Page 1 of 1
Manne met kennis.
Posted: Thu Feb 07, 2013 8:14 am
by grumpy
Ek het n Nissan Hardbody double cab 2.4.
Nou, ek wil weet wat is die prosedure want ek wil n Chevvy 350 motor in sit. Is die ratkas goed genoeg of moet ek n Cressida box kry saam met die motor?
Wat is die implikasies om die ombouing te doen?
Re: Manne met kennis.
Posted: Thu Feb 07, 2013 8:19 am
by Eugene
Sorry Grumpy, ek het nou die dag eers uitgevind 'n dieselenjin het nie sparkplugs nie....
Ek gaan jou nie kan help nie!

Re: Manne met kennis.
Posted: Thu Feb 07, 2013 8:41 am
by grumpy
Diesel?
Niks van diesel gese nie. 2.4 is petrol!
350 Chevvy motor is ook petrol!!
Re: Manne met kennis.
Posted: Thu Feb 07, 2013 10:20 am
by FHM
[quote="Eugene"]
Sorry Grumpy, ek het nou die dag eers uitgevind 'n dieselenjin het nie sparkplugs nie....
quote]
Rerig???....leer ek ook iets
Sorry Grumps, soos jy sien weet ek en Eugene ewe veel van motors en engins!
Chevvy klink vir my of hy meer ingelig is in daai rigting - wat se hy?
Re: Manne met kennis.
Posted: Thu Feb 07, 2013 10:30 am
by Cobus(Cobb)
Sit chev 350 turbo box..
Re: Manne met kennis.
Posted: Thu Feb 07, 2013 11:18 am
by Yalair
Jy sal adapterplate moet laatmaak sodat nuwe engine op belhousing pas en dan enginemountings verander/maak om op nuwe motor te pas die 350 motor is carburator so jy het nie management nodig nie so dis maar net drade reg opkoppel weet nie hoe sal 350 loop met daai ratkas nie miskien is verhouding reg, anders kan jy net dif verhouding verander
Groete
Ben
Re: Manne met kennis.
Posted: Thu Feb 07, 2013 11:26 am
by tripodmvr
Ombouings is nie altyd so eenvoudig nie. Net soos herlaai moet jy krag en komponente laat saam werk. Die groter wringkrag van die groter enjin vereis 'n ratkas wat dit kan hanteer. So ook sal jy na die ewenaar moet kyk sodat dit nie ooreis word nie. Kyk wat se maats het die' enjin in die voertuig waaruit hy kom en probeer dit soortgelyk maak na die ombouing.
Moet nie van die remme vergeet nie. Klink my al wat jou stadiger gaan laat ry is die brandstofprys.
Re: Manne met kennis.
Posted: Thu Feb 07, 2013 11:38 am
by Chevvy SS
Ek stem saam dat ombouings nie vir sissies is nie. Tandekryprobleme gaan daar beslis wees.
Bo en behalwe wat die manne hier genoem het, sal jy heel moontlik ook moet kyk na die voorste suspensie wat die ekstra gewig kan hanteer.
Ek sou eerder die bestaande enjin bietjie verander, wat ook goedkoper gaan wees. Jy kan vir lae koste tot 30% meer krag kry. 'n Ander opsie is ook die Nissan 2.8 enjin wat makliker behoort te pas met heelwat minder pyne.
Re: Manne met kennis.
Posted: Thu Feb 07, 2013 1:41 pm
by grumpy
Ek jyk ook na die 3l of die 3.4 l engine. Bietjie meer krag en torque.
Re: Manne met kennis.
Posted: Fri Feb 08, 2013 11:07 am
by grumpy
Sal die Nivara se engine pas in n gewone Hrdbody?