Page 1 of 1
Lisensies goedgekeur.
Posted: Mon Aug 16, 2010 9:48 am
by Jaco Swart
More aan almal op die Forum.
Ek kan met groot blydskap in my hart s? dat my lisensies verlede week goedgekeur is, vir onderskiedelik my 243 , .22 en my dubbelloop haelgeweer.
En die beste van als is dat dit op die 24ste Mei 2010 eers ingehandig is.
Nou gaan die skote klap.
Groete
Jaco
Re: Lisensies goedgekeur.
Posted: Mon Aug 16, 2010 11:08 am
by Ponkie
Jaco s
Mag ek vra in watter provinsie jy aansoek gedoen het? en watse motivering jy gebruik het?
Na 'n jaar was my aansoeke terug gestuur agv fout wat polisiebeampte gemaak het op my vorms!
Groete
Ponkie
Re: Lisensies goedgekeur.
Posted: Mon Aug 16, 2010 11:45 am
by Jaco Swart
Ponkie .
In Rustenburg Noordwes provinsie. Die Groot geheim was dat dit nie vir maande by die Stasie gel? het nie. Ek het met die man in beheer gereel om my aansoeke dadelik op die sisteem te laai en te sorg dat dit dadelik Potch(NW streek se hoofkantoor) toe gaan.
Hy volg ook dan op dat dit nie vir maande daar l? nie en dat dit in Pretoria kom so gou moontlik. Hulle weet watter dae gaan hoofkantoor deur na Pretoria toe en reel dan dat dit ook saam gaan.
Laat weet my watter wapens jy voor aansoek moet doen dan kan ek jou miskien help. Ek het my goed self gedoen en het seker gemaak dat dit reg is. My 300 WIN MAG se lisensie was 14 Feb 2010 ingehandig en ek het my lisensie die 14 de APR 2010 reeds gekry.
Laat weet maar as ek jou kan help.
Re: Lisensies goedgekeur.
Posted: Thu Aug 19, 2010 4:27 pm
by Armand Steenkamp
Ek raak eintlik hartseer ek het nog nie eens aansoek gedoen nie maar ek weet ek gan lank wag!
Re: Lisensies goedgekeur.
Posted: Wed Aug 25, 2010 11:02 am
by mossie
Help iemand!!!!!
Nou die dag op die forum breedvoerige artikel gelees oor herloop in dieselfde kaliber- dat dit nie n nuwe lisensie behels nie, maar kan dit nie nou opspoor nie. Waar is dit?
dankie
Mossie
Re: Lisensies goedgekeur.
Posted: Sat Aug 28, 2010 11:00 am
by Hein M.
Mos
Danie (243) het hier enkele riglyne gegee...
http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=4
Hoop dit help!
Groetnis!
Hein M.
Re: Lisensies goedgekeur.
Posted: Sat Aug 28, 2010 8:04 pm
by Tiny
Naands? Almal..
Jis ek wens die mense in die Oos-Kaap was so vinnig op die job.. Ek wil graag vir myself nou geweer koop en aansoek doen, sodat ek nie so afhanklik van pa hoef te wees nie.
Moet 'n mens in die provinsie waar jy bly aansoek doen? Want ons bly in die Oos-Kaap maar as dit nie nodig is om in die provinsie waar jy bly aansoek te doen nie, dan wil ek sommer in die Wes-Kaap aansoek doen. Is dit 'n opsie?
Groete
Tiny
Re: Lisensies goedgekeur.
Posted: Sat Aug 28, 2010 10:33 pm
by Christo
Tiny wrote:
Naands? Almal..
Jis ek wens die mense in die Oos-Kaap was so vinnig op die job.. Ek wil graag vir myself nou geweer koop en aansoek doen, sodat ek nie so afhanklik van pa hoef te wees nie.
Moet 'n mens in die provinsie waar jy bly aansoek doen? Want ons bly in die Oos-Kaap maar as dit nie nodig is om in die provinsie waar jy bly aansoek te doen nie, dan wil ek sommer in die Wes-Kaap aansoek doen. Is dit 'n opsie?
Groete
Tiny
As jy 'n adres het in die dorp waar jy wil aansoek doen kan jy, anders is dit daar waar jy wel 'n adres het. My tikkery maak nou nie sin. Jy moet aansoek doen in die dorp waar jy woon.
Hulle moet mos jou kluis ook kom inspekteur.
As jy 'n student in Stellenbosch is kan jy seker daar aansoek doen. Bel die DFO waar jy wil aansoek doen en hoor wat is sy/haar kriteria vir aansoeke.
Re: Lisensies goedgekeur.
Posted: Sun Aug 29, 2010 10:30 am
by Tiny
Oom Christo
Dan sal ek ongelukkig in die Oos-Kaap moet aansoek doen. Ek sal dit seker maar net moet doen sodat die proses aan die gang kan kom. Ek gaan nie die lisensie kry as ek nog nie die papiere ingehandig het nie.
Dankie vir die post.
Groete
Tiny