

BB het bevestig die vleis vel, hol en tong is alles joune vir daai prys. Van die swartkol op sy snoet tot die witkol onder sy voet van die bokant van die perd tot die puntjie van sy stert alles maar alles vir R12000. Al wat nie ingesluit is nie, is die charcoal en braai sout as jy hom daar wil braai. O ja en natuurlik jou normale dag en nag fooie en daai goedjies. Die dier is joune vir [glow]R12000[/glow]

Daai perd is elke sent werd.
Dis n WOERSE bargain prys daai manne - gaan jag asb die dnnerse perde sodat ek my nie in die 11:1:11 indruk by my bankbestuurder nie. Asb gaan jag daai perdjies toe!!!

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Tue Mar 05, 2013 3:49 pm
by Berg-Bewer
Jakkalsgat wrote:Manne

BB het bevestig die vleis vel, hol en tong is alles joune vir daai prys. Van die swartkol op sy snoet tot die witkol onder sy voet van die bokant van die perd tot die puntjie van sy stert alles maar alles vir R12000. Al wat nie ingesluit is nie, is die charcoal en braai sout as jy hom daar wil braai. O ja en natuurlik jou normale dag en nag fooie en daai goedjies. Die dier is joune vir [glow]R12000[/glow]

Daai perd is elke sent werd.
Hallo Manne, jammer ek was 'n bietjie besig met die boekhouer, mos jaareinde, ens.
Soos Jaco Stander sê alles is joune, vel, vleis, kop, pote, ens!

Ek sal vanaand post rakende die ander fooie, ens

Groete Berg-Bewer

Re: 8 x Kameelperd Bulle te Jag: Dringend

Posted: Thu Mar 07, 2013 10:39 am
by Berg-Bewer
Berg-Bewer wrote:Goeie naand mede Forum lede!

'n Kliënt van my by wie ek oes het 8 mooi Kameelperd Bulle om te jag!
(Nou nie stok ou bulle nie, maar ook nie jong goed nie. Ek glo julle verstaan wat ek bedoel!)
Ek het die wild nog nêrens gepost nie, so Forum lede kry voorkeur. Dit is ongelukkig 'n dringende saak
en hulle moet so spoedig moontlik afgehaal / gejag word. Dit is so plus minus 60km vanaf VanZylsrus, daar is lekker
kamp / slaap geriewe, koelkamer, ens. Die Kameelperde is deel van 'n klomp wild wat ge-oes moet word, maar is eintlik
net 'n kopseer vir my. Ek wil niks op die goed maak nie en sal verkies indien hulle gejag kan word voor ek daar oes.
Die Kliënt soek R12,000.00 / kop en indien enigeeen belangstel epos my asb by: bruwerbj@telkomsa.net

Beste groete

Berg-Bewer
Hallo Julle

Die prys is R12,000.00 / Kameelperd Bul. Jy vat alles!!!
Dagfooi, slag, Koelkamer, recovery uit veld en slaap geriewe (Jag huis) ingesluit @ R800,00 / dag / jagter en
R500.00 / dag / nie jagter. Die akkomodasie is self catering en eie beddegoed! Hout word voorsien! Baie lekker braai plek!
Hierdie pryse is direk van die boer / kliënt en wil of gaan ek niks daarop maak nie!!! Ek wil net graag die kliënt help om die goed aftehaal so gou moontlik!

Jag kan plaasvind enige tyd van die 18de Maart tot 10 Mei 2013!

Ek wil graag die goed uitklaar / afhandel voor Saterdag 09 Maart 2013.

'n R1,000.00 deposito is betaalbaar per Kameelperd direk na die boer. Enige een wat belangstel kontak my asb per epos by bruwerbj@telkomsa.net
Meld asb datum wat jy wil jag en hoeveelheid, ens!
Ek sal al die details met ontvangs van jou epos vir jou deurstuur.

Let wel die goed is nog nerens anders adverteer nie!

Beste groete

Jaco Bruwer
082 808 4723
083 365 6226