Page 1 of 1

Wapen lisensie aansoek

Posted: Mon Mar 04, 2013 7:17 pm
by Zerr
Middag,

Ek het hulp nodig met 'n motiverings brief vir my jaggeweer lisensie aansoek. Het die geweer klaar gekoop (CZ.308), asook die nodige kursus gedoen. Al wat kort is my motivering, maar ek weet nie waar om te begin nie.

Kan iemand my asb. 'n paar riglyne gee, soos ek verstaan word jou aansoek sommer afgekeur as jy nie 'n voldoende motivering gee nie.

Dankie

Re: Wapen lisensie aansoek

Posted: Mon Mar 04, 2013 7:58 pm
by BRNO (Pierre)
Naand Zerr.
Die gebruik is maar dat n nuwe lid eers homself gaan voorstel heel in die voorportaal, en dan begin die lekker gesels, raad uitdeel vra ens. Sodra jy dit gedoen het. Soek onder lede vir "Jagters Reg Motivering". Hy doen dit so netjies en volledig, die polisie manne gee net jou liksens, wat hulle is nie eers lus om deur alles te lees nie. Ek het gister weer twee van hom gekry.

Geniet die forum, en gesels lekker saam!

Re: Wapen lisensie aansoek

Posted: Mon Mar 04, 2013 8:07 pm
by JAGTERSREG-JRM
Pierre

Dankie vir die mooi woorde ek probeer maar net my bes,solank julle manne die lisensies kry glimlag ek baie breed.

Groete
Kobus

Re: Wapen lisensie aansoek

Posted: Mon Mar 04, 2013 9:06 pm
by BRNO (Pierre)
JAGTERS REG MOTIVERING wrote:Pierre

Dankie vir die mooi woorde ek probeer maar net my bes,solank julle manne die lisensies kry glimlag ek baie breed.

Groete
Kobus
Nee blikemmer Kobus. Dit is nie net mooi woorde nie, maar die waarheid. Ek wens ek kon een van my motiverings hier opsit sodat die mense kan sien hoe netjies dit is, maar dit is net te groot, en daar is net te veel inligting in.

Sommer weereens baie dankie!

Re: Wapen lisensie aansoek

Posted: Mon Mar 04, 2013 9:11 pm
by grumpy
Kobus, hulle het my aansoek verloor!!! Daai dik boek!!

Re: Wapen lisensie aansoek

Posted: Mon Mar 04, 2013 9:24 pm
by JAGTERSREG-JRM
grumpy wrote:Kobus, hulle het my aansoek verloor!!! Daai dik boek!!
Grumpy skree en ek stuur hom weer vir jou aan.Alle motiverings le veilig in die kluis op exsterne hardeskyf.

Groete
Kobus

Re: Wapen lisensie aansoek

Posted: Tue Mar 05, 2013 7:31 pm
by bobby
zerr
pm me your email or fax and i'll send you mine i used for my cz308 licenced for occasional hunting .

Re: Wapen lisensie aansoek

Posted: Mon Mar 25, 2013 4:45 pm
by Genemar
Weg??? Whahahah wag vir my hernuwing al van 2009 af en glo dit,,,dis al 2 keer verloor. Laas week weer alles gedoen so kom ons kyk of hulle dit 3 in 'n ry kan doen.

Re: Wapen lisensie aansoek

Posted: Mon Mar 25, 2013 4:58 pm
by Marc
Genemar wrote:Weg??? Whahahah wag vir my hernuwing al van 2009 af en glo dit,,,dis al 2 keer verloor. Laas week weer alles gedoen so kom ons kyk of hulle dit 3 in 'n ry kan doen.
As dit met my moes gebeur, sou ek begin soek na iemand se adres :) :) :)