Page 1 of 1

My .243 Foto

Posted: Wed Feb 06, 2013 4:24 pm
by Heinf
Hi daar Manne

Ek post maar die pic onder die topic , Mods, skuif asb maar na die regte 1 toe asb, ek sukkel nog so bietjie met die nuwe Forum search function.

Howa Standaard met 22" loop . Forrest Camo Boyds Featherlight Thumbhole kolf

Image

Image

Re: My .243 Foto

Posted: Wed Feb 06, 2013 4:43 pm
by Armand Steenkamp
Hein!
Rerig waar n baie lekker roer daai! Jy gan hom gate uit geniet. Hulle wil net gropeer

Groetnis

Re: My .243 Foto

Posted: Wed Feb 06, 2013 4:55 pm
by Gawie(13mm)
Baie mooi roer. Laat die lood reën.
Net een vragie. Wat steek jy daar onder die koussie weg?
Is jy nou skaam vir die Leupold?

Groete, Gawie

Re: My .243 Foto

Posted: Wed Feb 06, 2013 5:33 pm
by Roger
Baie mooi. Wens iemand kan vir my n boyds invoer :-(

Geluk op n smart roer!

Re: My .243 Foto

Posted: Wed Feb 06, 2013 8:37 pm
by Heinf
Dankie . Ek nogal heel trots .

@7mm - maak net seker ek skraap nie die bril wat daar onder wegkruip nie . Dis n VX3L 4.5-14x50

Die bril is sommer duurdeur as my geweer . En ergste van alles is dat ek soek nou n bril vir my 30-06 ook

Re: My .243 Foto

Posted: Wed Feb 06, 2013 8:44 pm
by LUAN
Baie mooi roer daardie. Boyds maak dit darem moeilik om te kies watse laminate jy soek. Ek like die nutmeg, pepper en die forest camo. besluite besluite...

Re: My .243 Foto

Posted: Wed Feb 06, 2013 8:56 pm
by Fish 2 Hunt
Baie mooi roer, jy kan baie trots wees. Ek is op die punt om 'n laminate op my 243 te sit maar kan nie besluit watter kleur nie, die camo was hoog op my lys maar ek dink hys nou heel bo. Geniet hom.

Re: My .243 Foto

Posted: Thu Feb 07, 2013 7:11 am
by Johan Nel
Jou geweer is baie mooi Hein. Het jy al bietjie geskiet met die roer van jou? Hoe maak hy?

Groete,
JHN

Re: My .243 Foto

Posted: Thu Feb 07, 2013 7:48 am
by JTM
Regtig mooi ja. Het jy die kolf met die standaard loop groef wydte gekry? Ek wil ook een hê maar wonder of ek nie nou al die wyer loop groef een moet vat vir wanneer ek eendag die loop gaan vervang nie. Ek wonder hoe dit sal lyk om die wye groef kolf met die standaard aksie daarin...

Re: My .243 Foto

Posted: Thu Feb 07, 2013 7:58 am
by Geno
Hein,
Mooi roer daai. Laat sy koele reguit vlieg!

Re: My .243 Foto

Posted: Thu Feb 07, 2013 9:31 am
by Gawie(13mm)
JTM, dit gaan nie so halaal lyk nie.
Bestel die nouer een en as die dag kom vir 'n dikker loop, Pm jy my dan maak ons hom wyer
Groete, Gawie.

Re: My .243 Foto

Posted: Thu Feb 07, 2013 11:10 am
by JTM
Klink na 'n plan Gawie!

Re: My .243 Foto

Posted: Thu Feb 07, 2013 12:11 pm
by Marc
Bitter mooi roer daai !

Re: My .243 Foto

Posted: Thu Feb 07, 2013 12:12 pm
by Heinf
Ja het al so bietjie gesiet . Geweer skiet beter as sy eienaar op die stadium .

Die kolwe kom standaard vir loop dikte , en die standaard loop pas netjies in hom , maar hy sal n dik loop ook vat .

Ek dink nogsteeds om dalk die glass bedding te laat doen , maar weet nie wie en waar om te kyk nie .

Dan dink ek ook om n klein KD op te sit .

Re: My .243 Foto

Posted: Thu Feb 07, 2013 12:59 pm
by Swede
Baie mooi

Lyk soos myne :) :)

Re: My .243 Foto

Posted: Thu Feb 07, 2013 3:44 pm
by Heinf
Op my 30-06 ?

Re: My .243 Foto

Posted: Thu Feb 07, 2013 5:45 pm
by Albert_7
Het jy lae ringe saam met daai scope?

Re: My .243 Foto

Posted: Thu Feb 07, 2013 9:25 pm
by Heinf
Lae ringe is die orde van die dag op haar ja . Het nog so paar pics geneem , wat ek more sal post . Sommer my .22 en bench ook afgeneem .

Re: My .243 Foto

Posted: Thu Feb 07, 2013 10:28 pm
by Albert_7
Ek het self so scope en het die heletyd gewonder of ek lae of medium ringe nodig gaan hê. Hy moet nog op my Rem 700 kom, maar wag nog vir die liksens. Watse brand ringe het jy op?

Re: My .243 Foto

Posted: Fri Feb 08, 2013 6:38 am
by Heinf
Leopold ringe

Re: My .243 Foto

Posted: Fri Feb 08, 2013 8:40 am
by Heinf
Nog so paar pics om die scope beter te wys , maar nogsteeds maar van die selfoon af geneem

Image

Image

Image

Image

Die nederige .22

Image

En dan my tuisgemaakte bench

Image

Re: My .243 Foto

Posted: Fri Feb 08, 2013 8:52 am
by theedge
Baie mooi roer maat

Re: My .243 Foto

Posted: Fri Feb 08, 2013 8:56 am
by Carl
Mooi geweer! Bring bietjie die teikens ook later by dat ons kan sien wat hy maak.

Re: My .243 Foto

Posted: Sun Feb 10, 2013 6:09 pm
by Lamtjop
Roger.
In nuwe Magnum adverteer Hot Power Arms, Boyds kolwe vir Mauser K98, Howa 1500 en Rem 700.Tel : 011 660 2420
Groete Tjops