Page 1 of 1

Iets Maak Skade

Posted: Thu Aug 12, 2010 1:21 pm
by Roelo
Image

My Swaer se lande is so 20meter van die huis af en gisteraand het iets hom kom skade maak.
Wat vang so? en al 5 op een aand.
Help asb met raad dat ons die ding kan voorle asb

Re: Iets Maak Skade

Posted: Thu Aug 12, 2010 2:25 pm
by KSV
Roelo,

Lyk darem baie soos jakkals.

Hein

Re: Iets Maak Skade

Posted: Thu Aug 12, 2010 2:28 pm
by Nannie
Sal die jakkals so hans wees ,want dit is in my voerkraal.Die ooi lam by die huis dan sit ek die ooie met lammers in die krale

Re: Iets Maak Skade

Posted: Thu Aug 12, 2010 2:30 pm
by Francois B
Kan dit nie ronloper honde wees nie?

Re: Iets Maak Skade

Posted: Thu Aug 12, 2010 2:38 pm
by afriventure
Nannie
Dit is jakkals se kind daai!
Net die melkpens uitgeet, baaie lekkerbekkig nogal algemeen met sulke jong lammers. - soos ek kan sien op die foto
Jy moet hom/hulle uitsort hulle is nou gewoond aan die jong lammers.

Re: Iets Maak Skade

Posted: Thu Aug 12, 2010 3:56 pm
by Mac
Skakel alle twyfel uit en kyk na die byt plekke waar die lam gevang is

Re: Iets Maak Skade

Posted: Thu Aug 12, 2010 4:31 pm
by Raven
Roelo,
Dit maak 'n man hartseer, dis verseker!!!
Dit is jakkals daai, hy moet vinnig plan maak of hy gaan nou baie verloor.

Norton

Re: Iets Maak Skade

Posted: Thu Aug 12, 2010 8:48 pm
by Roberto
Nannie

Die lam lings bo in die foto laat my twyfel of jakkie hier by was
ek het eenslag te make gehad met 'n bobbejaan wat met sulke
werke gestaan het.

Roberto

Re: Iets Maak Skade

Posted: Fri Aug 13, 2010 10:22 am
by Danie Lombard .243
Afriventure praat waarheid. Jakkals wat melkpens uitgevreet het. Dit is 'n ou truuk van jakkals. Nie bobejaan nie. Sal meer slordig gevreet gewees het. Canis se skerp snoet is goed aagepas vir die maak van gate in weefsel.

Re: Iets Maak Skade

Posted: Fri Aug 13, 2010 10:50 am
by Roelo
Julle sal nie glo nie maar gisteraand net so toe dit donker word toe kom die kwaad doener weer kraal toe.N Draaijakkels, wat se die groenes nou want hys mos nou bedreig en boetes en als.


Al die moeilikheid op n einde.

Re: Iets Maak Skade

Posted: Fri Aug 13, 2010 11:37 am
by Louis102
Roelo wrote: ... Draaijakkels...
Roelo

Draaijakkals as sulks, verbaas my nie.  Hulle het by my ook dan en wan al skade gemaak.  Wat my wel verbaas is die hoeveelhied wat gevreet is vir so 'n klein lyfie - dit op een aand.  Moet seker 'n kroos h? waarvoor daar gesorg word?

Louis

Re: Iets Maak Skade

Posted: Fri Aug 13, 2010 11:44 am
by CHRIS
Roelo

dit is baie interrissant, ek het so 2jr terug  in randjie kamp onder berg 15 lammers so verloor, 1ste nag 3 toe 5 en toe  7. Ek het daai eerste dag skaaphond geskiet 2 de dag niks en derde dag 2 draai en  1 bojaan geskiet. Toe het dit gestop en ek  was oortuig dat dit bojane was en al die ou ooms het ges? dit is bojaan. ??? ???

Groete Chris

Re: Iets Maak Skade

Posted: Fri Aug 13, 2010 9:18 pm
by Freddie101
Roelo
wonder tog of dit draai was. So n klein dingetjie en so baie geeet op een aand. Stem saam met mac oor bytplek op kakebeen. Kyk waar hy doodgemaak is as jy nog die karkasse het en hoe ver die slagtande uitmekaar is. Onthou n draai loop ook baie in omgewing van jakkie rond.
Groete freddie

Re: Iets Maak Skade

Posted: Sat Aug 14, 2010 12:14 pm
by Ambessa
Hallo almal
Mac wrote:...Skakel alle twyfel uit en kyk na die byt plekke waar die lam gevang is
Net een manier om bo alle twyfel vas te stel, soos Mac aanbeveel...

Ambessa

Re: Iets Maak Skade

Posted: Sat Aug 14, 2010 7:37 pm
by Roelo
Dis defnetief draaijakkels,in 3 nagte nog niks weer gevang nadat hy daar was nie