Page 1 of 1

Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 2:31 pm
by schalk
Hello almal, ek soek raad, watter geweer beveel julle aan vir lekker jag, middel tot groot wild, patrone bekostigbaar en geweer nie te swaar vir rond dra nie. goeie skoot plasing afstand tussen 200 en 400 meter,
Schalk

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 2:33 pm
by DWB
Begroting?

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 2:34 pm
by Geno
7mm Rem Mag

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 2:35 pm
by James Wilson
300wsm. Maar jy gaan baie raad kry en op die ou end gaan jy self moet besluit.

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 2:35 pm
by Lourens Potgieter
7x64....asof ek nou iets weet, maar Stefan sal saamstem!!

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 2:47 pm
by Witpietskiet
Ek stem met die 300WSM, as ek vandag net 1 geweer mag besit sal dit n 300WSM wees.

Net my 2c

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 2:58 pm
by FHM
Schalk jy gaan nou lekker deurmekaar raak hierso - glo my maar!

Dink aan n paar dinge wat jou geweer vir jou moet wees en dan dink jy aan n paar kalibers en plaas n poll - jy gaan letterlik 20 + verskillende antwoorde kry as jy so algemene vraag ter tafel le.

As ek n all-rounder jag-geweer moes loop kies sou ek byvoorbeeld dink aan die volgende:

... Wat is my begroting ingesluit die teleskoop, geweersak, skoonmaakstel, kluis, ens.
... Jou teleskoop-keuse is net so belangrik soos met die gweer - baie knape gaan koop n 10 K geweer met n 12 K befgroting en sit n R 1500 se teleskoop op die gweer. Jou teleskoop keuse gaan jou geweer en jou jagte maak of breek.
... Watse wild gaan ek jag - tot Eland of net tot Kudu / Gems / Bwb ens.ens.?
... Watse afstand gaan ek maksimum jag - wil ek verskiet (350 +) of maksimum 250 m?
... Gaan ek loop-jag of meestal van n voertuig af jag - dis belangrik want n swaar geweer dra heeldag is nie speletjies nie?
Gaan ek hoofsaaklik bosveld jag of gaan my jagte wissel tussen vlakte wild en bosjag, of hoofsaaklik vlaktewild?
... Ek sal moet kyk na amunuisie beskikbaarheid in RSA, wil nie n geweer koop en maande sukkel om rondtes te kry nie
... Watse gewere het alreeds naam gemaak - wil nie n nuwe soort koop wat my oor n jag of twee probleme gee nie - ek soek iets wat homself alreeds bewys het

So kan jy vir jouself dink wat jy in n geweer wil he, en dan kies tussen 3 of 5 en n besluit maak.

Uit persoonlike ondervinding keuse sal ek voorstel jy gaan vir een van die volgende, met eland as jou grootste wild:

*** 7 mm Rem Mag
*** 308
*** 30-06
*** 300 WSM

Sterkte! ;)

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 3:05 pm
by Hein22
Moet nie van 338winmag vergeet nie. Kan gelaai word vir bos en vlakte skiet...

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 3:06 pm
by Piet Pille
Geno wrote:7mm Rem Mag
+1. Veral as die afstande verder is.

Groot kalibers en "lekker lig vir rondra" werk nie lekker saam nie want ligter=meer skop.

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 3:34 pm
by Eugene
Schalk, soek bietjie onder gewere, hierdie vraag is al meer as een keer gevra en verskeie kere geantwoord... Elke ou het sy opinie oor wat die beste all rounder is en ek kan jou nou al sê dat daar nie so iets is nie! Die beste is om BAIE gewere te hê!!!!

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 3:38 pm
by Arnold
.22K Hornet ... dodelike medisyne as jou skootplasing reg is!

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 4:03 pm
by Fanie Nel
Hello. Ek stem saam witpietskiet 300wsm. Soos hy se as ek al my gewere moet verkoop en een mag hou sal ek my 300wsm hou.
Groete

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 4:16 pm
by BLOK
Hang seker af of jy die dier n etiese kans wil gee of nie. As jy eties wil jag stel ek n 204 voor, lekker plat trajek, min recoil, goedkoop om te herlaai en sommer net baie spoed en ons weet mos "SPEED KILLS"


Anders as jy die minder etiese pad wil vat stel ek ook een van die 300 kalibers voor en ek dink die 300WSM sal noggal lekker draf, hy het ook mos lekker spoed en soos ges het weet ons mos nou al "SPEED KILLS"

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 9:14 pm
by KalahariKlong
Schalk, ek soek ook nou na 'n kaliber waarmee ek lekker kan stap en jag. Klein tot groot en oor redelike lang en kort afstande.
Ek kyk na die 300 WSM en die 8x68.

Groete en sterkte
KK

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Wed Feb 27, 2013 10:55 pm
by uitenwaj
Die 300wsm deur en deur. Al baie met een geskiet en vir die bos laai jy 220gr patrone en vir vlakte skiet jy 180gr. Het verlede jaar 5 dae agter mekaar geloop en bekruip met een wat 'n 26"loop het en n solide hout kolf en dit was glad nie ongemaklik gewees nie. As daai roer nie eendag myne sou gewees het nie sou ek nooit 'n 308 gekoop het nie en verseker eerder 'n 300wsm gevat het.

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Thu Feb 28, 2013 10:27 pm
by schalk
Baie dankie aan almal se insette ek kyk na n 300wsm, maar hoendertande om n mint kondiesie een raak te loop.so die ou wat nie meer sy 300 wil he nie ek soek een. Groete

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Fri Mar 01, 2013 5:46 am
by Umshwati Boy
Piet-Skiet wrote:300win mag. Sy ammo is bekostigbaar!
+1

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Fri Mar 01, 2013 7:37 am
by James Wilson
KalahariKlong wrote:Schalk, ek soek ook nou na 'n kaliber waarmee ek lekker kan stap en jag. Klein tot groot en oor redelike lang en kort afstande.
Ek kyk na die 300 WSM en die 8x68.

Groete en sterkte
KK
KK, ek het voordat ek my 300H&H laat bou het baie lank navorsingboor gewere gedoen. Die 8x68 was lank op my lysie. Al hoekom ek hom op die ou end nie gekoop het nie was omdat die verskeidenheid 8mm koeels wat gebied word maar min is, veral as jy dit met die 30 kalibers vergelyk.

Ek dink enige geweer wat n 150 grn mono kan skiet teen ongeveer 3000fs of n 180 grn mono teen ongeveer 2800fs sal kwalifiseer as n all rounder. In my oe is n allrounder n geweer wat probeer om alles te doen, dit nie werklik regkry nie, maar die resultate is nogtans aanvaarbaar vir die eienaar

Re: Watter jag geweer vir my ?

Posted: Fri Mar 01, 2013 9:10 am
by FHM
James Wilson wrote:
KalahariKlong wrote:Schalk, ek soek ook nou na 'n kaliber waarmee ek lekker kan stap en jag. Klein tot groot en oor redelike lang en kort afstande.
Ek kyk na die 300 WSM en die 8x68.

Groete en sterkte
KK
KK, ek het voordat ek my 300H&H laat bou het baie lank navorsingboor gewere gedoen. Die 8x68 was lank op my lysie. Al hoekom ek hom op die ou end nie gekoop het nie was omdat die verskeidenheid 8mm koeels wat gebied word maar min is, veral as jy dit met die 30 kalibers vergelyk.

Ek dink enige geweer wat n 150 grn mono kan skiet teen ongeveer 3000fs of n 180 grn mono teen ongeveer 2800fs sal kwalifiseer as n all rounder. In my oe is n allrounder n geweer wat probeer om alles te doen, dit nie werklik regkry nie, maar die resultate is nogtans aanvaarbaar vir die eienaar

Dis nou n goeie ander manier om daarna te kyk James - dankie man! ;)