Page 1 of 1

Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Tue Feb 12, 2013 11:07 am
by THOMAST
Seun nommer 2 se geweer het toe uiteindelik hier aangekom met 'n spesiale bestelling van Safari & Outdoor
Image
Hy wou juis 'n ligter geweer vir algemene jag en af en toe kompetisie skiet gehad het. Volgens hom is daar net een kaliber en dis die 260 Remington. Loop is 24 duim lank en "fluted". Die LRP was te swaar vir sy smaak.
Sy Vortex 6-20 word met Warne ringe gemonteer.
Pa is nogal jaloers op die gunnetie.
Nou is dit die wag vir die lisensie..

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Tue Feb 12, 2013 11:32 am
by jacojrdn
Thomast

Baie lekker geweer, hoop hy kry jare se genot uit hom uit.

Jaco

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Tue Feb 12, 2013 11:52 am
by MJK
Yes Thomas

Wanneer het hulle ingekom? Kobus het ook so enetjie op backorder!

Groete
Marius

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Tue Feb 12, 2013 11:59 am
by THOMAST
MJK, hierdie geweer is vanaf Kelby bestel want Savage het nie voorraad gehad nie. Daar was blykbaar net 'n paar spesiale bestellings wat ingekom het so 10 dae terug.

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Tue Feb 12, 2013 12:11 pm
by MJK
How lucky can you be! Maar geduldig moet wag tot die batch vanaf Savage inkom... :(

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Tue Feb 12, 2013 12:20 pm
by THOMAST
Hy wag al oor 'n jaar vir die geweer. Nou het hy rus vir sy siel.

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Tue Feb 12, 2013 12:54 pm
by MJK
Jikes! :o :o Lyk na bitter netjiese roer. Self baie opgewonde. Watter koeels beplan julle om mee te skiet? Het jy al begin speel met QL vir ladings en spoed?

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Tue Feb 12, 2013 12:59 pm
by Carl
Mooi Thomas, hy gaan nie rus vir sy siel hê tot die kaartjie en die roer tuis is nie!

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Tue Feb 12, 2013 1:07 pm
by THOMAST
Carl, hy is een van daai manne wat ken van "delayed gratification"
Hy plan hom mooi uit en wag geduldig.
Hy is nou in sy derde jaar op Stellenbosch en die akademie kom eerste. Hy het altyd baie saam met my geskiet, maar nou nie so meer nie. Hy neem volgende jaar 'n sg "Gap" jaar en wil dan 'n PH kusrus doen en werk op wildplaas, voor hy terug gaan vir sy honneurs.
Moet sê die man lyk wel 'n bietjie opgewonde oor die geweer, Pa ook!

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Tue Feb 12, 2013 1:47 pm
by Marc
Dis 'n Savage nog in 110 ook, wat meer kan 'n man sê ;)

Baie geluk !

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Wed Feb 13, 2013 2:13 pm
by THOMAST
MJK wrote:Jikes! :o :o Lyk na bitter netjiese roer. Self baie opgewonde. Watter koeels beplan julle om mee te skiet? Het jy al begin speel met QL vir ladings en spoed?
Marius, ek het vanoggend daar by Safari 'n paar koeëls gekoop om te sien:
Nosler Custom Competition 123gr (nuwe koeël - Willem reken dis maar Sierra sn) gaan mooi loop volgens QL teen so 2874fps. Hy het 'n G7 BC van 0.23, G1 BC is .513. Die volgende node vir 24" loop sit hom net bokant maksimum druk :( Hierdie koeëls is vir veldkiet.
Nosler Ballistic Tip en Accubond (140gr) hoort die pyp te rook by 2788fps. Lekker vir jagdoeleindes
Met die Warne medium ringe is daar net 2mm spasie tussen loop en scope se 50mm objektief lens.

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Wed Feb 13, 2013 2:23 pm
by Wouter Roets
Thomast

Dit is nou vir jou n werlike lekker geweer en kaliber kombinasie! Kan glo dit is maar n bitter moeilike pil vir n Pa om te sluk om so stelsetjie vir boeta te gee! Glo wel hy sal hom gate uit geniet en wardeer. Niks wat ons nie vir ons skepseltjies sal doen nie. Ackley hom dan kan hy daai node slaan!

Groetnis
Wouter

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Wed Feb 13, 2013 2:45 pm
by THOMAST
Wouter, ek is nie so seker of die magasyn nog 4 patrone sal vat as hy ge Ackley is nie. Dink ek moet by Arnold 'n paar doppe leen en kyk hoeveel in die magasyn in pas. Sal dan sommer ook 'n paar fop patrne laai en kyk hoe voer hulle (Hulle sal natuurlik nie heel in die kamer ingaan nie, maar darem vir my 'n aanduiding kan gee hoe hulle voer).
In die veldskiet kompetisies is dit mos 5 skote per baan. As die geweer nou nog 'n sokkie moet kry op sy kolf vir ekstra patrone, gaan hy lyk soos 'n bontpoot bosluis!
Het jy al die nuwe loop op jou Creedmore gesit? Ek verstaan die loop se skroefdraad is maar aan die fyn kant en moet mooi mee gewerk word..

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Wed Feb 13, 2013 4:07 pm
by Smiley
Baie mooi geweer geluk. Wat gaan die jongman bo-op sit of is dit ook Pa se probleem.

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Wed Feb 13, 2013 4:34 pm
by THOMAST
Smiley, hy het 'n Vortex Viper 6-20x50 wat bo-op kom, amper 'n Hubble!

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Wed Feb 13, 2013 4:36 pm
by Wouter Roets
Thomast

Ja die enigste manier is maar om te by Arnold uit te kom en te toets maar ek sien nie hoekom dat dit n probleem sal wees nie. Hy verander darem nie baie in die taper departement nie. Indien wel glo ek dit sal uitgesort kan word deur voor op die magesyn bietjie weg te vat.

Daai oorspronklike loop op die Savage skiet so mooi dat ek hom eers gaan klaar skiet. Die ander loop is in elk geval nog nie hier nie. Hy steur hom gelukkig nie aan nodespoed nie so hy sal werk vir eers. Ek kry net nie tyd om die lading ontwikkeling klaar te maak nie. My skonies is vir drie weke hier by my so jy kan maar vir jouself dink. ;)

groetnis
Wout

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Wed Feb 13, 2013 4:51 pm
by THOMAST
Ja, so 'n ou Leer toetsie is in die toekoms, net om te bevestig.

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Thu Feb 14, 2013 1:34 pm
by MJK
Yes Thomas

2870 f/sek is 100% reg vir my. +- selfde koeelbaan as my 308 en 270. MAAR Ek dink ook aan ugly - wat gaan die spoed dan wees? Sal graag nader aan die 243 se koeelbaan wil kom

Groete

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Thu Feb 14, 2013 4:02 pm
by THOMAST
Marius, dan moet jy of 'n langer loop kry of hom Ackley. Arnold reken hy sal die 123greiners kan druk tot so 3050fps uit sy roer.
QL sê vir my met die Ackley sal ek op node wees teen 2915fps met 24" loop teen 50772psi druk. Lekker mak. Maks spoed sal ook teen 3051fps wees.

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Thu Feb 14, 2013 4:54 pm
by Arnold
Met S365 sou ek 3100fps kan kry, maar ek weetnie of ek soveel dryfmiddel in die dop gaan kry nie.

Met S355 val die spoed so 50fps omdat hy vinniger verbrand en gouer druk wys. Ek skat egter dat 43gr die ding sal doen.

Natuurlik is daar die 107/8gr koeëls om ook na te kyk as jy bietjie meer spoed soek.

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Sat Nov 09, 2013 3:23 pm
by the kid
THOMAST, Het jy nou al meer gespeel met ladings? My vrou se Predator Hunter max .260 Rem is oppad van S&O af. Hy behoort Dinsdag hier te wees. Haar dope is klaar geprep en alles is reg om te begin laai. Enige raad sal baie waardeer word.

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Sun Nov 10, 2013 12:25 am
by Swys14
ek hou self BAIE van die 110 Predator Hunter van savage, nice gunnetjie. Ek reken ook dis goeie waarde.

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Sun Nov 10, 2013 8:02 am
by Roger
MJK wrote:How lucky can you be! Maar geduldig moet wag tot die batch vanaf Savage inkom... :(
x2

Hulle het vir my gese middel Jan...

Re: Savage 10/110 Predator Hunter in 260Rem

Posted: Sun Nov 10, 2013 8:33 am
by baas
Hoor die manne praat goed van daai roer en die kaliber!!!!!!!!!!! Persoonlik hou ek net nie van die plastiek kolf ni!!!!!!!!!!