Page 1 of 1

Kalibers??????

Posted: Thu Jul 29, 2010 12:03 pm
by Superdup
Goeie dag almal!

Ek sit met 'n probleem!

Tans het ek 'n 243, 'n 7mmRM en 'n 300WM op my naam.

My pa het die 270 op sy naam.

Ons het 'n 223 en 'n 25-06 onlangs by 'n oorlede familie vriend gekry!

Ek voel dat die 7mm RM en die 300 WM te 'na' aan mekaar is!

Die 7mm RM het baie sentiment vir my, maar ek skiet glad nie met die 243 en 300 nou nie!

Dit is net 'n helse kop krappery wat om te maak!

Kan iemand dalk bietjie advies lewer oor die keuses wat ek en my pa moet maak?

Ons jag redelik, enige iets van 5 tot 6 keer per jaar, meestal koedoe, springbok, blesbok en gemsbok en dis meestal op oop vlaktes in die Vrystaat, Bo-Karoo, of die suide van Namibi? en ook in die Noors-vlaktes van die Jansenville omgewing! Ek is redelik aktief by ons jagters vereniging en neem deel aan alle skiet dae wat ek kan! So daar world gereeld geskiet!

Enige advies sal help!

Re: Kalibers??????

Posted: Thu Jul 29, 2010 12:15 pm
by KSV
Superdup,

Is jy 'n toegewyde Jagter?

Die ander vraag is of jy al die kalibers wil he of gaan gebruik.

Soos ek aflei is die 7mm die eerste een wat uitspring as jy die kluis oopmaak ;D

Die 243 en 25-06 gaan baie lekker werk op die baan, dink hulle gaan so bietjie goedkoper wees om op die baan te gebruik as die 7mm.

As julle nie van die ander dan gebruik gaan maak nie en ook nie baie sentiment aan hulle het nie kan jy hulle altyd van die hand sit.  Gewoonlik soek ons ander "Gun nuts" nog gewere ;D  So ek glo nie jy gaan sukkel om hulle van die hand te sit nie.

PM my as jy van hulle van die hand wil sit, ek weet gewoonlik van manne wat soek?

Hoop dit help so bietjie?

Kalahari Groete
Hein

Re: Kalibers??????

Posted: Thu Jul 29, 2010 12:15 pm
by Geno
Hallo Superdup,
Welkom hier.
Laat jou pa die 300 en 223 op sy naam kry, dan sit jy die 25-06 op jou naam dan het jy:
243
7mmRM
25-06
En jou pa:
270
223
300

Enige bok waar julle jag sal omdop met daai kombinasies.

Groete,
Eugene

Re: Kalibers??????

Posted: Thu Jul 29, 2010 12:24 pm
by Taylor
Superdup

Ek dinkGeno het n baie goei voorstel, Kyk na die voorgestelde kombinasie dan sal jy dit raaksien.

Sterkte
Taylor

Re: Kalibers??????

Posted: Thu Jul 29, 2010 12:55 pm
by Superdup
Dankie vir die opinies dusver!

Ja ek is 'n toegwyde jagter, hier in die Villiersdorp/Caledon omgewing!

My gedagtes het ook in daardie rigting in gewaai!

is die 223, 25-06 en die 300 nie 'n goeie kombinasie nie? :-\

Dan word nie 270 verkoop en ek hou die 243 en 7mm en koop 'n 338 of iets?

Re: Kalibers??????

Posted: Thu Jul 29, 2010 1:10 pm
by Geno
'n 338 skop die enamel van jou tande af, dis onnodig baie geweer, die 300 en die 7mm met swaar koeels kan skiet net wat 'n 338 kan.
Laat ek my kombinasies verduidelik.
Kombinasie 1:
243 - Kompetisies en als tot op blesbok size bokke.
25-06 - Kompetisies en als tot en met Hartbees grootte wild.
7mm - Als tot en met eland(175gr Barnes-X) en bosveld jag.
Kombinasie 2:
223 - Als tot op blesbok.
270 - Als tot op Koedoe (160gr Nosler Partition)
300 - Enigiets tot op eland (220gr Nosler Partition) en bosveld jag

Hoop dit maak sin.

Groete,
Eugene

Re: Kalibers??????

Posted: Thu Jul 29, 2010 1:15 pm
by Superdup
Dit maak nogals sin, dankie baie!

Ek het hierdie 'topic' onder die verkeerde onderwerpslys geplaas, het net algemeen gesien, :P weet dit , maar os nuut en kom sulke dinge altyd te laat agter!

Dankie weerheens

Re: Kalibers??????

Posted: Thu Jul 29, 2010 2:39 pm
by Danie Lombard .243
Los tog net die .338 plan doodstil. Die .338 is nie man se maat as dit by sekuur skiet kom nie, hy skop woes.

Re: Kalibers??????

Posted: Thu Jul 29, 2010 2:41 pm
by Geno
Danie,
Nou praat jy waar!
Ek dink met 'n knaldemper en Limbsaver-pad is hy darem so bietjie getem.

Groete,
Eugene

Re: Kalibers??????

Posted: Thu Jul 29, 2010 6:18 pm
by Danie Lombard .243
.300 win mag uber alls, javol!!  Die plat skiet vermoe van 'n 300 win mag is bo verdenking. Let op na die ballistiese tabelle en sien dat die .30 kal magnums voor in die koor is met energie op 300 meter gelaai met 220 tot 250 grein punte.