Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Wed Feb 27, 2013 10:47 am
by Marc
Ek gaan nie stry nie, jy het my al verkkeerd bewys op die ander metodes
Doen bietjie meer moeite vir 'n aansienlik beter resultaat
Dankie vir die deel
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Wed Feb 27, 2013 11:02 am
by Piet Pille
Dankie Ludwig,
Waar kan mens die "ingeneursblou" kry?
Nog 'n vraag: By al my gewere is die maks. magasynlengte heelwat korter as maks TPL.
Vir jagdoeleindes sal ek dan dus vanaf maks magasynlengte ipv maks TPL terug werk na beste akuraatheid tydens herlaai? Daar is dus nie veel wat ek aan die "jump" kan doen agv magasyn beperkinge nie?
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Wed Feb 27, 2013 11:19 am
by JTM
Hoe lyk die "Bullet Comparitor" en waar kry mens dit?
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Wed Feb 27, 2013 11:24 am
by Piet Pille
Dankie Ludwig
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Thu Mar 14, 2013 2:22 pm
by JTM
Ek het 'n comparator by Safari gekry vandag, maar dis nie die oorspronklike Hornady een nie. Dis basies dieselfde. Ongelukkig is daar geen instruksies by hoe jy dit gebruik nie. Kan jy dalk bietjie meer verduidelik oor die meet proses? Ekwil net weet of ek die vverniet moet zero teen die comparator na ek dit met die insert geklap het aan die instrument.
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Thu Mar 14, 2013 2:29 pm
by James Wilson
Kan n mes die inserts los koop?
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Thu Mar 14, 2013 4:36 pm
by Smiley
Ludwig, dankie vir die informasie, baie prakties. Hierdie is werklik 'n wondelike forum.
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Thu Mar 14, 2013 4:53 pm
by Jean Marais
JTM wrote:Ek het 'n comparator by Safari gekry vandag, maar dis nie die oorspronklike Hornady een nie. Dis basies dieselfde. Ongelukkig is daar geen instruksies by hoe jy dit gebruik nie. Kan jy dalk bietjie meer verduidelik oor die meet proses? Ekwil net weet of ek die vverniet moet zero teen die comparator na ek dit met die insert geklap het aan die instrument.
Hier is 'n videoclip hoe om die goed te gebruik.
Groete
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Thu Mar 14, 2013 5:05 pm
by PWV
Ludwig
Wat is jou kommentaar op hierdie metode om TPL te bepaal. Sny twee gleuwe in die gevuurvormde dop en sit die koeel in sodat dit lank uitsteek. Sit die "patroon" in die kamer en maak die grendel stadig toe. Haal versigtig uit. Die punt, wat teen die lande gedruk het, stoot in die dop terug. Herhaal 'n paar maal en kyk of die lengte konstand is.
Groetnis
P.W.V.
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Thu Mar 14, 2013 6:29 pm
by PWV
Ludwig wrote:Oom Pieter, ek sal oom 'n brief gee, daai metode gaan meeste van die tyd, indien nie elke keer, jou 'n TPL gee met die koeel in die lande gejam
Ludwig, dit gebeur soms, maar jy druk die bek van die dop effens toe sodat hy die koeel stywer vashou of jy buig hom bietjie oop. Ek kry hom op 'n stadium dat hy nie jam nie. Meet hom herhaaldelik en kyk of hy elke keer dieselfde resultate gee.
As die koeel nie te styf in die dop pas nie en hy jam, het ek ook al die koeel met 'n kers swart gebrand. Soos die dop oor die swart koeel skuif, maak hy duidelike merke op die koeel. As jy nou die koeel uithaal, kan jy duidelik sien tot waar hy oor die koeel geskuif het.
Ek het dit vergelyk met die eerste metode en dit werk.
Maar die arm man se metode as jy nie al die "gadgets" het nie!
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Thu Mar 14, 2013 6:49 pm
by Wouter Roets
Luddie
Soos jy weet gebruik ek Hornady se Lock and Load COL Gauge. Ek het hierdie ou metode gebruik met die 6.5 Creedmoor se maksimum TPL met die Bergers. Ek het my tooltjie erg gemis. Aangesien ek nie so n dop te koop kry nie gaan een van my doppe maar opgeoffer word om in die tool diens te doen. Ek is van die standpunt dat die tool baie dieselfde lesings sal gee as hierdie metode aangesien jy beheer oor die druk het wat die koeel teen die lande raak.Jy kan selfs jou koeel ook met die ingenering bleu spuit as jy wil sien hoe die lande aan die koeel raak. Deur n gevuurvormde dop te gebruik as jou dummy rondte kan die dop ook nie n invloed he op die meting nie.
Groetnis
Wouter
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 8:16 am
by Francois Marais
Luddie
Goeie topic....
Mooi loop
Francois
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 8:29 am
by PWV
Dankie, Ludwig, vir die inligting.
Ja, as alle mense wat skiet al die goed hier op die Forum lees, gaan daar een van die dae nie meer 'n mark vir gekoopte ammunisie wees nie???
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 8:34 am
by Johnnie De Wet
Ek het ook Oom PW se metode gevolg met engineering blue om die koeël. Het egter getwyfel en later Hornady se gauge gekoop. Die gauge het maar net gewys dat eerste metode gewerk het. Net om die regte nekspanning te kry het my bietjie omgekrap.
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 9:01 am
by Jean Marais
Hierdie oefening raak natuurlik moeiliker as die geweerloop by die keel begin verweer agv baie skiet. Beteken dit dan dat die TPL stelselmatig langer gaan begin raak?
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 9:23 am
by Jean Marais
Hierdie pos het my nou al weer iets geleer. Ek wonder nou of dit nie dalk die rede is hoekom ons so met 'n vriend van my se 7mm Rem Mag sukkel nie. Selfs met die Hornady tool om TPL te bepaal, "jam" die koeël in die lande selfs met uiters min drukking van agter. Die merkies op die ogief van die koeël lyk vir my na amper 3mm. Ons het dit van die TPL afgetrek, maar dit blyk dat ons dit eerder nie moes doen nie. Die probleem is egter dat die patrone dan gladnie meer in die magasyn pas nie.
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 9:34 am
by JTM
Om terug te kom na die comparator. Kan ek daai maat lesing dan gebruik in QL of moet ek maar op ou end weer die patroon meet tot op punt en daai mate gebruik.
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 9:36 am
by JTM
Nog 'n vraag. Is dit 'n moet om 'n gevuurvormde dop te gebruik om TPL te bepaal. In die gevangenis van die Hornady tool word een van hulle spesiale doppe gebruik wat natuurlik nie gevuur vorm kan word nie.
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 10:04 am
by James Wilson
Nie nodig om n gevuurvormde dop vir tpl te gebruik nie. Maar wel vir dop volume, en gebruik dan sommer n paar en gebruik die gemiddeld
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 10:27 am
by JTM
Ok so die comparator is maar net goed om my vervaardigde ammunisie te meet om te kyk of ek my laai werk reg gedoen het.
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 10:32 am
by Jean Marais
JTM wrote:Ok so die comparator is maar net goed om my vervaardigde ammunisie te meet om te kyk of ek my laai werk reg gedoen het.
... en om seker te maak die lengtes vanaf die ogief gemeet is almal presies dieselfde tot by die lande. Dis veral noodsaaklik by loodpunt koeëls, aangesien die loodpuntjie soms platgeduk word in die verpakking. As die TPL van die ogief gemeet word met die comapator, skakel dit hierdie afwyking uit.
Groete
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 10:45 am
by JTM
Baie dankie. Ek sal beslis weer deur die TPL opmeet proses gaan en my rekords opdateer met comparator waardes by.
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 11:07 am
by Chevvy SS
Ludwig, my 7x64 het 'n geweldige lang keel. Ek is tans 1 mm meer as aanbevole TPL van 84mm, met redelike goeie akkuraatheid. My 300 WM se TPL is minder as die aanbevole, en skiet ook baie goed.
Sonder om te veel proefnemings te doen, kan ek aanvaar dat indien die TPL nou argumentshalwe 3mm meer is op beide kalibers, akkuraatheid sal toeneem?
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 11:21 am
by Francois Marais
JTM
Vir QL gebruik jy TPL=Totale Patroon Lengte, die lengte tot oppi punt.....
Mooi loop
Francois
Re: Herlaai 101: Hoe om absolute maksimum TPL te bepaal
Posted: Fri Mar 15, 2013 11:26 am
by Francois Marais
Ludwig
Om terug te kom na die aanpassing van TPL, ek weet daar is manne wat bly lengte aanpas, "chasing the lands" soos die yanks dit noem, dan is daar n ander school of thought, wat beweer jy bly die beste akkuraatheid kry by jou oorspronklikke lengte, weet nie hoe waar dit is nie......Ek skiet partykeer tot so 800 skote per week met bok oeste, en om na elke 3 aande my TPL te verander sallie werk nie, ek kry egter genoegsame OES akkuraatheid om nie te veel daarmee te karring nie....jy dalk n opinie op hierdie stelling.....