Page 1 of 1

Ringe en reamers

Posted: Sat Aug 14, 2010 5:16 pm
by Hein M.
Hallo almal

Jaracal het 'n tool (reamer) waarmee die ringe aan die binnekant afgewerk word om 'n beter greep op die teleskoop te verseker.  Dit is al op die forum bespreek.  Die meeste mense kyk jou snaaks aan as jy van hierdie prosedure praat, maar ek wil graag my teleskoop ordentlik mount.

http://www.larrywillis.com/mountingascope.html

Hierdie reamer is blykbaar vrek duur en ek is nie van plan om een te koop nie.  Weet iemand dalk van 'n kundige  in die Weskaap wat hierdie takie kan verrig?

Laat weet asb.

Groetnis!

Hein M.

Re: Ringe en reamers

Posted: Sat Aug 14, 2010 6:39 pm
by tafjak
Hein M

Jy kan ook "round bar" met dieselfde diameter as scope tube gebruik om die 2ringe op te line en ook sommer met baie fine grid grinding paste die grip eenvormig kry. Nie so moeilik nie, maar sal eers voorstel dat die basisse eers op milling tool(freesmasjien) ge-check word vir hoogte en tilt voordat ringe ge-"lap" word.

Re: Ringe en reamers

Posted: Sat Aug 14, 2010 7:24 pm
by Hein M.
Taffie,

Dankie!  Sal maar eers uitvind waar daai "freesmasjien" hier te vind is.  Jou voorstel klink na die logiese uitweg.

Groetnis!

Hein M.

Re: Ringe en reamers

Posted: Sun Aug 15, 2010 8:27 am
by afriventure
Manne

Hulle noem dit 'n "lapping" tool, Safari & outdoor sal kan help in WK en in PTA het VLT en Inyati Sporting supplies (ou QPS nou by Sa jagters se perseel) het ook sulkes