Page 1 of 1
Herlaai data 260 Remington
Posted: Thu Aug 05, 2010 11:40 am
by Arnold
Francois, gee hier bietjie info oor daai 260 van jou. Ek het nou finaal besluit dat ek my 308 na 260 gaan verander. Weet nog nie of ek Ackley of gewoon moet gaan nie ...
Re: Herlaai data 260 Remington
Posted: Thu Aug 05, 2010 11:45 am
by Arnold
Re: Herlaai data 260 Remington
Posted: Mon Oct 11, 2010 9:18 pm
by Arnold
Skiet iemand hier dalk 'n 260 Ackley? Ek wag nou net vir 'n loop ...

Re: Herlaai data 260 Remington
Posted: Mon Oct 11, 2010 10:25 pm
by boeta
Arnold
Het vandag n stuk oor die 260 ak gelees van n amerikaner wat so een gebou het en die teikens het goed gelyk,entlik baie mooi.Het ook toe weer iewers begin jeuk.
Dink dit was op snipers hide
Boeta
Re: Herlaai data 260 Remington
Posted: Mon Oct 11, 2010 11:23 pm
by Ponkie
Hallo manne
Die kaliber is baie onbekend aan my. Is ek reg as ek se dis 'n 308 dop met 'n 6.5mm punt? Dit wil vir my voorkom of dit 'n goeie oes kaliber is? En vir lang afstand skiet op die baan, hoe doen hy dan? Word sy ammunisie deur PMP of van die ander make in SA vervaardig?
Groetnis
Ponkie
Re: Herlaai data 260 Remington
Posted: Tue Oct 12, 2010 5:58 am
by Arnold
Boeta, ek het seker al als moontlik wat op die web is oor die onderwerp gelees. Ek weet van 'n paar Suid Afrikaners wat 'n soortgelyke rondte skiet maar net met 35 grade skouers. Die ouens kan nie ophou goedpraat van hom nie. Hierdie skuts sluit ook onder ander F-klas skuts in wat 'n 142gr koeel teen so 2950 fps lanseer {31" loop} om met die 6.5-284 te kompeteer. Ek wou egter nie die roete gaan nie want dies is nie van die rak af beskikbaar nie en baie duur om te laat maak of dit vat eenvoudig net te lank.
Ponkie, ja hierdie is maar 'n 308 afgenek na 6.5mm. Kyk bietjie hoe hoog is die BC van hierdie klein silindertjies lood ... 'n 123 gr Lapua scenar het 'n BC van 0.547. Dit is beter as die 115gr 6mm koeel van Sierra en as jy opstap na .30 vgl. die 200gr matchking se BC met die van die 123gr 6.5mm.
Ammo word maar deur 'n paar maatskapye vervaardig {wat PMP uitsluit} so as jy die nommer hier in SA wil skiet moet jy maar self laai. 260 doppe is beskikbaar van Remington en Nolser maar meeste mense vorm self daoppe van of 243W of 308W bras.
Hierdie geweer gaan my 308W vervang, wat ek op sy beurt dan wil herloop na 'n 280 Rem

Re: Herlaai data 260 Remington
Posted: Fri Oct 15, 2010 12:14 am
by Francois Marais
Arnold
Sorry man, was lank van die lug af, bietjie plaas opgepas en so.........
myne laai ek 120gr MK en Nosler BT punte, skiet 3100ft/sec met 43.5gr S365,
Ek het ook 39gr S365 gelaai op die 142gr SMK. Het net n 100 punte, sorry koeels, gehad , en sal nie sommer weer van hulle koop nie, te duur vir my applikasie, maar het n goeie groep met hulle gekry.
Mooi loop
Francois
Re: Herlaai data 260 Remington
Posted: Mon Dec 05, 2011 4:24 pm
by LN (Louis)
Hi julle,
Het vanmiddag my 260 Rem gaan haal. 27 duim loop en 1:9 twist. Die proefdop se water inhoudsmaat is 59.2gr. Ek gaan op die oomblik met 100 & 125gr Nosler's speel, my kar se agter bearings het gegroet en kos 'n weeshuis vol geld

om reg te maak, so ek kan nie nou GSC bekostig nie. Die 100gr is 71mm tot teen die lands en die 125gr 70.5mm.
Watter dryfmiddel en lading beveel julle aan? Ek het op die oomblik 335, 355 en 365 in my herlaaikas. As dit moet sal ek egter 'n nuwe blik gaan koop maar ek sal graag eers dit wat ek het wil opgebruik.
Asseblief kan die manne met QL my dalk bietjie raad gee?
Groete,
Louis
Re: Herlaai data 260 Remington
Posted: Mon Dec 05, 2011 4:32 pm
by Arnold
Probeer gerus S355, met n lading kan ek ongelukkig nie nou help nie.
Daai dop kapasiteit klink baie hoog, selfs meer as my winchester brand 308w doppe?
Re: Herlaai data 260 Remington
Posted: Mon Dec 05, 2011 4:39 pm
by LN (Louis)
Arnold,
Dit het my ook verras. Het dit 2 k??r geweeg! Ek kon nie glo daar gaan so baie water in daardie klein doppie nie. Sal dit nou weer gaan weeg net om seker te maak ek slaan nie my naam met 'n groot plank nie.
Dankie vir die antwoord.
En daar slaan ek hom waarlik met 'n plan

. Dit moet lees 49.2gr en nie 59.2gr nie