Page 1 of 1

243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Feb 28, 2013 6:59 pm
by birklec
Goeie Dag vriende!
Kan ek dalk vir die QL manne vra vir hulp!
Ek het n Howa 1500 243 win ss met n 22" loop.
Ek het nou als so 400 skote deur hom geskiet.
Ek Laai met lapua doppe en Federal 215 primers,met 43gr s365 kruit en n 80gr nosler ballistic tip.Ek sukkel om sukses te behaal.Twee skote op 100m le feitlik in mekaar en dan le daar 2 net so half duim weerskante van daai,op vier skoot groeperings.
Ek sal dit vreeslik wardeur as jul my kan help met die QL program met a lading?Dankie by voorbaat manne!!
Hier volg al die data met wat ek reeds geskiet het.
Dop volume met water is 54gr
43gr s365 kruit
80gr nosler ballistic tip koeel.
TPL is 68,86
Federal 215 primer
1ste skoot spoed: 3188 v/sek
2de skoot :3193 v/sek
3de skoot :3163 v/sek

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Wed Mar 13, 2013 8:41 pm
by Johan Reyneke
Hi birklec

Ek sien jy is nog nie gehelp nie

So ek probeer

Dop lengte het ek as 51.9mm

Jou node le laer op 3084fps @ 41.5gr

Die hoer node le bo die maks druk van 60 000 so ek gaan dit nie eers gee nie

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Wed Mar 13, 2013 9:02 pm
by tripodmvr
Het Johan se berekeninge nagegaan en hy is korrek. Ek sal nie my geweer op 100% laat werk vir die hele tyd nie. Gebruik sy aanbeveling en jy is 12 000psi onder maks druk. Teen daardie spoed skiet jy klein gediertes dat daar net tande en derms lĂȘ. Laat weet ons hoe dit maak.

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Wed Mar 13, 2013 9:17 pm
by Silent Hunting
Tripod,

Het julle die spoed gebruik om Burn Rate aan te pas? As ek myne aanpas van die default .44 na .475 kry ek 3086fps met 48873psi. Doen ek die ding reg?

Henk

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Wed Mar 13, 2013 9:32 pm
by tripodmvr
Silent Hunting wrote:Tripod,

Het julle die spoed gebruik om Burn Rate aan te pas? As ek myne aanpas van die default .44 na .475 kry ek 3086fps met 48873psi. Doen ek die ding reg?

Henk
Myne aangepas na .474 en 48667psi. Jy verskil met halwe dikte van polonie skil. Jy begin die program onder die knie kry. Pasop net want daar is baie veranderlikes wat mens soms miskyk. Gaan maar elke keer die hele lot deur. Het al self bereken en later besef ek het basiese dinge vergeet.

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Wed Mar 13, 2013 9:37 pm
by Silent Hunting
Dankie. Sal weer na lekker slaap gaan kyk. Wys net weereens hoe belangrik dit is om spoed te meet.

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 11:13 am
by birklec
Dankie Manne!
Ek het 41.5 probeer,maar geen sukses nie.Die spoed het nog steeds op 41.5 gr by die 3160v/sek gedraai en die groep het bietjie gerek.Ek moes sak tot op 40.2gr om daai spoed van 3085v/sek te kry,maar groepe het nie verbeter nie.Ek het toe vir my n klop hornady 87gr vmax koeels gekoop en toe gaan toets.Ek het toe van 41.5 opgewerk na 42.5gr en het toe beste groep gekry by 42gr s365.Hier volg spoed van 42gr lading 1ste 3149v/sek 2de 3171v/sek 3de 3167v/sek 4de 3175v/sek.
My dop is lapua en is 51.75mm,tpl is 69.21,koeel is 87gr hornaday vmax met .400bc,dop water volume is 54gr,max tpl tot teen lands is 69.38mm.
Die groep was beter as met noslers maar is nog glad nie goed nie dit meet 21.3mm.
Sal graag jul inset wil hoor en lading vir die vmax koeels.
Groete

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 11:35 am
by Wouter Roets
Birklec

Die primer wat jy gebruik nl. Fed215 is spesifiek ontwerp vir die 460 Wheatherby en kalibers wat se dopkapasiteit in die klas is. Die primer maak gebruik van magnesuim om die vlam sodoende dieper in die kruitkolom te kry vir groter blootstelling aan die poeierkolom. Met groot poeiekolomme van die kalibers is dit noodsaaklik. In kort kan dit jou probleem wees tesame met die feit dat jou dopvulling relatief laag is met die lading. Lugleegtes kan n redelike bydraende faktor wees vir onkonstante verbranding en dus akuraadheid.

Ek sal voorstel dat jy eerder kyk na n benchrest primer of CCI 250's. n Mens probeer ook n koeelgewig kies waar n node so tussen 55 000-60 000psi le. Hierdie belt gee gewoonlik beter groepering en noodwendig ook beter dopvulling.

Nodespoed moet nie alleen na gekyk word nie, hierdie ander faktore word altyd tesame met nodespoed geneem vir beter resultate.

Groetnis
Wouter

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 11:37 am
by birklec
Dankie Wouter!
Ek het met hierdie ladings met winchester large rifle primers geskiet.

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 11:45 am
by Carl
Dankie Wouter daar leer ek nou weer iets.

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 12:16 pm
by Wouter Roets
Birklec

Onthou ook dat wanneer jy die aanbevole nodespoed gekry het(al is die groepering nie great nie) jy dan oorgaan na TPL verstellings om die gewensde akuraadheid te verkry. Met die tipe koeels probeer n persoon ook dan die oorspronklike spoedlesings met n TPL te doen wat so na as prakties moontlik aan die lande moet wees. Die idiaal is n TPL wat die lande kiss(raak en nie jam nie). Probeer ook maar so ten minste n kaliber groote van die skag van die koeel in die nek van die dop kry. Jy kan minder as dit gaan maar soms beinvloed dit runout baie.

Die verstellings wat jy dan maak aan jou TPL moet geliefs nie groter as 0,2mm wees nie. n Verstelling van 0,5mm is soos n rugbyveld in die skietwereld. Alle verstellings word afwaarts(korter) gedoen. TPL is n baie groot komponent van jou lading en kan gesien word as n stemvurk waarmee jy jou finale instelwerk doen.

Groetnis
Wouter

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 12:41 pm
by birklec
https://www.dropbox.com/s/kzl4mee4z78qblf/IMG00837-20130314-1114.jpg

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 12:44 pm
by birklec
Dankie Wouter!
Ek het reeds met tpl gespeel en op die bogenoemde die beste resultate gekry.
Ek het hierbo foto van groep opgelaai,ek hoop ek het dit reg gedoen.
Groete

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 12:47 pm
by Wouter Roets
Birklec

Daai groepering wys vir my jy het nog net nie genoeg gespeel met jou TPL nie. Deur verder aan jou TPL te werk is ek seker hy sal meer na n clover leaf begin lyk.

Groetnis
Wouter

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 12:56 pm
by birklec
Baie dankie Wouter!
Ek wardeer jou hulp!
Stel jy voor ek moet van lands af terug seat met .2mm?

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 1:02 pm
by Wouter Roets
Birklec

Die idiaal is jy begin teen die lands en skiet vir die nodespoed. Wanneer jy hom geslaan het begin jy met jou TPL speel in inkremente van nie groter as 0,2mm korter totdat hy begin mooi toemaak. Moet nie ophou daar waar hy toemaak nie sodat n persoon n idiee kan kry hoe groot jou TPL beld is. Gebruik dan die TPL wat mooi in die middel le van daai belt.

Groetnis
Wouter

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 1:10 pm
by birklec
Dankie Wouter
Ek sal dit probeer.So ek moet spoed van 3085v/sek kry en dan die tpl van lands af begin dieper seat.Is my node van loop 3085v/sek met daai koeel of met alle koeels?
Groete

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:49 pm
by Wouter Roets
Birklec

Ek het nie nou QL voor my nie. Nodespoed verskil van koeel tot koeel al is die gewig dieselfde. In meeste gevalle waar die koeel konstruksie en vorm dieselfde is, is dit wel nie veel nie.

Groetnis
Wouter

Re: 243 Ladings hulp asb!Met QL manne

Posted: Thu Mar 14, 2013 3:58 pm
by birklec
Dankie Wouter.
Sal jou raad volg en gaan toets.