Page 1 of 1
Verkoop van geweer vraag
Posted: Wed Feb 27, 2013 10:07 am
by bex
Ek het my ou .303 verkoop om plek te maak in kluis vir nuwe geweer, die koper se lisensie is goedgekeur, kaartjie is gedruk, maar die le nog in Kimberley. Ek het self namens die koper sy navrae oor vordering van aansoek by die CFR gedoen en die DFO het vir hom n gestempelde en getekende dokument gegee dat lisensie goedgekeur is.
Ek is redelik gemaklik mat die situasie , maar sal graag ander se insette wil he , is dit veilig om die geweer in so n geval te oorhandig?
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Wed Feb 27, 2013 10:10 am
by Eugene
Ek praat onder korreksie, maar in my opinie is dit nou sy geweer en die geweer is nie meer op jou naam nie. Daai uitdruk is 'n bewys van sy lisensie! Ek is van mening dat jy kan oorhandig. Ek sal vir veiligheid net 'n bergingspermit vir die "koper" kry, dan kan hy dit wettig by hom hou. Die verkeerde SAPD lid kan dalk selfs nou argumenteer dat jy in onwettige besit van daai vuurwapen is...;-)
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Wed Feb 27, 2013 10:20 am
by FCLoretz
Ek weet dat geweer winkels nie wapens mag oorhandig op die papier afskrif van 'n lisensie nie. Ek dink dat dieselfde reels vir privaat verkope geldig is
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Wed Feb 27, 2013 10:46 am
by Beyers
Kry 'n uitdruk van die wapens wat nou op jou naam is. As die .303 daar is mag jy hom nog he, indien nie is jy onwettig in besit van 'n vuurwapen.
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Wed Feb 27, 2013 11:40 am
by johnny
Bex
Ek het al my wapens met net die papier afskrif gekry selfs by wapenwinkel en ek ry nou met so n afskrif rond van al my wapens wat deur die sap gestamp is, ek was al in 2 blokades en elke keeer was hulle tevrede daarmee, so ek sien geen rede hoekom jy nie daai wapen aan hom kan oorhandig nie.
groetnis
Johnny
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Wed Feb 27, 2013 11:49 am
by Cz_apie
Beyers wrote:Kry 'n uitdruk van die wapens wat nou op jou naam is. As die .303 daar is mag jy hom nog he, indien nie is jy onwettig in besit van 'n vuurwapen.
Verstaan dit ook so
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Wed Feb 27, 2013 12:30 pm
by Beyers
John
Ek ry sommer met 'n pak van daai SAPS papier saam een in elke geweersak, mag dit gebruik omdat die kaartjies so lank vat om gedruk te word. Dit is die inligting wat die polisie het as hulle by jou kom kuier, solank die lys en en kluis inhoud oreenstem is die saak reg.
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Wed Feb 27, 2013 1:57 pm
by Eugene
johnny wrote:Bex
Ek het al my wapens met net die papier afskrif gekry selfs by wapenwinkel en ek ry nou met so n afskrif rond van al my wapens wat deur die sap gestamp is, ek was al in 2 blokades en elke keeer was hulle tevrede daarmee, so ek sien geen rede hoekom jy nie daai wapen aan hom kan oorhandig nie.
groetnis
Johnny
Selfde hier!
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Wed Feb 27, 2013 3:29 pm
by bex
Dankie manne. Ek het ook met die DFO gesels en hy se ook jy kan selfs by geweerwinkel dit so optel.
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Thu Mar 14, 2013 8:10 am
by Roger
bex wrote:Ek het my ou .303 verkoop om plek te maak in kluis vir nuwe geweer, die koper se lisensie is goedgekeur, kaartjie is gedruk, maar die le nog in Kimberley. Ek het self namens die koper sy navrae oor vordering van aansoek by die CFR gedoen en die DFO het vir hom n gestempelde en getekende dokument gegee dat lisensie goedgekeur is.
Ek is redelik gemaklik mat die situasie , maar sal graag ander se insette wil he , is dit veilig om die geweer in so n geval te oorhandig?
Hier is my opinie. Sodra die lisensie goed gekeur is, is daardie wapen met sy serie nr op die nuwe eienaar se naam. So daai afskrif met die stempel is volgens my meeeeer as voldoende. As die SAPS die nuwe eienaar met die wapen betrap, kan hulle met graagte sy ID nr vat en die stasie kan via rekenaar dit be-aam.
Ek weet nie wat is die nonsens met die wag vir n kaartjie nie??
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Thu Mar 14, 2013 8:13 am
by BRNO (Pierre)
Hier is n mail wat ek van my DFO verlede week ontvang het:
Onthou asb dat ‘n uitdruk nie ‘n lisensie is nie en dat jy nie in besit daarvan mag wees nie . Dit is gepreviligeerde inligting.
Maak daarmee maar wat jy wil.
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Thu Mar 14, 2013 8:27 am
by Roger
Wel, daar het julle dit. Dankie Pierre.
EK dink steeds dis so onnodig. Maar as dit so is, dan is dit so.
Roger!
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Thu Mar 14, 2013 8:37 am
by Gregvzyl
Hier is my 2c. Verloor nou jou lisensie, dan gee die DFO jou so 'n drukstuk met 'n bewys dat jy aansoek gedoen het vir 'n herdruk van die kaardjie. Dan is die stukkie papier wel goed genoeg vir 'n lisensie, hoekom dan nie elke dag nie?
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:03 pm
by Mars67
Ek wonder wat se priviligie daar op aanspraak gemaak word. Die inligitng op die briefie handel uitlsuitlik oor my en my vuurwapen/s. As enige iemand op privilegie of privaatheid kan aanspraak maak is dit ek. En as ek nie 'n probleem het om inligting aangaande myself te openbaar aan andere dan kan daar mos nie 'n priviligie wees nie.
Wat die lisensie kaartjie aanbetref stem ek met Greg. Die kaartjie is my bewys dat ek gelisensieer is. AS ek hom verloor en hangende die uitreik van 'n nuwe is ek nie ongelisensieer nie, ek kan dit bloot net nie maklik bewys nie. Die vuurwapen is op die naam van die koper gelisensieer die oomblik wat die lisensie uitgereik word. Van daar die oomblik af of hulle nou twee weke vat om die kaartjie te druk. Die datum van uitreiking is dan ook die datum waarop die termyn van geldigheid van die lisensie begin loop. Nie van die dag wat jy hom gaan haal twee weke of dalk 'n maand later nie.
Dit is egter belangrik om te onthou dat die verkoper nie die geweer mag oorhandig voordat die koper gelisensieer is nie. Jy as verkoper sal tevrede moet wees dat die lisensie inderdaad uitgereik is en sal moet pa staan as jy die geweer aan 'n ou gegee het wat die papier dokument vervals het. Dit is dus of jy voldoende tevrede gestel is of jy geoorloof is om die geweer te oorhandig en dit is hoekom sekere geweer winkels aandring om die kaartjie te sien.
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:41 pm
by vriell
Hier by die Kaapse geweeraansoeke kantore kry jy bewys wat gefaks word indien jy dit vra waarna jy die wapen wettiglik in jou besit kan neem totdat die kaartjie kom.Ek het my geweer so gaan haal en die vorige eienaar net 'n afskrif gegee van die Faks. Die faks se bewoording dui aan dat jy die wettige eienaar is en dat jy toestemming het van die SAP om die wapen in jou besit te hê. Ek dink die faks is net vir 3 weke geldig waarna jy weer 'n nuwe faks bewys aanvra indien jy nog nie jou kaartjie ontvang het nie in daardie tyd nie.
Re: Verkoop van geweer vraag
Posted: Wed Apr 17, 2013 4:11 pm
by LongWolf
BRNO .06 (Pierre) wrote:Hier is n mail wat ek van my DFO verlede week ontvang het:
Onthou asb dat ‘n uitdruk nie ‘n lisensie is nie en dat jy nie in besit daarvan mag wees nie . Dit is gepreviligeerde inligting.
Maak daarmee maar wat jy wil.
smaak my jy het toe nou daai een verkeerde polisie man gekry. aitog!!!