Page 1 of 1

Nikko Sterling

Posted: Thu Jul 29, 2010 2:49 pm
by Cobus(Cobb)
Danksy Piet Breedt en 'n paar ander manne is my Burris bestel en hopelik op pad..Die agtergeblewenes is nou 'n Nikko Gameking,en 'n ou Bisley 4x32..(met T vormige kruishare)....wil net weet wat julle kommentaar is oor die 2 skope

Re: Nikko Sterling

Posted: Thu Jul 29, 2010 4:18 pm
by JACQUES BOTHA
Jy sallie verkeerd gaan nie....
groete
JB

Re: Nikko Sterling

Posted: Sun Aug 01, 2010 8:09 pm
by Piet Breedt
Cobb, watter Burris het jy bestel, en waar?

Safari & Outdoor het nou weer n besending in gekry teen baie goeie pryse.

Re: Nikko Sterling

Posted: Sun Aug 01, 2010 9:42 pm
by Cobus(Cobb)
FF2 4.5-14x42 OA  prys op, van R3600(vorige stock) na R4000, BY SAFARI&OUTDOOR....ek wag nog vir manne se komentaar op nikko en bisley...of hoort die twee by "vir die lagspiere" afdeling??

Re: Nikko Sterling

Posted: Mon Aug 02, 2010 5:24 pm
by Piet Breedt
Cobb, uitstekende keuse. Laat weet oor so paar maande wat jy van hom dink.

Re: Nikko Sterling

Posted: Thu Aug 05, 2010 8:44 pm
by stephensonsknives
ek gebruik n 3-12x52 nikkosterling diamand op my 300 winmag en 7 x 64 bren
die 300 win mag skiet konstant op 300 en 400 meter met die nikko en dit het my baie verbaas .ek kan dalk n paar fotos opsit
kruitdampgroete

Re: Nikko Sterling

Posted: Fri Aug 06, 2010 11:48 am
by Danie Lombard .243
Ek het besit 'n 10X42 Nikko Sterling sniper scope. Dit was op my .300 gewees. Daai scope het net goeie diens gegee. Het rumour gehoor dat USSR die 10X42 scopes ook gebruik Waar of onwaar weet ek nie.

Tans het ek 'n Burris op my .300 Ek het hom laas ingestel toe ek die scope monteer het. Ander dag weer 'n gemsbok deur die ore geskiet met die .300 Burris daar in die suid VS. Die geweer/scope het agter op die bakkie gery in geweer sak van my na bloem en toe na vaderkoof dam, Ver grondpad gery. Scope behou sy zero perfek.