Page 1 of 2

Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 7:35 am
by VdWalt
Hulle is almal duur, maar watter een is die beste opsie.
Dis soos die keuse tussen n Land Cruiser en Discovery 4,
altwee is duur maar die een is net beter as die ander een ... >:D .

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 7:46 am
by Reggie Gerber
My keuse so Lapua wees. Ek het gevind die noslers is korter

Nie nosler en lapua se "concentricity" en gewigs verskil is Fantasties

Groete Reggie

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 7:47 am
by PWV
LAPUA

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 8:07 am
by Marc
Lapua toe oë ;)

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 8:16 am
by Wouter Roets
Hallo Manne

Mag ek vra wie al al drie doppe gebruik het en dan dat die persoon terugvoer gee.

Groetnis
Wouter

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 9:11 am
by Reggie Gerber
Wout

Ek gebruik buide die Lapuas asook Nosler

Groete

Reggie

Julle norma manne moet ook kom bydra :laugh:

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 9:30 am
by LUAN
Kyk maar een van die dae se die ouens weer Lapua is nie so great.

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 9:33 am
by Wouter Roets
Reggie

Ek gebruik ook al drie doppe oor n spektrum van 12 kalibers en my volgorde is Lapua, Nosler en dan Norma. Al rede hiervoor is dat Nosler Norma doppe is wat klaar die meeste van die werk op gedoen is. Ek probeer altyd die doppe in bulk koop uit dieselfde batch so dit is dalk die rede hoekom my volgorde so uitsien. My gevolgtrekkings en bevindings is gewoonlik oor n minimum van 500 doppe per kaliber wat ek dink n mens n redelike goeie idiee gee. Ek vind as jy in dieselfde batch kan hou met enige van die drie vervaardigers jy heel tevrede sal wees.

Ek moet weereens bylas en se dat as n kaliber nie in een van hierdie drie vervaardigers se doppe uitkom nie, jy moet mooi dink daaroor. Met my 6.5 Creedmoor was net Hornady doppe beskikbaar(gelukkig is daar nou Noslers beskikbaar) en dit is maar n groot kopseer gewees. As dit nie was vir die goeie dopsonwerp en uitstekende platvorm van die Savage nie was die kaliber seker in die mark.

Groetnis
Wouter

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 9:37 am
by Marc
.303 wrote:Kyk maar een van die dae se die ouens weer Lapua is nie so great.
Daai dag sal heel moontlik kom, as die ander manne hulle sokkies optrek en bietjie meer moeite doen ;) Op die oomblik is hulle Baas :) :) :)

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 9:40 am
by Reggie Gerber
Ek hoor jou Wout

Ek koop ook groot hoeveelhede op n slag aan en moet se dit hulp baie vir konstandheid.

Ek sou ook nie n kalibre laat bou of koop wat nie een van die drie se doppe beskikbaar het nie.

Reggie

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 9:54 am
by VdWalt
Ek was lus vir 'n verandering maar lyk my ek moet maar bly waar ek is.

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 11:21 am
by Lourens Potgieter
En as ek nou eers wil rak ammo koop voor ek begin laai, en later daai doppe gebruik?

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 12:00 pm
by Pitbull
Soos ek van die Bisly manne verstaan is Lapua en Norma dieselfde dop. As Lapua uit doppe uithardloop dan kry hulle by Norma en sit Lapua se naam op en weer anders om.
Ma weet nie hoe waar dit is nie, vir my lyk die twee die selfde.
Ma ek kan verkeerd wees. Ek is ook maar 'n Lapua dop gebruiker.

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 12:07 pm
by BRNO (Pierre)
Ek wou ook nou vra vir watter kaliber jy die doppe gaan gebruik. Ek gebruik Federals in my 30-06, en hulle kom relatief goedkoop as jy hulle nuut koop, en ek kry ook maar so 8-10 skote uit n stel doppe. H2o verskille is binne perke, ek het nog nie die nekke gemeet nie.

Vir my .243 le die volgende 200 Lapuas nog hier in hulle boksie geseel. Ek sal verseker nie weer iets anders in my .243 gebruik nie.

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 12:17 pm
by Lourens Potgieter
Sal my eerste geweer wees. 7x64 of 7x57.

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 2:20 pm
by PWV
Deeg wrote:Sal my eerste geweer wees. 7x64 of 7x57.
Deeg, hier krap jy nou weer 'n blik wurms oop! 'n Oneindige gesty oor wat die beste is, is jou voorland!

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Fri Feb 22, 2013 2:30 pm
by Koos Barnard
Ludwig
Die 400 Lapua-doppe wat ek skaars drie weke gelede gekoop het is beslis nie apart verpak nie, ook maar deurmekaar ingegooi in die bokse.
mooi loop

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Thu Apr 04, 2013 9:50 am
by Swede
Was so bietjie teleurgesteld met die Noslers wat ek vir my .243 gekoop het, na een skoot het een van hulle 'n klein kraak getoon op die skouer. Ek het dit nie verwag nie, gelukkig dit opgetel toe ek die doppe voorberei vir hulle tweede lading.

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Thu Apr 04, 2013 9:57 am
by jamalley
Ek sal ook stem vir Lapua, gebruik dit in my 308 en TC223, kon nog nie genoeg geld spaar om vir al my wapens te koop nie, maar gebruik ook Remington en Winchester en het nog nie rerig probleme gehad nie- my 2c

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Mon Apr 15, 2013 7:27 am
by 30-06
More manne ek sal graag wil hoor wat dink julle is die beter produk tussen Remmington en Winchester in 30-06.
Ek het remmington doppe waarmee ek redelik tevrede is. Die probleem is egter dat ek nou net winchester kan kry.

Ek luister graag na julle kommentaar.

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Mon Apr 15, 2013 7:34 am
by BRNO (Pierre)
Hier is n paar manne op die forum wat Winchester gebruik, soos byv FCLoretz, en hulle is baie tevrede met die dop. Ek laai ook vir n vriend van my in die Win's, en kan getuig dat die H2o kapasiteid, sowel as die dop se gewig, mooi konstand is. Die dop het ook n lekker volume, wat jou nul kwes so effe vinniger kan maak, ek weet net nie of dit gaan betekin dat jy vinniger doppe gaan moet vervang a.g.v. n dunner wand dikte nie.

Gaan kyk egter onder advertensies vir lede. RudiB het daar Remington doppe te koop. Hy dui egter nie aan of dit al geneem is of nie. Hulle kos R600/100

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Mon Apr 15, 2013 10:22 am
by Doomslayer
Loshande Lapua vir my - gebruik dit in my .30-06, .260 Remington, .308 en .338 Lapua. As jy mooi in die binnekant van die lapua doppe kyk, kan jy sien dat die flash hole reeds mooi gevorm is - dis nie gepunch soos by ander doppe nie, jy kan sien dis ge"machine".

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Mon Apr 15, 2013 10:42 am
by Wouter Roets
Pierre

Winchester "was" n uitstekende dop om te gebruik en ek het al verskeie kere gelees van top Amerikaanse kompeterende skuts wat geen ander dop eers oorweeg het nie. Die rede hiervoor is die groter kapasiteit en die doppe se lang lewe. Hulle is oor die algemeen harder en dunner as die meeste doppe daarbuite. As jy eers n paar gehad het met dieselfde gewigte en kapasiteite het hulle jou n leeftyd gehou. Hulle is veral in Amerika besonder goed geprys in vergelyking met ander doppe.

Dinge het in die laaste tyd so bietjie verander en hulle kwaliteid het erg onder verdenking gekom. Ek kan eerlik nie se wat die rede hiervoor sal wees nie, maar lees dit gereeld plaaslik sowel as internationaal raak. Remington doppe het ook n goeie reputasie en is oor die algemeen dukker as Winchester. Vanwee die dukker brass is die dopkapasiteit kleiner. Die doppe het ook net soos Winchester so bietjie in die laaste tyd onder verdenking gekom maar nie in so erge mate nie.

Groetnis
Wouter

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Mon Apr 15, 2013 12:30 pm
by jamalley
Ek stem saam met Wouter, maar Lapua bly die beste - Remington is egter nice, want daar is meestel 101 dope in 'n pak van 100

Re: Nosler, Lapua of Norma?

Posted: Mon Apr 15, 2013 12:33 pm
by Schalk.vdB
Manne ek het hulle almal gebruik op .308 en .243 en ek stem ook vir Lapua. Remington is goed en vir my beter as Winchester wat betref H2O volumes is Winchester groter maar Remington was meer konstant en ek het meer herlaaie uit hulle gekry. Maar op die einde van die dag is die gesegde van "What you pay is what you get" hier waar en alhoewel duur is Lapua nog steeds my eerste keuse. :) :)