Page 1 of 1
Ultimax6 1-6x24
Posted: Sun Feb 10, 2013 3:54 pm
by NEGE3
Het bg. teleskoop as 'n geskenk ontvang. Gedink om op my nuwe 8x57JS CZ550 FS te sit. Ken ongelukkig nie die produk nie. Op hom staan "Made in Japan" Ek wil seker maak want die ringe en basisse moet 30mm wees anders gaan ek dalk 2 maal moet koop. Ek gaan die geweer hoofsaaklik vir bos toestande aanwend.
As iemand die produk ken of weet van dit sal ek jou komentaar waardeer.
Groetnis

Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Sun Feb 10, 2013 3:58 pm
by DWB
Geluk met daai 8x57JS CZ Fullstock, verstaan daar het net 4 of so die land ingekom en ek weet waar is 2 van hulle!
Ek het self die CZ Battue 9.3x62 FS
Ken ongelukkig nie die scope nie.
Ek het 30mm ringe wat ek nie gebruik nie, maar mens gaan THOR tipe basisse moet kry, die Battue gebruik Rem 700 tipe basisse
Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Sun Feb 10, 2013 5:51 pm
by NEGE3
Baie dankie en geluk aan jou ook. Die kaliber is maar betreklik nuut vir my. Ek het wel baie opgelees en geluister wat die 8x57 eienaars te se gehad het oor die kaliber.
Ek het 'n stel CZ basisse. Ek moet net ringe koop. Ek jeuk om by die skiebaan uit te kom. Ek het 170gr. en 196gr. punte gekry om mee te begin. Hoor die 220gr. is net so dodelik in die bos. Die Amerikaners het nou ook op die bandwagon gespring en hulle kan nie uitgepraat raak oor die Nege3 en 8x57 nie.
Sal jou op hoogte hou.
Ek skiet die Nege3 al vir 25jaar. Daai ou kerel praat net eenmaal.
Groetnis en geniet hom.
Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Sun Feb 10, 2013 5:54 pm
by DWB
Watter fabrikaat basisse is dit?
Ek het 30mm ringe wat ek sal laat gaan vir R250 posgeld ingesluit.
Dit werk op die Lynx of Thor tipe basisse.
Blykbaar kraai die 196gr koning in die 8x57JS
Ek gebruik maar die Quick Release mounts op my ÇZ gewere
Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Sun Feb 10, 2013 5:58 pm
by NEGE3
Baie dankie. Sal kyk en laat weet.
Groetnis.
Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Sun Feb 10, 2013 6:17 pm
by DWB
Reg so!
Dis die pen wat in die basis uitstaan dan maak die ringe dmv 2 "grub screws" van beide kante af vas!
Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Wed Feb 13, 2013 6:52 pm
by NEGE3
Deon ek het twee ringe geleen gekry by 'n vriend van my om die teleskoop te toets. Ek gaan volgende week een dag Krokkedilspruit Skietbaan toe om 'n ladings uit te toets. Ek moet ook my .270 Win en my skoon seun se .303 ladings toets. So ek gaan die hele dag besig wees.
Ek het op die net gesien die teleskoop word eintlik in Indonisie aanmekaar gesit. Die Amerikaners wat dit getoets het is blykbaar baie tevrede hulle kla net oor die prys. Maar jy weet mos hulle sal altyd kla tensy hulle dit verniet kry.
Groete en baie dankie vir jou belangstelling sover.
Koos
Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Wed Feb 13, 2013 8:07 pm
by DWB
Geniet hom!
En kom gee terugvoer!
Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Wed Feb 27, 2013 12:05 am
by NEGE3
Deon ek het hier iets opgespoor oor die teleskoop.
http://highlandoutdoors.co.uk/ultima.pdf
In Duitsland word hulle verkoop vir 900 euro en Engeland vir 699 pond.
Gaan hom maar probeer.
Groetnis.
Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Wed Feb 27, 2013 6:15 am
by DWB
Oom Koos,
Dit lyk heel oulik!
Ek kon nou nie als lees nie, maar het hy 'n Illuminated Recticle?
Sien iets van 'n illumination knob op die kant?
Ek hou van hoe daai scope voorkom!
Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Wed Feb 27, 2013 7:53 am
by NEGE3
Hy is identies soos daai een. Het 'n baie mooi klein rooi kolletjie in die middel wat jy die hederheid kan stel van 1 tot 10. Selfs op die 10 verstelling en 6 vergroting bly die kolletjie klein en skerp. Sy lense is ongelooflik helder in die dag en nag.
Groetenis.
Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Wed Feb 27, 2013 7:58 am
by DWB
Dan moet oom nou bietjie by die baan uitkom en kom terugvoer gee!
Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Wed Feb 27, 2013 8:03 am
by NEGE3
Het gelees op 'n Duitse en Bulgaryse jag Forum dat die jagters reken hy vergelyk met die Z6 en in hulle geld kos hy die helfte wat 'n Z6 kos. Sal so maak en jou laat weet.
Groetnis.
Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Wed Feb 27, 2013 8:05 am
by DWB
Sjoe!
Dan moet oom die persoon wat hom geskenk het maar 'n bietjie biltong gee!
Of vra of hulle nie nog toets modelle het nie, ek sal hom deur sy passies sit

Re: Ultimax6 1-6x24
Posted: Wed Feb 27, 2013 8:11 am
by NEGE3
Sal uitvind en laat weet.