Page 1 of 2
Loop skoonmaak
Posted: Sun Feb 17, 2013 9:02 pm
by JohanvB
Vra graag vir die "geleerdes", dis vir my makliker om sommer net hierdie "skuim goed in die loop te spuit en die loop sodoende skoon te maak, ek gebruik Xtreme Clean...is dit slegte of goeie gewoonte..
Dankie
Re: Loop skoonmaak
Posted: Sun Feb 17, 2013 9:50 pm
by tripodmvr
Die saak is al voorheen goed bespreek. Ek gebruik Forrest Bore Foam as ek nie tyd het om loop skoon te maak nie. Dit verwyder koper baie effektief en maak goed skoon.
Re: Loop skoonmaak
Posted: Mon Feb 18, 2013 8:22 pm
by Christo
tripodmvr wrote:Die saak is al voorheen goed bespreek. Ek gebruik Forrest Bore Foam as ek nie tyd het om loop skoon te maak nie. Dit verwyder koper baie effektief en maak goed skoon.
Hoekom sal dit nie normale skoonmaak proses kan wees nie, hoekom net as jy nie tyd het. Ek het die skuim al in die hand gehad maar was skrikerig om dit te koop.
Re: Loop skoonmaak
Posted: Mon Feb 18, 2013 8:27 pm
by tripodmvr
Christo wrote:tripodmvr wrote:Die saak is al voorheen goed bespreek. Ek gebruik Forrest Bore Foam as ek nie tyd het om loop skoon te maak nie. Dit verwyder koper baie effektief en maak goed skoon.
Hoekom sal dit nie normale skoonmaak proses kan wees nie, hoekom net as jy nie tyd het. Ek het die skuim al in die hand gehad maar was skrikerig om dit te koop.
Die lekker van Forrest is dat dit skoonmaak en ook nog die loop beskerm teen roes. Jy kan dit dus inspuit en heelwat later (selfs paar dae) die loop finaal skoonmaak.
Re: Loop skoonmaak
Posted: Mon Feb 18, 2013 8:29 pm
by Christo
Dankie, nou moet daar so blik op my rak kom, ek is nie baie lief vir skoonmaak nie. Doen dit maar is nie mal daaroor nie.
Re: Loop skoonmaak
Posted: Mon Feb 18, 2013 8:32 pm
by Wouter Roets
Christo
Wys jy my n man wat lief is daarvoor dan wys ek jou n man wat huweliks probleme het!

Ook defnetief nie my geliefkooste tydsverdryf nie!
Groetnis
Wouter
Re: Loop skoonmaak
Posted: Mon Feb 18, 2013 8:38 pm
by LUAN
Ja maar jy moet WAG as jy forest foam insit vir dit om te werk. Jy kan M98 ook gebruik. Jy wag nie so lank en kan die proses 2 keer hehaal in die tyd wat jy wag vir die foampies om te werk en hy haal net so baie koper uit. En jy kry 3 bottels M98 vir minder as die prys van een blikkie Forest.
Re: Loop skoonmaak
Posted: Mon Feb 18, 2013 8:42 pm
by mariusr
Maar dis darem lekker as die gunne darem mooi blink en skoon is en jy kyk hulle so! Dan word jy dadelik lus om weer te gaan skiet!!
Re: Loop skoonmaak
Posted: Mon Feb 18, 2013 8:49 pm
by Spanner
Daai Foam stink. Ek hou nie daarvan nie. Geweerskoonmaak moet lekker ruik. Hoppe's 9 is van die lekkerste reuke wat ek ken. Elke keer as ek dit ruik word ek half nostalgies weg gevoer na die bosveld...
Skoonmaakgoed moet soos Hoppe's ruik, nie soos ou poep nie !
Re: Loop skoonmaak
Posted: Mon Feb 18, 2013 9:02 pm
by tripodmvr
Spanner wrote:Daai Foam stink. Ek hou nie daarvan nie. Geweerskoonmaak moet lekker ruik. Hoppe's 9 is van die lekkerste reuke wat ek ken. Elke keer as ek dit ruik word ek half nostalgies weg gevoer na die bosveld...
Skoonmaakgoed moet soos Hoppe's ruik, nie soos ou poep nie !
Forrest het nog nooit vir my gestink nie. Ruik effens na ammoniak, maar wat ek van hou is dat dit "groen" is en nie giftig nie. Hoppes op jou vel en selfs die inasem daarvan is nie tot jou beswil nie. Die lekkerste reuk vir ons "ou" manne is Youngs 303 olie. Daar is nou 'n reuk wat herinneringe terugbring van 50 jaar gelede - ek het nog so botteltjie "parfuum" wat ek soms aan snuif.
Gepraat van petroleum distillate soos Hoppes en Nitro Solvent - weet van persoon wat laasgenoemde in plastiek coke bottel gegooi het omdat die ander houer gelek het. Laataand op 'n jagtog het hy per ongeluk 'n sluk gevat - doktersbehandeling het nie gehelp nie en die jagtog het in 'n begrafnisstoet verander.
Re: Loop skoonmaak
Posted: Mon Feb 18, 2013 9:06 pm
by Wouter Roets
Piet
Ek sit nou en dink. Wys jy my n man wat nie sy loop skoon maak nie en ek wys jou n man met huweliks probleme!
Oom Driepoot
Daar is baie pille al in die wereld maar nog nie vir alles nie!
Groetnis
Wouter
Re: Loop skoonmaak
Posted: Mon Feb 18, 2013 9:13 pm
by tripodmvr
Wouter Roets wrote:
Oom Driepoot
Daar is baie pille al in die wereld maar nog nie vir alles nie!
Groetnis
Wouter
Hier was dit brammevien het nie brieke nie.
Re: Loop skoonmaak
Posted: Mon Feb 18, 2013 9:18 pm
by Christo
Pille

, klink vir my baie soos toe die mechanic vir 'n ou gese het om 2 disprins innie tenk te gooi en as sy kar nie beter is die volgende dag hy hom maar moet inbring.
Re: Loop skoonmaak
Posted: Mon Feb 18, 2013 9:20 pm
by mariusr
Het 'n baas gehad (noem maar so net 'n hond het 'n baas) wat altyd gese het daar is geen pille vir dom wees toe eendag steek hy homself aan die brand met petrol toe hy wou vleis braai! Wonder toe wie het nou pille nodig!
Re: Loop skoonmaak
Posted: Tue Feb 19, 2013 6:09 am
by Carl
Lekker gelag nou. Nee wat van dat ek klein was is ek mal oor GEWEER LOOP skoonmaak en veral olie liggies streel oor okkerneut hout. Dis een rede hoekom my pa sy gewere aanstuur na my.
Soms is die wag tyd vir die M98 om sy werk te doen net genoeg om mamma nag te gaan sê ;-)
Re: Loop skoonmaak
Posted: Tue Feb 19, 2013 7:25 am
by tripodmvr
Carl wrote:Lekker gelag nou. Nee wat van dat ek klein was is ek mal oor GEWEER LOOP skoonmaak en veral olie liggies streel oor okkerneut hout. Dis een rede hoekom my pa sy gewere aanstuur na my.
Soms is die wag tyd vir die M98 om sy werk te doen net genoeg om mamma nag te gaan sê ;-)
Ek gebruik 'n horlosie om daardie werk te doen. Jy ken die grappie van die "egg timer" wat gebreek het?
Re: Loop skoonmaak
Posted: Tue Feb 19, 2013 7:47 am
by Wouter Roets
Oom Driepoot
Praat Oom van die quickie of die vol 2 minute?
Bore Tech se Eliminator is ook goeie produk wat beide die carbon sowel as die koper vinnig verwyder. Baie manne gebruik dit en oorweeg nie eers n ander roetine nie.
n Vraag aan die manne wat M98 gebruik. Ek is altyd huiwerig om water hoegenaamd naby aan my gewone staal lope te bring. Met die gebruik van n water lappie met die skoonmaak van die loop nadat die M98 aangewend is kan ek nie help om te dink dat daar water in die kamer gelos word met die ingaan in die loop nie. Maak julle dat nou elke keer die kamer ook skoon tesame met n bietjie olie om te verhoed dat dit nie roes nie?
Groetnis
Wouter
Re: Loop skoonmaak
Posted: Tue Feb 19, 2013 7:51 am
by VdWalt
Wouter Roets wrote:Oom Driepoot
Praat Oom van die quickie of die vol 2 minute?

Wouter

Re: Loop skoonmaak
Posted: Tue Feb 19, 2013 7:56 am
by VdWalt
Wouter Roets wrote:Oom Driepoot
Maak julle dat nou elke keer die kamer ook skoon tesame met n bietjie olie om te verhoed dat dit nie roes nie?
Wouter
Ek druk eers droee lappie of 2 in die kamer en dan een met olie en dan weer n droee een.
Re: Loop skoonmaak
Posted: Tue Feb 19, 2013 8:10 am
by Carl
Ek glo die bore guide hou die meeste nattigheid uit. +1 VdWalt, en ek gebruik 'n haelgeweer mop om die kamer uit te vee.
Re: Loop skoonmaak
Posted: Tue Feb 19, 2013 11:04 am
by VdWalt
Weet iemand dalk waar ek van die Bore Tech Eliminator in die West Rand rond
kan kry?
Re: Loop skoonmaak
Posted: Tue Feb 19, 2013 11:08 am
by Louis10Botha

Skuus manne ek is maar dom met die skuim skoon maak goed en wil by julle graag hoor.
ek het gister hier produkte, op die photo, gekoop.
die linker kant se olie is om die skuim produk te neutraliseer, anders sal hy die my loop se groewe ook vreet soos ek verstaan. is dit so erg?
en sal die skuim ni ander skade maak?
Re: Loop skoonmaak
Posted: Tue Feb 19, 2013 11:42 am
by Wouter Roets
Louis
Dit is presies wat ek gebruik vir etlike jare. Al wat nog moet bykom is Butches Gun Oil dan is jy reg. Die Bore Shine word eerste aangewend om ontslae te raak van die carbon aanpaksel van die poeier. Die produk verwyder ook koper maar is nie baie aggresief in die aksie nie. Wanneer daar wel nie baie koper neerslag is nie werk die produk voldoende maar veg gewoonlik n ekstra eenwending. Droe lappies op n jag totdat dit skoon uitkom.
Indien daar nog enige koper in die loop oor is word die skuim ingespuit van die kamer se kant af. Met groter kalibers is dit soms nodig om sommer met insulation tape n prop te vorm wat die kamer mooi afseel. Skuim word ingespuit totdat dit voor by die loop uitkom. Los die blikkie net so in die slot en spuit weer oor so 10 minute. Jy sal sien die ou skuim is blou van kleur. Hou aan met die proses totdat die skuim nie meer blou is nie. Gebruik nou weer die jag met die lappies totdat die weer skoon uitkom. Laastens sit jy dan olie op n lappie en stoot deur. Nog so twee lappies daarna en dan is jy klaar.
Kry n klein flitsie sodat jy met hom in die loop kan afkyk. n Mens kan mooi koper aanpaksel so sien. Onthou as jy koper aan die voorkant van die loop kan sien is dit heelwat erger aan die kamer se kant waar die meeste aanpaksel plaasvind. Hou aan skoon maak totdat dit nie meer sigbaar is nie. Wanneer daar baie erge koper aanpaksel in die loop is kan jy die skuim inspuit en oornag los. Dit is absoluut veilig om dit te doen met Forrest. Dit is een van die groot redes hoekom ek daarvan hou. Moet jou ook nie steur aan die manne wat se dit stink nie! Gebraaide uie en garlic ruik ook vir hulle stink!
Groetnis
Wouter
Re: Loop skoonmaak
Posted: Tue Feb 19, 2013 11:56 am
by tripodmvr
Het bykans dieselfde met my Howa se loop ervaar. Omtrent geen koper aanpaksels. Iewers begin moderne masjinering deurskemer.
Die meeste van julle weet nie van 'n baie effektiewe manier om 'n loop skoner te kry en nie te bekommer oor die feit dat jy water gebruik nie. Die standaard manier met 'n 303 was Youngs olie en dan 'n ketel kookwater deur die loop - versigtig net met die water op die hout. Die hitte laat die loop vinnig droog word alvorens dit kan roes - miskien 'n goeie roep met M98.
Re: Loop skoonmaak
Posted: Tue Feb 19, 2013 11:59 am
by Wouter Roets
Luddie
My ondervinding is dat hoe langer jy met jou loop speel hoe groter is die kans dat daar wel iets sal uitkom!
Ek kan ook nie wag vir die Shillen Ratched knape nie. Dit is darem net n plesier met die lope!
Groetnis
Wout