Page 1 of 1
brno308w
Posted: Sun Aug 15, 2010 9:54 am
by Cobus(Cobb)
Vir die slim manne...help my asb met twist...
Die geweer is 'n 1970 Brno 308W en ek het die loop gemeet van waar twist begin tot einde..54,4cm..(21.4dm)
Ek kannie s? hoeveel twists nie en ek hoop een van julle ken die geweer om sodoende te kan help of as daar dalk 'n web link is sal ek dit ook waardeer..
Groete
Re: brno308w
Posted: Sun Aug 15, 2010 10:50 am
by Christo
Cobb,
Vat jou wisserstok met 'n lappie en trek in die lap in tot hy draai. Stop en merk die stok teen die loop en bo-op. Trek dan tot 1 volle omwenteling en merk weer. Daar het jy jou twist. Onthou om die afstand te meet in duim. Dan weet jy jou twist in hoeveel duim.
Re: brno308w
Posted: Sun Aug 15, 2010 11:28 am
by Ponkie
Dink ek wil sommer van hierdie post gebruik maak om ook 'n vragie te vra rondom die twist van 'n geweer...
Ek skiet met ook 308 mos met 'n skyfskietloop. Ek het deurmekaar geraak met watter twist van watter gewig punte hou...Bv. Is 'n 1:12 twist geneig om te hou van jou ligter gr punte of eerder swaarder? Ek het net helemal deurmekaar geraak daarmee.
Groete
Ponkie
Re: brno308w
Posted: Sun Aug 15, 2010 2:00 pm
by Cobus(Cobb)
aha...so ek merk net 1 omwenteling en meet dan die wisserstok se lini?re afstand wat hy beweeg het??
...anders vind ek dalk 1en 3/4 omwenteling oor hele loop lengte...is my redinasie korrek??
Re: brno308w
Posted: Sun Aug 15, 2010 4:18 pm
by 243Songdaug
Cobb.
Jy is reg, maak die merkie aan die bokant van die stok, stoot/Trek dan die stok tot die merk weer bo kom. Dan meet jy net die afstand water die 2 merkies van mekaar is.
As jy in mm meet deel jy die afstand wat jy gekry het deur 25.4 om dit om te skakel na diume.
Die Brno behoort 'n 1:12 op te he.
Re: brno308w
Posted: Sun Aug 15, 2010 5:55 pm
by Cobus(Cobb)
ek verstaan nou mooi ja.....dan
1:10 swaarder gr
1:12 middelmatig gr
1:14 ligte gr
??
Dankie manne.
Re: brno308w
Posted: Tue Aug 24, 2010 8:02 am
by Cobus(Cobb)
Christo wrote:
Cobb,
Vat jou wisserstok met 'n lappie en trek in die lap in tot hy draai. Stop en merk die stok teen die loop en bo-op. Trek dan tot 1 volle omwenteling en merk weer. Daar het jy jou twist. Onthou om die afstand te meet in duim. Dan weet jy jou twist in hoeveel duim.
Christo, ek het so gemaak ja...enigste probleem is dat die draai van wisserstok oor 'n afstand nie konstant bly nie..lesings gekry van 9,5duim tot 11,5 duim....afhangende van of ek stadig of vinnig trek..en of met lappie of met borseltjie trek.
Het toe met die brass borseltjie mooi rustig getrek en meeste lesings was tussen 9,5 en 10 duim...Dit sou my tevrede gestel het, behalwe dat almal s? ek behoort 12 duim te kry om sodoende 150gr-165gr te kan skiet...(wat die voorkeur van .308) is..is myne dan nou net baie vinniger vir 180gr-200gr???? of doen ek ietsie verkeerd met die metings...??
Cobus
Re: brno308w
Posted: Tue Aug 24, 2010 8:53 am
by Beyers
Die lappie moet baie styf pas.
Re: brno308w
Posted: Tue Aug 24, 2010 12:14 pm
by Wismit
Moenie dat die twist rate jou pla nie. Koop `n pakkie 150gr punte en `n pakkie 180gr punte en ook 200gr punte wat jy wil skiet en kyk wat groepeer die beste vir jou.
Dit kilink vir my of die twist `n 1:10 is. (165gr - 180gr punte)
As jy regtig 100% seker wil wees en jy sukkel te veel vat jou geweer na `n geweersmid en laat hom kyk.
Re: brno308w
Posted: Tue Aug 24, 2010 9:55 pm
by Christo
Beyers wrote:
Die lappie moet baie styf pas.
Stem saam. Die lappie moet duidelike merke op he wat se lyne skoon is. as die lyne oormekaar gaan is die lappie nie styf genoeg gewees nie.
Re: brno308w
Posted: Tue Aug 31, 2010 8:55 pm
by Cobus(Cobb)
Christo wrote:
Beyers wrote:
Die lappie moet baie styf pas.
Stem saam. Die lappie moet duidelike merke op he wat se lyne skoon is. as die lyne oormekaar gaan is die lappie nie styf genoeg gewees nie.
So gemaak manne, elke keer, mooi styf, lyne mooi etc....
9.45duim...keer op keer...tel dit as 1:10 twist??