Page 1 of 1

Aktiewe tye volgens stand van die maan?

Posted: Wed Aug 04, 2010 1:49 pm
by Francois B
midaag manne

Ek het op n baie interesante artikel afgekom en wil graag weet of julle die opkoms en ondergaan van die maan ook gebruik om n jag te beplan? Ek weet almal kyk altyd hoe vol die maan is , maar is dit moontlik dat ons die kat aan die stert beet het of is dit dalk net ek? as daar genoeg manne is wat sou belangstel aan die artikkel kan ek hom ooskryf want ek het ongelukkig nie n scanner nie!

Francois

Re: Aktiewe tye volgens stand van die maan?

Posted: Wed Aug 04, 2010 1:53 pm
by Skolla
Francois
As dit van my afhang, laat waai asb.
Kobus

Re: Aktiewe tye volgens stand van die maan?

Posted: Wed Aug 04, 2010 2:05 pm
by tafjak
FransB

Laat waai!

Re: Aktiewe tye volgens stand van die maan?

Posted: Wed Aug 04, 2010 2:10 pm
by Wielie Waps
Francois
As jy dit kan faks doen ek die res vir jou. Die alternatief is om die tydskrif se naam te gee dalk tel mens iets op die internet op.
Laat weet net.

Re: Aktiewe tye volgens stand van die maan?

Posted: Wed Aug 04, 2010 2:12 pm
by Caller
Francois B

Laat waai gerus met die artikel. Dit gaan heel waarskynlik oor die "SOLUNAR" teorie. Ek persoonlik kon nog nie konkrete bewyse kry dat die teorie op jakkies werk nie. Die sogenaamde triggers van maan en son opkoms en ondergang, lyk of daar iets kan wees, maar my ondervinding wys dat die weertoestande 'n baie groter rol speel as die maan/son (aantrekkingskrag).

Soveel so dat ek my maar net met die maan se lig intensietyd bemoei. Dit help beslis nie wat die maan stand is, as die weer verkeerd is nie. Die aande wat die weer perfek is sowel as die maanstand is maar nie baie nie.

Maar kom ons hoor of die ander manne iets beet het.

Groete

Caller

Re: Aktiewe tye volgens stand van die maan?

Posted: Wed Aug 04, 2010 2:28 pm
by Francois B
Ek is regtig bly ek het hom gevind op die internet , ek het nie baie kans gesien vir oortik nie hier is hy;
http://www.predatorxtreme-digital.com/predatorx/201008?fm=2#pg49

Re: Aktiewe tye volgens stand van die maan?

Posted: Wed Aug 04, 2010 3:13 pm
by Roberto
Hello Francois

Ek't nou die artikel gelees BAIE INSIGGEWEND,dankie man
gaan dit verseker in gedagte hou.

Roberto

Re: Aktiewe tye volgens stand van die maan?

Posted: Wed Aug 04, 2010 3:40 pm
by Raven
Dit is 'n interresante artikel, maar as ek nou kyk na die afgelope naweek, het baie jagters ondervind dat die "nag" doodstil was, ek inkluis.
Die maan het so teen 23:00 die nag opgekom, en ek het begin jag so teen 19:30. Dit moet dan in die tyd wees dat jakkals/predators baie moet beweeg, en dit was doodstil.


Raven

Re: Aktiewe tye volgens stand van die maan?

Posted: Wed Aug 04, 2010 3:45 pm
by Gerhard
Raven wrote: Dit is 'n interresante artikel, maar as ek nou kyk na die afgelope naweek, het baie jagters ondervind dat die "nag" doodstil was, ek inkluis.
Die maan het so teen 23:00 die nag opgekom, en ek het begin jag so teen 19:30. Dit moet dan in die tyd wees dat jakkals/predators baie moet beweeg, en dit was doodstil.


Raven
Dis moeilik.

Ek het jakkals aktief gehaad van vroeg aand Saterdag aand tot na die maan op gekom het.

Toe ek midernag oppak kon ek jakkalse hoor roep op ander grond eienaars se plase.

Ek het met vol maan nou in Julie 9 jakkalse geskiet oor 3 nagte nie die eerste keer wat ek sukses rond om vol maan gehaad het nie.

Maar ek dink dit kan van area tot area verskil af hangende hoe hard die jakkalse ge jag word.

Wat ek wel in ander diere op gemerk het met vol maan is dat hulle wel meer beweeg.

Diere soos bosvarke is baie meer senuagtig met vol maan as wat hulle met donker maan is.

Re: Aktiewe tye volgens stand van die maan?

Posted: Wed Aug 04, 2010 4:08 pm
by Raven
Manne,
Een ding is verseker, ek jag baie by my en voornag het ek meer sukses as van 00H00 tot 03H00. So ek weet jakkies loop van laatnamiddag en jag hard in die voornag.
Wat ek ook baie agterkom is daar is net soms die "doodstil" nagte, niks beweeg.... ek sien nie eens 'n haas/of baie van hulle.
Gewoonlik as ek jakkies kry, is steenbokkies/hasies/muise baie te sien in die kamp waar ek jag.....hoekom daar "doodstil"(lees as geen ogies/beweging/kleinwild) nagte is weet ek nie, en verstaan ek dit nog minder.

Maar as die WEER reg is, en jy weet waar jakkie loop, het jy 80% + kans om hom te kry.

Norton

Re: Aktiewe tye volgens stand van die maan?

Posted: Wed Aug 04, 2010 6:46 pm
by Jannie
Ja ek kan net beaam dis presies soos jy skryf, mens besef as jy baie nagte in die veld kom hoe min weet ons eintlik van die natuur, nog iets wat vir my interesseer is dat Draai Jakkalse van tyd tot tyd heel kan verdwyn en dan een aand is hulle die w?reld vol, hier in die westelike deel van die Noord Kaap het ek al met sekerheid opgetel die diere weet ten minste 24 uur vooruit daar is ? kouefront oppad en sal dan drasties afneem in bewegings en sodra die front verby is en ? somer stelsel uit die noord kom in sal hulle weer woel. Sien die tewe wat val is vol kleintjies! Lyk nie ons gaan nie uit voorraad loop nie!

Groete Jannie

Re: Aktiewe tye volgens stand van die maan?

Posted: Wed Aug 04, 2010 8:59 pm
by Francois B
jannie

ons het n baie groot span bakore wat voor ons huis in die vlak 3 verskillende neste het en op 1 aand sal ons uitgaan en tot7-8 op 1 stand sien en as ons klaar geroep het en skuif dan hardloop hulle sommer vir nog so paar kilometer agter die bakkie aan soos ons ry , maar op n ander aand is daar niks doodstil, maar gaan stap in die oggend n draai in die veld dan sien jy hulle oral om hul neste!