Page 1 of 4

Begin lading vir .308

Posted: Fri Mar 01, 2013 2:22 pm
by Trevor
Enige raad of wenke vir begin laai vir my .308?
150gr Hornady SPBT
PMP Doppe
S321 (gebruik dit ok vir die .223)
26" loop

Re: Begin lading vir .308

Posted: Fri Mar 01, 2013 2:53 pm
by LUAN
Min-39.6gr 2510fps
Max-44gr 2818fps uit n 24" loop met 150gr pmp sp koeel en pmp dop en pmp primer volgens somchem tabel.

Re: Begin lading vir .308

Posted: Fri Mar 01, 2013 8:11 pm
by Johan Reyneke
Hi Trevor

Lees ook sommer bietjie meer hier vir 308 ladings

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=105&t=203

Re: Begin lading vir .308

Posted: Fri Mar 01, 2013 10:09 pm
by Trevor
Sien malmal gebruik S335 vir .308, is ek nou weer die enigste poepol wat S321 wil gebruik? Die Somchem boekkie gee dan ook S32 aan vir 308??

Re: Begin lading vir .308

Posted: Fri Mar 01, 2013 10:23 pm
by JohanP
Trevor wrote:Sien malmal gebruik S335 vir .308, is ek nou weer die enigste poepol wat S321 wil gebruik? Die Somchem boekkie gee dan ook S32 aan vir 308??
S321 is ñ balkruit. S335 is stokkies kruit. Daar was al te veel mense wat klagtes gehad het oor S321. Ek sê nie dit is ñ slegte kruit nie, net dat ek eerder my sukkel op die baan wil beperk tot my eie vermoeëns, en nie kruit ingooi as kompliserende faktor nie.

Re: Begin lading vir .308

Posted: Fri Mar 01, 2013 10:57 pm
by LUAN
S335 is 308 se kos. Meer stabiel as bal kruite.

Re: Begin lading vir .308

Posted: Fri Mar 01, 2013 11:07 pm
by JohanP
.303 wrote:S335 is 308 se kos. Meer stabiel as bal kruite.
Voor Somchem se "verandering " in S335, het ek 44.2gr gegooi met 150gr Nosler Accubond. Spoed +/-2850 fps.
Akuraatheid... 5 skote en twee gate op papier, op 100m

More is weer terug na die baan, met die nuwe S335 lotte... :-(

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sat Mar 02, 2013 10:07 am
by Trevor
Okay het laaste blik S335 in die dorp gekry! Nou weet ek net ek gaan my gat af sukkel om die stokkies kruit te laai, want my powder ding gooi die S321 baie akuraat maar die .270 se stokkies kruit werk nie lekker nie en gooi dit maar met die lepeltjie in die lee dies set. En my nuwe Hornady dies stel vir die .308 het nie so lepel nie!

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sat Mar 02, 2013 11:10 am
by PWV
Trevor wrote:Okay het laaste blik S335 in die dorp gekry! Nou weet ek net ek gaan my gat af sukkel om die stokkies kruit te laai, want my powder ding gooi die S321 baie akuraat maar die .270 se stokkies kruit werk nie lekker nie en gooi dit maar met die lepeltjie in die lee dies set. En my nuwe Hornady dies stel vir die .308 het nie so lepel nie!
Trevor, verstaan ek jou reg? Meet jy die kruit met 'n lepeltjie of 'n "powder measure" af? Indien jy dit doen, sou ek voorstel jy moet maar die skaal gebruik en elke groepie sekuur afweeg.

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sat Mar 02, 2013 11:31 am
by Trevor
Ja oom, gebruik alby. Ek weeg so elke 5de een net om seker te maak.

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sat Mar 02, 2013 11:50 am
by LUAN
Nee man is jy ersnstig? Dis nie swartkruit die wat jy sommer per volume afmeet nie jy moet hier mooi werk met skaaltjie en powder dribler.

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sat Mar 02, 2013 12:03 pm
by Trevor
Ek stel en gebruik nog heeltyd net die powder measure en skaal vir die .223 met S321 en dit werk. Sal trickler gebruik vir die S335 gaan my seker heeldag vat om 50 doppe te laa.

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sat Mar 02, 2013 12:09 pm
by LUAN
Nee weeg darem elke een as wat jy net elke 5de een doen vir meer konstantheid.

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sat Mar 02, 2013 9:41 pm
by Trevor
Reg ek het nou gelaai. Die powder measurer gestel en elke een geweeg en met die trickler tot op verlange gr gegooi. Het by min begin en met .5gr op gegaan by max lading.
Ek het vir almal die selfde tpl gebruik sodat ek eers sien met watse gr hy beste groep en dan met daai lading en tpl speel. (met die .223 het ek dit anders om gedoen en baie gesukkel.)

Al wat my bietjie pla van die S335 is op my maks lading van 44.2gr is die kruit tot by die nek en die boat tail koeëls raak aan hulle as ek die koeel klaar geseat het. Ek kan my tpl nie veel langer maak nie want dan is ek teenaan die lands en maak dit reeds net net in die magasyn.

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sat Mar 02, 2013 9:55 pm
by Armand Steenkamp
N compresed lading is heeltemal veilig. Met die wat S335 se stadig brand is my ladings ook maar compressed.

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sat Mar 02, 2013 10:43 pm
by Trevor
Dankie Armand

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sat Mar 02, 2013 10:49 pm
by PWV
Trevor

Hier is ouens op die forum wat baie meer weet as ek, maar ek wil voorspel dat jy die beste resultate gaan kry as jy rondom 42 gr S335 laai vir die 150 gr koeel. Stel voor jy probeer 41.5, 42.0, 42.5, en 43.0. Kyk water een is die beste in vyf-groep groeperings en verfyn dit dan verder.
As jy "search" op die Forum vir QL (Quick Load) sal jy sien hier is lede wat 'n lading vir jou kan uitwerk as jy die regte inligting verskaf.
Jy moet egter elke lading sekuur met jou skaal afweeg.
Sterkte.

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sun Mar 03, 2013 7:12 am
by Armand Steenkamp
Oom Pieter, Trevor,
Ek stem saam met wat oom Pieter se. My 308 HET ook maar op 43 die beste geskiet.
Maar toe kom neuk somchem weer als deurmekaar toe hulle S335 se brandspoed gaan verander!Trevor die beste is om maar die sokte oor n chrony te skiet dan weet jy presies wat aangaan. Ek moet nou 3grein meer laai om by my ou spoed uit te kom!!

Groetnis

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sun Mar 03, 2013 12:38 pm
by Trevor
Ek is so opgewonde soos 'n skool seun wat sy eerste vry gekry het!!!!! Dankie vir almal se hulp en raad, daai R6000 se .308 skiet mooi.
Ek sal nou fotos laai van groepe. Het wel chrony saam gevat maar eers op die baan besef ek het sy tripod by die huis vergeet, so ek kon nie spoed meet nie. Sou self graag die 26" loop se spoed wou weet.
En julle was reg die 42gr was beste gewees, ek glo ek kan die groep kleiner maak maar met die griep wat nie wil los nie, lol dit maar.
Volgende stap is om daai 42gr te vervyn en dan met die tpl te speel.
Het toe ook sommer vir die fun groep op 300 gongs gekyk, ek is heel happy! ;)

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sun Mar 03, 2013 1:21 pm
by Trevor
303 ek lan nie jou pm lees nie

Re: Begin lading vir .308 met fotos

Posted: Sun Mar 03, 2013 1:28 pm
by Trevor
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/1_zpsc00acfba.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/2_zpsaa2073be.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/4_zpsb85b8093.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/3_zps111161df.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/4_zpsb85b8093.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/5_zps4cd44aba.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/6_zps43d5ee5b.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/7_zps95dac891.jpg

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sun Mar 03, 2013 1:36 pm
by PWV
Blikemmer!! Lyk my jy moet altyd griep kry om so te skiet :P - daardie groep op 300 m is uitstekend!

Nou kan jy bietjie speel met die TPL. Wat is jou totale maks. TPL?

Sterkte.

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sun Mar 03, 2013 1:46 pm
by Trevor
Pieter Willem Vorster wrote:Blikemmer!! Lyk my jy moet altyd griep kry om so te skiet :P - daardie groep op 300 m is uitstekend!

Nou kan jy bietjie speel met die TPL. Wat is jou totale maks. TPL?

Sterkte.
Dankie
Oom as ek reg gemeet het is my TPL 71.33

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sun Mar 03, 2013 1:52 pm
by PWV
Trevor

Jy het nog nie gese watter soort geweer jy het nie.

Wat die TPL betref, glo ek as jy die TPL 71 maak, gaan dit dalk nie in jou magasyn in nie?
Is dit die rede waarom jy dit 70,7 maak?

Re: Begin lading vir .308

Posted: Sun Mar 03, 2013 3:25 pm
by Trevor
Pieter Willem Vorster wrote:Trevor

Jy het nog nie gese watter soort geweer jy het nie.

Wat die TPL betref, glo ek as jy die TPL 71 maak, gaan dit dalk nie in jou magasyn in nie?
Is dit die rede waarom jy dit 70,7 maak?
Nee oom ek dink 71 sal nog pas in magasyn, wou net weg kom van lands af want ek was bang vir druk tekens, en op die 70.7 het ek geen druk tekens of slot wat moeilik oop maak gehad nie.

Geweer is Marlin X7VH .308 met 26" Heavy Barrel met 'n 3-9x40 Redfield Revolution scope. http://www.marlinfirearms.com/Firearms/ ... n/x7vh.asp