Page 1 of 1

Click adjustment table for scopes

Posted: Wed Feb 27, 2013 1:08 pm
by Gideon@1
Hallo

Iets vir die manne wat sukkel met die wiskunde :)

https://www.dropbox.com/s/499drc6j14078 ... able.pdf?m

Groete

Gideon

Re: Click adjustment table for scopes

Posted: Sun Mar 10, 2013 10:46 pm
by Ruhan
Thanks vir daai tabel Gideon.

Beteken dit dat as my bullet drop 250mm op 300m is dat ek met 'n 1/4 scope 13 clicks moet stel?

250mm / 25.4" = 9.84" / 0.75 = 13.1 clicks

Re: Click adjustment table for scopes

Posted: Mon Mar 11, 2013 8:49 am
by Gideon@1
Ruhan wrote:Thanks vir daai tabel Gideon.

Beteken dit dat as my bullet drop 250mm op 300m is dat ek met 'n 1/4 scope 13 clicks moet stel?

250mm / 25.4" = 9.84" / 0.75 = 13.1 clicks

Ruhan

250mm / 25.4" = 9.84" /0.25 = 39.4 clicks

Re: Click adjustment table for scopes

Posted: Mon Mar 11, 2013 9:02 am
by swc-tr
Gideon@1 wrote:
Ruhan wrote:Thanks vir daai tabel Gideon.

Beteken dit dat as my bullet drop 250mm op 300m is dat ek met 'n 1/4 scope 13 clicks moet stel?

250mm / 25.4" = 9.84" / 0.75 = 13.1 clicks

Ruhan

250mm / 25.4" = 9.84" /0.25 = 39.4 clicks
Gideon@1
Dit is om 250mm hoër te stel op 100m.

Ruhan, jou berekening is reg.

Re: Click adjustment table for scopes

Posted: Mon Mar 11, 2013 9:04 am
by THOMAST
Moenie blindelings aanvaar dat jou teleskoop se verstellings korrek is nie.
Doen 'n toets: Skiet 'n groepering op 100m.
Stel dan die teleskoop op met 30 clicks en skiet weer groep. Meet die afstand tussen die twee groepe en deel deur 30. Dit sal jou 'n meer akkurate weergawe gee van die werklike verstellings per click op jou teleskoop,
Stel weer af met 30 en skiet weer groep. As die eerste en laaste groep bo-op mekaar is, is die Kaap Hollands.
My ou Lynx het, as ek hom 4 duim opstel op die teleskoop, sommer 6 duim hoog geskiet op 100m!
Kan dieselfde toets doen vir horisontale verstellings.
Moet eintlik 'n paar keer gedoen word, om 'n gemiddeld te kry.

Re: Click adjustment table for scopes

Posted: Mon Mar 11, 2013 10:05 am
by Gideon@1
Dankie Ludwig!!

Ek moes dalk nie so baie geslaap het in die wiskunde klas nie, haha!!

Dankie vir die mooi verduideliking.

Groete
Gideon

P.S Ruhan! Jammer vir die verkeerde inligting.

Re: Click adjustment table for scopes

Posted: Mon Mar 11, 2013 10:38 am
by Ruhan
Dankie manne, ek sal julle raad volg.

Ek was gister by die skietbaan en nadat ek my 30-06 op 200m ingestel het, het ek net vier patrone oorgehad toe wou ek kyk wat doen hy op 300m.
Tussen 200m en 300m val hy met 250mm.

Sal eers op 100m daai oefening gebruik van Thomas voor ek die verstellings probeer op 300m.

Re: Click adjustment table for scopes

Posted: Mon Mar 11, 2013 11:35 am
by theedge
Dankie baie