Page 1 of 5

404 Jeffery

Posted: Wed Feb 20, 2013 6:05 pm
by NEGE3
Ek loop al meer as 'n jaar met die idee in my kop om 'n 404 Jeffry te bekom.
Ek ken die kaliber glad nie en as daar manne is wat 'n 404 ken sal ek graag julle opinie wil hoor. Die grootste kaliber wat ek besit is 'n 9.3x62mm.
Ek het al 'n 375 H&H gehad maar is nie gemaklik met hom nie.
Groetnis.

Re: 404 Jeffry

Posted: Wed Feb 20, 2013 6:32 pm
by DWB
Ongelukkig is Oom Joe aka 404Jeffrey onlangs oorlede.

Hy was 404 mal en dit was al wat hy in sy hand wou gehad het.

Basies dieselfde werksverrigting as die 416Rigby, maar met minder recoil.

Lees maar oom Pine se stories dan praat die kaliber vir homself.

Dit is 'n uitstekende kaliber, ek sal eendag of hom of die 416 besit!

Oom sal nie terugkyk nie!

Re: 404 Jeffry

Posted: Wed Feb 20, 2013 6:39 pm
by NEGE3
Sal so maak dankie Deon.
Groetnis.

Re: 404 Jeffry

Posted: Thu Feb 21, 2013 10:04 am
by Lourens Potgieter
daar moet net 7x64 ook bykom, hehehe....

Re: 404 Jeffry

Posted: Thu Feb 21, 2013 10:15 am
by DWB

Re: 404 Jeffry

Posted: Thu Feb 21, 2013 9:49 pm
by mariusr
Nege3 my neef het 'n custom made 404 jeffreys ek het al paar keer met hom geskiet en skiet baie lekker skop vir my baie minder as die 375 H@H, Hy het al buffel en olifant gejag met die roer! Sy ammo is net vreeslik duur so ou moet maar herlaai maar as jy regtig iets groot wil he dan sal ek liewers gaan met die 458 lott!

Groete
Marius

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 7:37 am
by DWB
Oom Marius, ek weet nie, voel darem nie vir my of die 458 die nostalgie van die 404 het nie!

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 7:52 am
by mariusr
Stem heeltemal saam met jou gaan dan liewer vir die 416 rigby regte classis en het baie beter penetrasie as die 404! Weet my neef het bietjie gesukkel met die oilifant met die 404 het paar skote gekos! Daar was pentrasie toetse in Magnum ruk terug en het gewys die 9,3x62 oortref die 404 by vere met penetrasie! Die 416 rigby was natuurlik heel voor!!

Groete

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 8:10 am
by DWB
Oom Marius, die 404 is in teendeel net so klassiek soos die 416.

Wat penetrasie betref, die 404 se "surface" area is effens groter as die 416, en die 416 kan vinniger as die 404 gedruk word.

Die 9.3 en die 416 is maar albei gewild vir goeie penetrasie.

Skoot plasing en koeel keuse speel nou maar eenmaal 'n rol.

Die nuwe tipe Large Meplat solids penetreer blykbaar beter as die tradisionele roundnose en so aan.

As mens oom Pine se stories lees sal mens ook sien wat die manne vermag het met hul 404s.

Mens kon daai olifant seker met 'n 450Rigby geskiet het wat nog beter as die 416 penetreer en dinge kon ook nie noodwendig makliker gegaan het nie, hy kon met die 9.3 ook weer met een skoot geval het...

Die 404 en 416 trap op mekaar se tone! Albei uitstekend!

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 8:11 am
by DWB
Ek moet bylas, ek skryf bloot net op grond van goed wat ek gelees het. Maar my beurt sal nog kom!

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 8:21 am
by mariusr
Die 404 sal beter doen met vandag se goeie koele maar die 416 het net vir my die edge bo die 404! Daar is net iets van die 416 wat my trek na die kaliber! Dink Pine sal saam stem!

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 8:23 am
by DWB
Oom Marius, ek dink die verskil is die 416 laat jou skouer krom trek van pyn :D

Maar hy skop nie so erg nie

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 8:30 am
by mariusr
Dan het jy nog nie met 'n 460 weatherby geskiet nie! Voel of al jou tande los is en jy loop sommer verkeerde kant toe met daai roer!

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 8:31 am
by DWB
Hehehehehehehe, sal maar verby moet staan!

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 8:34 am
by mariusr
Daar stem ek saam die 404 het regte baie lekker "recoil" maak jou glad nie seer!

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 8:56 am
by Lourens Potgieter
NEGE3, die 9.3 gaan afgeskeep voel as die .404 intrek...........

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 9:14 am
by NEGE3
Ek dink nie ek sal regtig Olifante wil skiet nie. Ek weet die 9.3 kan baie vermag en is my gunsteling. Ek wil ook nie 'n kaliber skiet wat jou leer flinch nie. Het dit amper gehad met die 375 H&H. Ek waardeer julle insette geweldig. Dit is baie geld om te spandeer om net in die kluis op te eindig of in 'n ander ou se kluis.
Deeg die 9.3 weet hy sal nooit by die huis bly nie. Hy is soos my hond, as die bakkie se deur oopgaan spring hy al self in.
Groetnis.

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 9:19 am
by Lourens Potgieter
Dalk moes daar net bietjie aan daai .375 gewerk gewees het om daai recoil te verminder?Gaan die .404 nie meer recoil hĂȘ nie??

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 9:27 am
by mariusr
Die 404 het net so lekker harde stoot glad nie soos die 375 H@H. se windgat vinniige seer recoil!!

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 9:43 am
by NEGE3
Marius ek kon dalk meer moeite gedoen het. Ek het 2 gehad. 'n Pasmaak Belgiese FN en 'n Mauser Model 66. Die Mauser was beter maar jy weet as hond jou eenkeer gebyt het bly jy maar skrikkerig. My ander probleem is ek het so 30 jaar gelede die eerste lid van my wysvinger en 2 litte van die vinger net langs hom in 'n wersks ongeluk verloor. Dit veroorsaak dat ek altyd moet kyk as ek 'n geweer koop dar die sneller so ver terug in die snellerbeuel sit as moonlik en die handgreep gedeelte op die die kolf moet moet dunner wees as normaal. Jy verloor ook krag in jou handgreep wat dit moeilik maak.
Groetnis.

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 10:10 am
by DWB
Oom weet oom gaan nie sommer net 'n 404 van die rak af koop nie?

Die CZ een is sommer 'n belaglike R40 000.00

So pasmaak of 2dehands is maar al opsie?

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 10:16 am
by Lourens Potgieter

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 10:19 am
by DWB
Deeg, wil jy nie kom help krap hier aan my gatsak nie? ek kom nie reg nie :D

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 10:31 am
by Lourens Potgieter
>:D

Daar is darem maar mooi goete.......

http://www.guntree.co.za/home/ads/view/ ... winchester

.458 Winchester vir R18 500.....

Re: 404 Jeffry

Posted: Fri Feb 22, 2013 10:34 am
by mariusr
Ja die 404 is maar skaars het wel gesien adverteer by Classic arms in Widbank!