Page 1 of 2
Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 10:28 am
by Gert Odendaal
Miskien is daar manne wat sulke struikelblokke al oorkom het...sal wil graag weet hoe jy die probleem aangespreek het. Ek wil baie graag oopvisier skiet/jag met my .375H&H Magnum tot op 100 meter.
Ek gebruik nie `n bril met bi-fokale lense nie...het besluit om een bril vir naby lees en ander bril vir ver sien te gebruik. As ek dus met die ver-kyk bril skiet deur `n oopvisier skiet kan ek die teiken baie mooi helder raaksien, en die voorste korrel maar die agterste visier is onduidelik en uit fokus...
wat is die oplossing vir die struikelblok behalwe om: `n teleskoop op te sit, kontaklense te dra, nie oop visier te skiet nie, bi-fokale lense te gebruik nie...nooit te jag met die geweer nie, nooit te jag en liewer rolbal te begin speel....ek dink ek het nou die meeste moontlike opsies uit die weg geruim wat nie vir my sal werk nie....nou wag ek vir antwoorde wat gaan werk...

Ek hoor graag van julle manne.....
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 10:46 am
by Danie Lombard .243
Gert
Die dat die voorste visier in fokus is en die agterste V visier nie in fokus is nie is heeltemal korrek. In daglig sal jou oog se pupil nooit ooit so klein kan word dat die teiken, die voorst en agterste visier alles in fokus kan wees nie. Dit is reg so en normaal. Dit verseker ook dat jy sal akkuraat skiet. As jy werklik baie mooi kyk sal jy sien dat die teiken of bok waarna jy skiet ook effe uit fokus gaan wees. Dit hoort so. Slegs die voorste visier moet perfek in fokus wees.
Sou die mens oor die vermoe beskik om sy pupil te kan maniplieer soos by die geval van die lens oopening van 'n camera (apperture) en die mens kon sy pupil na iets soos f22 of kleiner maak dan sal alles van jou neus se punt tot honderde meters verder in perfekte fokus gewees het. Nadeel van dit as dit so kon werk sou dat die lig inlaat in die oog baie sleg en min gewees het. Vissie sou swak en donker gewees het.
Nou kompenseer die mens oog vir lig inlaat bv. f6 of so iets ens, daar kom baie lig in maar die oog fokus op een fokale vlak op 'n slag na gelang van die afstand van die objek. Dit alles gebeur op auto pilot sonder dat die mens daarop moet ag slaan of dit laat gebeur. Die skepping en die mens is wonderlik, beter as enige mens gemaakte woorwerp.
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 11:01 am
by Gert Odendaal
Goeie dag Danie,
dankie vir die terugvoer, miskien moet ek dit noem dat ek dan nie die voorste korrel wat op die teiken rus mooi kan plaas ...soos wat ek as kind altyd daarna as "vol vat" wat beteken dat die korrel-kraaltjie in die hele v- sal vertoon en ek weet waar my skoot gaan eindig, terwyl die "fyn vat" weer sal beteken dat die korrel -kraaltjie onder in die begin van die v- of u agterste visier gaan sit en ek weet dat ek aan die bo-kant of onderkant die teiken gaan eindig...
maw. as ek my korrek uitdruk..beteken dit miskien dat omdat ek nie kan vol of fyn vat met die .375H&H se agterste visier nie sal ek nie `n akkurate skoot skiet nie.....(ek voeg by...dat die area waar ek in geskiet het `n binnes-huise skiet baan is wat geen daglig het nie , net skerp ligte...miskien moet ek `n teiken op 25/50 meter opstel en dan kyk of daar `n verandering is?????

Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 11:18 am
by Danie Lombard .243
Doen liefs die toets skote in daglig buitekant op 'n skietbaan. Wat ek nou gaan se hou nie direk verband met skiet nie maar hou verband met lig en die vermoe om duidelik te kan sien. Ek is 'n vryskut fotograaf en glo my, lig frekwensie en lig intensiteit kan mens lekker rond voeter as dit by fokus kom of om iets in ware perspektief te sien.
Mense met blou oe is baie meer sensitief vir die tiepe lig verandering en sukkel soms om mooi te kan sien as die lig frekwensie net te hoog is. Dit is waar die Polaroid lense of brille te lewe maklik maak vir skuts. Mense met bruin oe is nie so geafekteer deur lig nie. Dit kan wees dat die beligting in die binnehuis skietbaan nie mooi wou saamspeel met jou oe en die vermoe om alles in perspektief te kan kan waarneem.
Forum maters, net ter interesantheid, doen gerus ten minste eenkeer in jou lewe die volgende toets. Wees vroeg oggend op die skietbaan, 'n baan waar jy kan noord of suid kan skiet. Kom ons se jy gaan noord skiet, dit is baie vroeg oggend en die son le laag op die horison aan die ooste kant. Skiet op 100 meter met jou geweer wat beklee is met 'n teleskoop. Jy sal sien dat die skote links tref van jou mikpunt. Soos die son hoe?r word en jy later weer 'n rpeof skiet sal jy sien dat jy steeds links skiet maar nou effe nader aan jou mikpunt en later is jou skote in die kol. Dit het alles te doen met die lig se intensieteit en hoe ligstrale kan buig en jou invals hoek kan verander waardeur jy deru die lig kyk na jou teiken. Dieselfde vind plaas as die son begin sak en die teiken in die skaduwee is, nou is die skote darem in lun met die mikunt maar die hoogte van die skote is skielik nie meer soos dit hoort nie.
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 11:52 am
by DWB
Ghostring los daai probleem mooi op

Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 12:31 pm
by Johan Nel
Gert Odendaal wrote:Miskien is daar manne wat sulke struikelblokke al oorkom het...sal wil graag weet hoe jy die probleem aangespreek het. Ek wil baie graag oopvisier skiet/jag met my .375H&H Magnum tot op 100 meter.
Ek gebruik nie `n bril met bi-fokale lense nie...het besluit om een bril vir naby lees en ander bril vir ver sien te gebruik. As ek dus met die ver-kyk bril skiet deur `n oopvisier skiet kan ek die teiken baie mooi helder raaksien, en die voorste korrel maar die agterste visier is onduidelik en uit fokus...
wat is die oplossing vir die struikelblok behalwe om: `n teleskoop op te sit, kontaklense te dra, nie oop visier te skiet nie, bi-fokale lense te gebruik nie...nooit te jag met die geweer nie, nooit te jag en liewer rolbal te begin speel....ek dink ek het nou die meeste moontlike opsies uit die weg geruim wat nie vir my sal werk nie....nou wag ek vir antwoorde wat gaan werk...

Ek hoor graag van julle manne.....
Gert,
In die Oktober 2012 uitgawe van Magnum; bl 68 onder die artikel 'The FiFth Eye' deur Robin Barkes; beskryf Barkes hoe om 'n plakkertjie met 'n klein gaatjie in op jou bril te plak, waardeur mens dan korrel. Ons manne wat veertig en verby is sukkel maar met oop fisiere agv ons oë wat nie meer naby kan fokus soos voorheen nie. Koos Barnard verwys ook na die tegniek in hierdie maand se Magnum in sy artikel oor 'n Super Blackhawk wat hy aangeskaf het.
Dit behels basies dat mens 'n plakkertjie van 'n aard vat en in die middel daarvan 'n gaatjie maak(Koos sê 2mm werk vir hom). Indien jou meesteroog nou regs sou wees, plak jy dan die plakkertjie iewers aan die linker bo hoek van jou bril se regterkantste lens. Jy gaan maar bietjie moet eksperimenteer om die regte posisie te vind. Wanneer jy dan aanlê, mik jy deur daardie gaatjie en volgens die manne is die hele prentjie klokhelder. Miskien kan Koos self ook kommentaar lewer. Hy is mos lid hier op die forum.
Groete,
JHN
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 3:57 pm
by Gert Odendaal
Dankie baie, ek het gou die Magnum gaan koop, die stuk gelees en `n paar planne bedink. Ek het ook op `n ander werf dieselfde vraag gaan plaas en ook `n paar goeie antwoorde gekry. Ek gaan na my oogkundige more om te hoor of hy moontlik `n lens kan poleer/maak wat van afstande vanaf 300mm tot 100 meter kan fokus en `n helder fokuspunt kan verskaf, wat my loop en bekruip opsie `n werklikheid kan maak....
Ek wil nie regtig `n teleskoop monteer op die .375 H&H Magnum nie...en het die moontlikheid ondersoek om `n meganisme te ontwerp waar ek op die v-visier `2x laterale swaelstert groewe wil frees om `n teleskoop wat kan afknip of afskuif te monteer...so daar is nie enige tap en boor werk op die loop nie/ op my 8x57 kan ek die klappies visier uitskuif en `n soortgelyke item maak waarop die teleskoop monteer...so weereens gaan ek nie boor en tap nie...dit kan werk vir my. Maar die oorspronklike vraag bly die soeke na `n metode om oop visier te kan skiet tot op 100-120 meter en dit baie akkuraat te kan doen...ek hoor graag van nog `n paar manne wat dieselfe probleem ondervind het in hulle jag-ervaringe...
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 4:10 pm
by Fanta300
Laat maak vir jou 'n bril van swart plastiek lense en boor dan die hele lens vol 1 tot 2 mm gaatjies.
Ek het 30 jr gelede so 'n bril van iemand opgesit en dit werk regtig. Kon nog nooit een hier te koop kry nie. Het al daarvan vergeet tot ek hierdie post gelees het.
Dit is hoekom gaaitjie visiere op 'n bisley geweer werk.
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 4:35 pm
by tripodmvr
Die laaste sin van Fanta is my antwoord vir jou. Vergeet om met die visier en korrel te skiet en monteer vir jou 'n gaatjie visier agter. Nou het jy weer net 2 elemente om op te fokus soos met 'n teleskoop - korrel/kruishaar en die teiken.
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 6:57 pm
by Gert Odendaal
Tripodmvr, ek gaan so maak..maar onthou nou die geweer projek het juis gegaan om so `n oop v- viser skietwerk te kan doen met die .375 H&H Magnum...ek wil regtig nie tap en boor in die loop nie...daarom soeK ek raad dat die opsie vir my moet werk...ek weet ek sal seker vorentoe van deuntjie verander maar ek probeer die plan te laat werk...oopvisier jag met die .375H&H.....Fanie verduidelik vir my die konsep van die plastiese lense wat jy gemaak het...waarom die lens vol gaatjies boor? Waarom nie net een gat nie?
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 7:34 pm
by tripodmvr
Die Amerikaners is lief om hul "tangent" (gaatjievisier) op die kolf agter die aksie te monteer. Dit gee vir mens 'n baie lang basislyn wat jy rig op die teiken en verbeter akkuraatheid. Google "tangent sight" en jy sal baie voorbeelde kry. Jou oë gaan nie verbeter nie, eerder versleg. As jy dan nie aan die metaal wil werk doen om iets daar op te monteer nie, kyk na dit wat ek voorstel. 'n Oopvisier stesel werk nie meer vir my Oë nie en ek verkies die optiese roete om beter skootplasing te verseker.
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 10:06 pm
by Gert Odendaal
Tripodmvr
Ek kyk nou na die "scout "stelsel waar `n teleskoop met `n lang "eye-relieve " voor die receiver monteer word...van die yster visiere kan uitgeskuif word en die teleskoop monteer word..maar dit moet `n spesifieke teleskoop wees want jy skiet met altwee oe oop. Miskien kan ek met so `n aangepasde stelsel wegkom deur nie te tap en boor nie...maar net `n hegstuk te kry of maak wat die basisringe kan huisves wat behoort te werk. Sal laat weet....
`n paar skakels wat miskien meer duidelikheid kan gee:
http://www.scopemounts.com/index.html?main.html#
http://i163.photobucket.com/albums/t288 ... 0_0039.jpg
http://www.milsurps.com/showthread.php?t=17715
http://www.weapon-blog.com/2011/06/fidd ... out-rifle/
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 10:14 pm
by Fanta300
As jy net een gaatjie maak moet jy mooi korrel om deur hom te kyk. As jy klomp gaatjies het is dit makliker om een te kry wat voor jou oog is.
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 10:28 pm
by Gert Odendaal
Dankie Fanie, ek verstaan nou...wat is jou gedagtes rakende die scout opset as `n man nie die geweer wil boor en tap nie? Die klein ring Mauser wat ek in `n 8x57JS kaliber het , het net `n klappies vesier wat ek kan uitskuif en miskien so `n tipe teleskoop voetstuk kan opsit wat dan die tap/boor opsie sal uitskakel...
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Sun Feb 24, 2013 10:51 pm
by Fanta300
Gert, die scout opset mag dalk werk maar ek het nie genoeg ondervinding nie.
Ek sukkel self met die probleem dat my arms te kort is vir my oë en wil ook nie 'n scope op my ou 303 sit nie. Speel nou met optic fibre op die korrel en weerskante van die V op die visier. Het die idee gekry van my kleinseun se windbuks af. Het 'n ou visier gekry om op te eksperimenteer. Wil twee gaatjies boor om optiese vesel deur te trek. Sal laat weet as dit werk. Het klaar op die voorste korrel geplak en kan hom nou mooi sien. (het optiese vesel van my skoonseun se boog af geleen!
Groete,
Fantie
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Mon Feb 25, 2013 6:57 am
by THOMAST
Gert, ek het al 'n gaatjie visier op 'n geweer gesien wat op die slot van die geweer gemonteer word. Dan is hy naby aan jou oog en jou oog sal outomaties sentreer in die middel van die ring en jy konsentreer dan op die voorste korrel.
Sal kyk of ek 'n foto kan opspoor,dink dit was in die magnum gewees. Die ou BRNO aksies het ook so 'n "pop up" gaatjie visier in die agterste brug van die aksie gehad.
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Mon Feb 25, 2013 9:01 am
by DWB
Die Lyman Gaatjies visier word langs die kant van die aksie vasgeskroef en daar word net 'n klein stukkie van die hout weggevat.
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Mon Feb 25, 2013 9:03 am
by DWB
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Mon Feb 25, 2013 8:17 pm
by Gert Odendaal
Thomast, dankie baie ek sal waardeer , enige inligting kan welkom wees en miskien `n antwoord vir die probleem wees. Ek is seker dit is `n probleem wat baie manne later in hul jag wedervaringe ervaar maar dan van oop visier vinnig na teleskoop beweeg en so nooit die probleem aanspreek of `n goeie oplossing daarvoor kry nie....die punt wat ek wil maak is:
Ek wil , al kan ek net twee jagseisoene oop visier skiet met my .375 H&H bekruip jag doen...ek glo daar is `n oplossing en `n antwoord om dit te kan doen...wie weet miskien lei die soeke na ander moontlikhede...veral waar bosvark jag in die aand in mielielande nou so gewild raak....
Die lyman -peepsight is seker nie so effektief in loop en jag as wat dit in skyfskiet is nie???? Ek dink dat `n gost-ring beter sal werk DWB ...in die loop en bekruip jag opset...maar ek het nie genoeg kennis (praktiese ervaring ) om oortuigend te klink nie...

Iewers voerentoe gaan daar antwoorde kom...ek verander my v-express sight om die moontlikhede in te reken...ek gaan `n soliede basis uitfrees om `n gosts-ring wat platslaan in te bring en swaelstert-groewe om `n "long -eye-relief" teleskoop later op te sit maar nie boor en tapwerk op my .375 H&H loop te doen nie....ek hoor intussen graag van ander moontlikhede...soos daar in Engels gese word : keep them com

ing...
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Mon Feb 25, 2013 8:38 pm
by tripodmvr
Jou ghost ring is maar 'n gaatjievisier met 'n groter gat as vir Bisley skiet. Vir jag is dit die antwoord om behoorlike lig deur te laat en nie die teiken toe te maak nie. Hoe verder die ring van jou oog af gaan wees hoe meer gaan dit jou teiken toemaak. Kyk of jy nie iets meer na agter kan prakseer nie.
Die red dot tipe visiere is ook 'n oplossing omdat jy daar ook net 2 elemente het om op te fokus. Tot op 100m sal hulle ook goed werk.
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Mon Feb 25, 2013 8:42 pm
by DWB
Oom Gert,
Die manne wat ken van skiet die varke met daai lyman dat dit hop!
Hy het 'n 'insert' wat uitdraai en dan 'n groot ghostring tipe gat los
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Mon Feb 25, 2013 9:05 pm
by Clinton3006
Naand Gert
Die ou Rigby gewere het 'n "ghostring" gehad wat aan die slot se "cocking piece" vas kom, ek is seker julle kan so iets maak tussen jou en Johan. Sal kyk of ek n foto kan op spoor. Groete
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Mon Feb 25, 2013 9:54 pm
by Gert Odendaal
Baie dankie aan al die manne wat antwoorde verskaf..is altyd lekker om soveel kennis van jagters te kry...sover het ek `n hele paar antwoorde wat in praktiese projekte omgesit kan word en antwoorde verskaf op die probleem...die boor/tap kwessie wat ek nie wil toepas op die loop nie moet nog `n antwoord kry..alhoewel die gost ring op die agterkant van die slot kan monteer word.sonder om te boor en tap...Clinto 3006 ek sal die fotos waardeer van die gost ring..ek het al van die fotos gesien maar detail is maar swak omdat dit advertensies van die ou Rigby`s was ... As ek later maar moet aanvaar dat ek nie sonder `n teleskoop kan skiet nie....sal weer `n antwoord gesoek moet word om die teleskoop te monteer sonder boor en tap metode...
Ek sal die gost-ring probeer in my v-sight inbring(wat kan platslaan as ek hom nie gebruik nie) omdat ek nou `n soliede basis gaan frees en net die klappies visier wat ek as een solied v-express sight gemaak het gaan oorsny om op die nuwe vaste basis in te skuif . Ek gaan dus weer `n paar modifikasies aanbring aan my v-visier wat klaar gebou is.lyk nie die einde is in sig nie

.
.vir die 8x57JS Mauser gaan ek die scout-montering bestel...is reeds in kontak met die verskaffers..het antwoorde gekry wag nou net vir die invoer inligting en hoe ek hulle moet betaal...ek sien dat dit `n vereiste is om `n "long eye-relief " teleskoop te gebruik....sal daarna moet kyk want die slim manne se jy kan nie `n gewone teleskoop gebruik nie want jy kan glo nie so vinnig oplyn op die teiken nie...
Sal julle op hoogte hou...maar laat ons nog voorstelle antwoorde kry.....
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Tue Feb 26, 2013 7:18 am
by THOMAST
Re: Oopvisier skiet, bril fokus nie op agterste v-visier nie
Posted: Tue Feb 26, 2013 11:45 am
by Gert Odendaal
Tomast
Groot dankie dit gaan baie help. Ek wonder nog steeds hoeveel jagters (ou) sal gemaklik voel om met `n oopvisier te jag tot op 100 meter , in die bos glo ek afstande gaan baie krimp en seker nader na 60-70 meter beweeg...of is die moontlikheid van kwes bokke te groot?