Page 1 of 1
Herlaai Data 22K Hornet
Posted: Mon Aug 02, 2010 8:57 pm
by Gerhard
Ek is seker die eenigste ou hier rond wat met die 22K skiet maar meskien kan ek iemand help.
let wel die ladings is soos ek in my geweer gebruik.
Begin altyd by min lading
Dop - Winchester
Primer - Winchester Small Rifle
Kruit - S265 ( Sou darm bitter graag Lil Gun kruit uit die VSA in die hande wou kry)
Punte - 45gr PMP SP
AOL 44.15mm
Lading - 11.3gr
Laas toe ek oor chrono geskiet het het ek 2800fps gekry op die 45gr punt.
Geweer is 'n sako aksie met truvelo loop.
Re: Herlaai Data 22K Hornet
Posted: Thu Apr 11, 2013 9:07 am
by JohanP
Dankie vir die data.
Ek wil self begin laai vir my .22 Hornet
Ek is redelik moeg gesukkel met die sellier en Bellot ammunisie se kwaliteit.. En dit lyk my dit is al wat beskikbaar is..
Re: Herlaai Data 22K Hornet
Posted: Thu Apr 11, 2013 9:08 am
by Geno
JohanP,
Onthou, Gerhard se Hornet is die "K". Bietjie warmer as standard.
Re: Herlaai Data 22K Hornet
Posted: Thu Apr 11, 2013 10:04 am
by Eugene
JohanP wrote:Dankie vir die data.
Ek wil self begin laai vir my .22 Hornet
Ek is redelik moeg gesukkel met die sellier en Bellot ammunisie se kwaliteit.. En dit lyk my dit is al wat beskikbaar is..
Goue resep vir gewone Hornet is: 10,5gr S265 en 45gr koeel. Koop koeels wat spesifiek vir die Hornet gemaak is! Ek het V-max'e en Grenades en ander "varminting" koeels probeer en almal weggegee! Sierra en PMP se 45gr hornet koeels loop mooi in my geweer!
Re: Herlaai Data 22K Hornet
Posted: Thu Apr 11, 2013 10:33 am
by JohanP
Ek het gekyk na Nosler se Ballistic Tip 45gr.
Ek is nogal voorstaander van Nosler se koeëls.
Hulle sal seker net so goed soos die Sierras presteer.
Re: Herlaai Data 22K Hornet
Posted: Thu Apr 11, 2013 10:36 am
by JohanP
Geno wrote:JohanP,
Onthou, Gerhard se Hornet is die "K". Bietjie warmer as standard.
Ja, ek het gesien hy laai bietjie hoêr as die Somchem handleiding se aanbeveling.
Ek sal maar by die Somchem boekie hou

Re: Herlaai Data 22K Hornet
Posted: Thu Apr 11, 2013 10:41 am
by Eugene
JohanP wrote:Ek het gekyk na Nosler se Ballistic Tip 45gr.
Ek is nogal voorstaander van Nosler se koeëls.
Hulle sal seker net so goed soos die Sierras presteer.
Johan, 2 goed gaan 'n rol speel:
1. Die lengte van jou magasyn;
2. Die vorm en lengte van die koeel.
Jy sal moet gaan bepaal wat die maksimum TPL is wat jou magasyn jou gaan toelaat en ook gaan kyk na die vorm van die koeel. Koeels wat ontwerp is vir die Hornet is kort en stomp. Kyk maar hoe die Noslers in jou geweer vaar, ek ken hulle ongelukkig glad nie!
Ek kan net noem dat ek byvoorbeeld die Barnes Grenades in 36gr in my geweer probeer het en kom nie 'n A4 papierteiken met al 5 skote raakskiet op 100 nie...
Re: Herlaai Data 22K Hornet
Posted: Thu Apr 11, 2013 10:48 am
by JohanP
Ek het ñ "unieke" .22 Hornet

wel, ek het nog nooit so een gesien nie.
Die geweer het twee vervangbare lope (los lope).
.22 Hornet en .410 Haelgeweer.
Dit los my probleem op met magasyne, want die geweertjie kank soos haelgeweer, en net een patroon kan op ñ slag gelaai word.
Dit gaan nogal ñ interessante pad wees om te loop, want julle noem nou dinge wat ek nie aan gedink het nie.
Gaan my weer lekker besig hou op Saterdae

Re: Herlaai Data 22K Hornet
Posted: Thu Apr 11, 2013 10:49 am
by Gerhard
Eugene wrote:JohanP wrote:Ek het gekyk na Nosler se Ballistic Tip 45gr.
Ek is nogal voorstaander van Nosler se koeëls.
Hulle sal seker net so goed soos die Sierras presteer.
Johan, 2 goed gaan 'n rol speel:
1. Die lengte van jou magasyn;
2. Die vorm en lengte van die koeel.
Jy sal moet gaan bepaal wat die maksimum TPL is wat jou magasyn jou gaan toelaat en ook gaan kyk na die vorm van die koeel. Koeels wat ontwerp is vir die Hornet is kort en stomp. Kyk maar hoe die Noslers in jou geweer vaar, ek ken hulle ongelukkig glad nie!
Ek kan net noem dat ek byvoorbeeld die Barnes Grenades in 36gr in my geweer probeer het en kom nie 'n A4 papierteiken met al 5 skote raakskiet op 100 nie...
Eugene moes op die harde manier leer.
45gr SP soos PMP as jy nog kan kry of Sierra's wat spesifiek vir die Hornet gemaak is.
Dis wat jy wil laai.
Re: Herlaai Data 22K Hornet
Posted: Thu Apr 11, 2013 10:57 am
by JohanP
Gerhard wrote:Eugene wrote:JohanP wrote:Ek het gekyk na Nosler se Ballistic Tip 45gr.
Ek is nogal voorstaander van Nosler se koeëls.
Hulle sal seker net so goed soos die Sierras presteer.
Johan, 2 goed gaan 'n rol speel:
1. Die lengte van jou magasyn;
2. Die vorm en lengte van die koeel.
Jy sal moet gaan bepaal wat die maksimum TPL is wat jou magasyn jou gaan toelaat en ook gaan kyk na die vorm van die koeel. Koeels wat ontwerp is vir die Hornet is kort en stomp. Kyk maar hoe die Noslers in jou geweer vaar, ek ken hulle ongelukkig glad nie!
Ek kan net noem dat ek byvoorbeeld die Barnes Grenades in 36gr in my geweer probeer het en kom nie 'n A4 papierteiken met al 5 skote raakskiet op 100 nie...
Eugene moes op die harde manier leer.
45gr SP soos PMP as jy nog kan kry of Sierra's wat spesifiek vir die Hornet gemaak is.
Dis wat jy wil laai.
Dis goeie raad.....
Soos my pa altyd gesê het... "waarom wil jy weer die wiel uitvind?"
Re: Herlaai Data 22K Hornet
Posted: Thu Apr 11, 2013 11:02 am
by JohanP
Ek sien op Safari & Outdoor se website het hulle net 40gr Hornet koeëls.
Ek sal maar more ñ draai daar gaan maak om te hoor.
Baie dankie vir julle insette
Re: Herlaai Data 22K Hornet
Posted: Thu Apr 11, 2013 1:05 pm
by Eugene
JohanP wrote:Ek sien op Safari & Outdoor se website het hulle net 40gr Hornet koeëls.
Ek sal maar more ñ draai daar gaan maak om te hoor.
Baie dankie vir julle insette
Ek gebruik die 40gr ook met baie goeie sukses! Koop 100 en kyk hoe werk hulle in jou geweer en laat weet, sal graag wil hoor of jy reggekom het!
Groete