Page 1 of 1

Teleskoop Montering probleem

Posted: Mon Feb 11, 2013 1:20 pm
by Carl
Middag
Ek het ’n probleem met my teleskoop. Ek het Warne maxima ringe en 2 stuk basis. Die teleskoop is 'n Zeiss Duralyt 30mm buis. Ek het die middelpunt van die kruishaar bepaal. Die ringe opgesit, albei aan die regterkant vasgedraai. As ek dan die geweer “bore sight” is die kruishaar heelwat links en laag. Hoogte kan ek verstel, maar ek is op 55 clicks links en die geweer skiet nog regs.

Ek het die ringe omgeruil voor en agter. Geen verskil. Toe draai ek die voorste ring 180 grade om nou aan die linkerkant vas te maak. Dit het bietjie gehelp maar is nie 100% nie, dit vat so 30 clicks om op te lyn. Dit het ek nog nie op 100m gaan toets nie. Ek sou minder verkies, is daar ander raad wat julle kan deel?

Ek het nie die basis verander nie.

Re: Teleskoop Montering probleem

Posted: Mon Feb 11, 2013 2:17 pm
by Gawie(13mm)
Carl, het jou pm gestuur.

Re: Teleskoop Montering probleem

Posted: Mon Feb 11, 2013 2:34 pm
by Lourens
Carl,

Ongelukkig het die Zeiss Duralyt redelik min interne verstelling en ek het seker al van 20 ouens gehoor wat met presies dieselfde probleem sit met hulle Duralyt's. Watse geweer het jy? Die enigste opsie is om die Warne monterings te ruil vir 'n montering wat "windage" (links/regs) verstelbaar is (bv Leupold) en dan by montering die ringe so te verstel dat, die kruishaar in die middel van die boresight le waneer jy in die middel van die links/regs verstel-spektrum is. Dus met ander woorde gebruik jy die monterings om jou kruishaar ooreen te stem met die boresight se middel, en nie die scope se verstellings nie. Sorg net dat jy in die middel van jou scope se verstelspektrum le waneer jy dit doen.

Groete,
Lou

Re: Teleskoop Montering probleem

Posted: Mon Feb 11, 2013 3:00 pm
by Carl
Lourens,
Ek het getel dit is 55 clicks albei kante toe, wat doen ander teleskope?

Re: Teleskoop Montering probleem

Posted: Mon Feb 11, 2013 3:30 pm
by Lourens
Carl,

Die Zeiss Duralyt verstel 1cm per click. Ek het in die brosjure bevestig dat die interne verstelling wel 110 clicks is. Dus 110cm of 1,1m wat gelyk is aan 43MOA. Dit is bitter min as mens in ag neem dat die teleskoop nog 'n 30mm buis ook het. 'n 30mm buis maak juis dat 'n teleskoop meer verstelling kan he. 'n Leupold VX-3 4.5-14x40 met 30mm buis het 116MOA se verstelling, dus sowat 2.7 keer meer as die Duralyt. Dit is abnormaal vir 'n teleskoop met 30mm buis om so min interne verstelling te he. Ek weet nie wat het die manne van Zeiss gedink toe hulle hierdie teleskoop ontwerp het nie, maar hulle het in my opinie 'n voetvoutjie begaan. Dit is wel 'n puik teleskoop, dis net die verstelling wat 'n probleem is. Om vir jou 'n indikasie te gee, en ek veralgemeen nou bietjie, maar 'n redelike gemiddelde teleskoop met 'n 25mm (1") buis het omtrent tussen 60-70 MOA se verstelling.

Groete,
Lou

Re: Teleskoop Montering probleem

Posted: Mon Feb 11, 2013 3:36 pm
by Carl
Dankie :o

Re: Teleskoop Montering probleem

Posted: Mon Feb 11, 2013 6:22 pm
by Danie Lombard .243
Dit is juis een van die groot redes hoekom ek LYNX ringe verkies, kan links en regs stel by die voorste sowel die agterste ring.

Leupold ringe is my tweede keuse.

Re: Teleskoop Montering probleem

Posted: Mon Feb 11, 2013 9:21 pm
by Carl
Manne dankie. Ek het orals advies gekry en Ruhan wat net so geweer soos ek het, het gesê daar die ringe om en maak vas aan die linkerkant plaas van regs op albei.Ek het vanmiddag hom so vas gesit op verskillende punte gemik deur die loop en dan lê die kruishaar mooi.Saterdag sal ek weer skiet.
Danie ek het op 'n Ozzie forum gelees van 'n man wat sy Zeiss gebreek het. Dis nou sonder om die ringe te lap en te veel te probeer verstel.

Re: Teleskoop Montering probleem

Posted: Mon Feb 11, 2013 10:13 pm
by Danie Lombard .243
@ Carl

Dit kan maklik gebeur (scope breek) as die persoon wat die scope monteer nie mooi te werk gaan nie en stres op die scope tube plaas. Daar is 'n prosedure om te volg wanneer 'n persoon 'n scope wil monteer. Soms lyk dit maklik maar kan baie probleme gee as dit nie reg gedoen word nie.

Is dit nie met alles in die lewe so nie?

Danie

Re: Teleskoop Montering probleem

Posted: Tue Feb 12, 2013 7:33 am
by Carl
Danie waarheid daardie! Dis ons kinders daai. Goeie basis is so belangrik en dan standvastige ringe om hulle in die regte rigting te hou. En so nou en dan moet ons die lapping tool insit, grof of fyn. En voor ons ons oë uitvee skiet hulle mooi groeperings ;-)

Re: Teleskoop Montering probleem

Posted: Tue Feb 12, 2013 9:56 am
by Rainbird
Met n 30mm tube het die vervaardiger twee keuses.

1. Meer verstelling.
2. Groter lense en beter beeld kwaliteit.

Zeiss sal altyd vir #2 gaan.

Meeste van die probleme met die monteering van die Duralyt is op CZ, Brno en Musgrave gewere wat nog die K98 tipe aksies gebruik.

Re: Teleskoop Montering probleem

Posted: Tue Feb 12, 2013 10:15 am
by Piet Pille
Carl wrote:Danie waarheid daardie! Dis ons kinders daai. Goeie basis is so belangrik en dan standvastige ringe om hulle in die regte rigting te hou. En so nou en dan moet ons die lapping tool insit, grof of fyn. En voor ons ons oë uitvee skiet hulle mooi groeperings ;-)
Mooi verduidelik! ;D

Re: Teleskoop Montering probleem

Posted: Tue Feb 12, 2013 1:04 pm
by Danie Lombard .243
Net so