Page 1 of 2

Watter Kombi om te koop?

Posted: Wed Feb 06, 2013 3:50 pm
by Penkop
Middag almal!

Met 'n gesin wat groei begin dit tyd raak om te kyk na 'n groter kar...

Ek sal graag 'n VW Kombi wil koop, maar dit sal 2de hands moet wees - die nuwes in net te duur.

Ken julle die nukke en grille van die verskillende modelle? Almal kom met die 2L TDI enjin uit:

75kw - Dalk bietjie lam in die gat?
103kw? - Goeie gemiddeld?
132kw BiTDI - Twee turbo's = dubbeld die moeilikheid?

Ek wil nou nie 'n kar koop en 10 000km later 'n turbo of injectors vervang nie. (Blykbaar kos injectors ak net so 'n kortkoppie duskant R10k elk...)

Watter model is die veilige opsie?

Enige raad sal baie waardeer word!

Dankie by voorbaat!

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Wed Feb 06, 2013 4:00 pm
by Louis Kriel
Moet net nie n Toyota Hi Ace koop nie. Hy word binne drie dae n taxi! O0

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Wed Feb 06, 2013 4:28 pm
by mw
Kyk maar gerus na die hyundai H1 kombi, ek het een, baie lekker kombi en bekostigbaar

Groete

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Wed Feb 06, 2013 4:29 pm
by savage(P Coetzer)
My een swaer het die 2.5tdi auto vw kombi wat hy in die jaar wil verkoop.
Weet net dat sonder die nodige diensplan is n vw maar n duur meneer om te onderhou.

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Wed Feb 06, 2013 6:33 pm
by marthinus100
Die Hyundai bussies is regtig nice, maar as ek geld gehad het, het ek lankal vit my n Mercedes Vito gekoop. Daai goed ry lekker en hope plek.

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Wed Feb 06, 2013 7:17 pm
by Penkop
Dirty-06,

Dis hoekom ek nie eens 'n Toyota oorweeg nie...

MW,

Het jy die 2.4 Petrol of 2.5 TDiesel?

Ek hou van Hyundai, het net gehoor dat hul so biki lui is?

Moet ek eerder kyk na Hyundai Nuut, of kan mens na 2de hands kyk?

Dankie!

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Thu Feb 07, 2013 8:24 am
by savage(P Coetzer)
Ford bring een van die dae ook n kombi uit. Gaan glo net die 2.2tdi inkry.

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Thu Feb 07, 2013 8:52 am
by namhunt
Penkop

Ek ry die 2010 een. Baie lekker motor. Ek kry in die stad so 11.75km/l. Die dienste is bietjie duur, maar dis mos maar VW se moeilikheid daai.
Langpad het ek al 13.3km/l gekry, maar dit was 'n baie rustige trip. So 120km/h gehou.

Groete
Daan

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Thu Feb 07, 2013 2:55 pm
by Penkop
Savage,

het jy 'n idee van die Ford se prys?

Namhunt,

Hoeveel kw sit jou Kombi uit?

Dankie vir die terugvoer!

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Thu Feb 07, 2013 3:26 pm
by namhunt
Penkop

Jy vra my vas. Dis die 2l model wat Avis uithuur. Die nuwes is vir my te duur.

Groete
Daan

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Thu Feb 07, 2013 4:47 pm
by savage(P Coetzer)
Penkop ek het nie n idee nie.
My swaer het iets gesê dat hy strawwe kompetisie vir die Hyundai H1 gaan wees.
Ek sien op Ford se website is die nuwe transit maar die paneel wa, nog nie die familie wa nie. Kom glo bietjie later.

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Fri Feb 08, 2013 7:14 am
by tokjak
ek het die 2,5 . baie gelukkig en genoeg krag. kan goeie een 2de hands kry vir onder R250k

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Fri Feb 08, 2013 10:47 pm
by mw
Penkop,
Ek het die 2.4 petrol, hy is bietjie lui as jy n trailer sleep, maar die diesel loop lekker! Vir hulle prys kan jy maar n nuwe een Koop.

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Fri Feb 08, 2013 11:22 pm
by Penkop
MW, hoe's jou petrol verbruik?

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Sat Feb 09, 2013 11:54 am
by johnny
EK HET DIE 1.9 TDI FANTASTIES , GEEN PROBLEME IN 120000 KM BEHALWE WATERPOMP, SAL NOOIT WEER IETS ANDERS WIL RY NIE, NET TE LEKKER OM AL DIE SPASIE TE HE VIR KINDERS, JAGVRIENDE, OF RUGBY TOERE.

GROETNIS

Johnny

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Sat Feb 09, 2013 4:26 pm
by kopskoot
My keyse sou n Fortuner wees. Ook 7 sitplekke, net meer versatile, en jy gaan baie vêr soek om beter waarde vir geld te kry.

Hulle het motorplanne, en is goedkoop om te onderhou,selfs uit hulle motorplanne uit.

Sterkte met die keuse!

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Sat Feb 09, 2013 5:49 pm
by Penkop
Johnny,

Is die 1.9 nie bietjie lui met 'n vrag kinders nie?

Kopskoot,

Ek hoor jou, maar ek wil nie 'n sleepwa ook sleep nie!

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Sat Feb 09, 2013 6:25 pm
by kopskoot
Penkop,hoeveel kinders het jy?

Tensy jy die "longwheel base" kombi koop, sal jy in elkgeval n trailor moet sleep, want die kortetjie het ook nie veel van n boot nie!

Het almy swaer s'n gery. Het seker genoeg krag, maar daai kort eerste rat sal my dood maak. Ek het ook maar mybedenkinge oor sy relatief klein enjintjie se lewensduur. Voel vir my of hy heeltyd te' hard werk.

Ek hou maar van overkill!

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Sat Feb 09, 2013 9:14 pm
by Penkop
Kopskoot,

Dis hoeveel kinders ek het nie, Maar eerder hoeveel beplan ek om te hê!!

Groot ding kom in as hul Oumas en Oupas moet saam ry, dan sal die Fortuner nie werk nie.

Ek deel jou sentiment oor "overkill" - Ekt gewonder of ek nie eerder 'n 3.2 V6 moet soek nie?! Klink my hy kan jou 9km/L gee op die langpad?

Maar as jy ooi ry,luier die enjin net heeltyd en behoort jare se vreugde te gee? + jy het die krag as jy dit nodig het....

Dorp gebruik is blykbaar iets vreesliks op jou petrol rekening.... ( So 5km/L blykbaar)

Hierdie kombi's is ook maar skaars.

Wat dink julle?

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Sat Feb 09, 2013 9:19 pm
by kopskoot
Daai 3.0L klink na n beter opsie. Is dit die enjin wat die Taureg in het? Indien wel , is dit die regte een.

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Sun Feb 10, 2013 10:31 am
by johnny
Penkop

Gaan ry n draai met een jy sal wragtig verbaas wees, 8 groot manne met n trailer en sy cruising spoed is 140km/h , daar is oorgenoeg pakplek in daai boot , en jy sal nie nodig he vir n trailer nie, maar toets bestuur een en jy sal hom onmiddelik koop. Hy is lig op diesel , tussen 11 en 13 km/l teen enige spoed.

groetnis

Johnny

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Sun Feb 10, 2013 4:46 pm
by mw
Penkop,

Ek kry 9 km/l, die H1 het 8 leer sitplekke met nog n eksta klein sitplekkie voor en n lekker groot boot.
Gaan toetsbestuur een en besluit maar self

Groete

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Sun Feb 10, 2013 9:50 pm
by Penkop
Dankie vir al die raad, eks besig om toetsritte te reël. Sal laatweet wat gebeur! Maar as daar nog raad is, laatweet asb!

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Mon Feb 11, 2013 10:26 am
by tokjak
sorry ,ek meen ek het n 1.9 .....oor as genoeg krag met n vol vrag . het saam met johnny n groot vries trailor na huntex geleep , met n paar ton in ....no problem

Re: Watter Kombi om te koop?

Posted: Mon Feb 11, 2013 10:41 pm
by Penkop
Dankie vd terugvoer Tokjak. Ongelooflik wat hul uit 'n 1.9 enjin haal!

Nuwe Pryse lyk so:

VW 75kw begin by: R380k
VW 103kw begin by: R450k
VW 132kw begin iewers bo 500k

Hyundai 2.4 Petrol: R330k (124kw omenby)
Hyundai 2.5 Diesel: R410k (126kw omenby)