Page 1 of 3
Redenasie van natuurbewaring
Posted: Wed Jul 28, 2010 1:00 am
by Francois B
http://www.youtube.com/watch?v=jn5HHrCG9pg Ek hoop die link werk! Ek wens ons natuurbewaring het hierdie tipe houding gehad! kyk videos1-8 nogal baie inligting!
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 1:04 pm
by tafjak
Ek wonder of ons nie hier kan gesels hoe ons(boere, jagters en almal wat belang stel) wat ons sien wat "Natuurbewaring" behels? Net ons eie siening en nie noodwendig wat die Wet of instansies bepaal nie.
Ek sal nou probeer noem wat in my kop aangaan:
1. Die grond/aarde is tog seker die begin van natuurbewaring, bome, bossies, gras, berge, riviere, water, fonteine ens.
2. Daar sal tog nie 'n haas, steenbok, ystervark, luiperd, leeu, hyena, olifant, koedoe, kraai, lammergeier kan oorleef sonder goete in punt 1 genoem.
3. Genoeg ruimte.
Dit is 'n begin op die vraag van my en hoop dat ek darem onder julle iets by sal hoor en bietjie verder hieroor sal kan gesels.
Voorspoed
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 1:47 pm
by Mac
Taffie,
Ek wil nou nie 'n stok tussen die speke gooi nie, maar die dae van 'n stuk grond af te sper en te se dat dit nou 'n bewaringsgebied is en daar sal geen oortreding wees is, wat Afrika betref, verby.
Bewaring, en natuur bewaring veral, is nie meer die owerede se koningkrykie nie. Die mees suksesvolste bewaring in die wereld is hier in SA, Europe en die VSA gedoen deur jagters, jagtersverenigings en boere. Sonder boere sou die swart wildebees, onder andere, nie meer bestaan het nie. Sonder jagters en hulle verenigings soos ECGMA, Ducks unlimited, Kaapjag en 'n menigdom ander, wat 'n waarde aan wild gegee het, sou ons meskien net dieretuine oor gehad het. Volhoubare benutting is die enigste moontlikke bewarings model wat deesdae bestaansreg en vooruitsig aanbied.
Die boere in hierdie land, sowel as elders in die wereld bewaar verreweg meer stuks wild as die owerhede, en as en my nek wil uitsteek, veel beter ook. Die boere wat nie by uitstek wild boer nie, het ook groot getalle wild, groot gebiede klimax veld, massiewe gebiede geskik vir voels en kleinwild, leef saam met die ekosisteem, en pas hulle vee en boerdery daarby aan, so ook hulle predasie bestuur. Ek se nie almal leef en boer saam met die natuur en die bewarings "ethos" nie, maar ek is dood seker dat die oorwldige meerderheid beter bewaarders is as 80% van die self aangestelde en staats aangestelde bewaarders, en seker 100% van die wat dink hulle het al die antwoorde.
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 6:09 pm
by Dawie
tafjak wrote:
Ek wonder of ons nie hier kan gesels hoe ons(boere, jagters en almal wat belang stel) wat ons sien wat "Natuurbewaring" behels? Net ons eie siening en nie noodwendig wat die Wet of instansies bepaal nie.
"As groen bona fide kleinveeboere is die bewaring van ?n biodiversiteit waarbinne daar "humane" met skape geboer kan word, ?n prioriteit wat ons voortbestaan verseker.
Daagliks word 5400 kleinvee deur roofdiere vermink of gedood op skaapproduserende plase landswyd. Net so onaanvaarbaar as wat die veilige teenwordigheid van ?n kat in ?n vo?ltjiehok is, is die jakkals se teenwoordigheid op ?n skaapplaas of die leeu s?n op ?n beesplaas.
Die lyding wat skape deurgaan a.g.v. jakkalsteenwoordigheid kan geensins as ?humane? beskryf word nie.
Net soos die skaap se teenwoordigheid onvanpas is in die biodiversiteit van ?n wildpark; net so is die jakkals s?n in die biodiversiteit van die skaapplaas.
Ons bly onomwonde verbind tot die vohoubare bewaring van die grond, plante en diere, in hierdie volgorde, waarop ons voortbestaan op aarde geskoei is.
Dit is ook totaal onvanpas om regulering op veeplase af te dwing, sonder regulering van die eiendomme waarop probleemdiere aangehou en toegelaat word om onbeheers aan te teel, om dan vir die veeboere probleme te skep. "
Met permissie "gecopy" van Joseph Steyn
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 6:17 pm
by Louis102
tafjak wrote:
... wat "Natuurbewaring" behels? ...
Taffie
Ek weet nie waarop jy afstuur nie, maar onthou 'n vraag op soortgelyke trant veel vroe?r in die Forum se bestaan? Hier is my half sent alla FM:
Natuurbewaring sal in huidige tye daarmee te doen h? om slimmer en meer volhoubaar uit die natuur te haal en te fokus op die gebruik van hernubare bronne. Vir solank ons in beheer van hierdie planeet geplaas is, moet ons sorg dat soveel moontlik behoue bly vir die nageslag. Ons grootste uitdaging is om globaal in die basiese behoeftes van die massas te voorsien, want vraag wat nimmer eindigend groei tesame met die gierigheid van die mens is seker die vernaamste gevare as dit kom by die uitwissing van bronne in die natuur.
Dit beteken dus byvoorbeeld dat ons bedreigde spesies in die selfde mate moet beskerm, as wat ons moet voorkom dat "peste en plae" ons produksie vermoe? onder druk plaas. As dit om oorlewing gaan, voel 'n mens wat honger genoeg is, waarskynlik 'n veer vir die natuur.
Natuurlik het dit ook 'n plek, maar natuurbewaring is vandag baie meer as 'n mooi natuurreservaat met al die diere waaraan jy kan dink.
Of is ek van die wa af?
Louis
Ns. hierdie opstel was met twee bladsye verkort nadat ek myself begin verveel het.
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 6:34 pm
by Ponkie
Ek dink iets wat mooi gepaard saam met hierdie topic gaan is CHASA se slogan. Dit wat op hulle sticker staan wat mens op jou ryding plak.
NO HUNTING... NO WILDLIFE
Kort en kragtig, maar ek dink dit se baie.
Groetnis
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 6:51 pm
by Louis102
Ponkie
Vertel my, is die oordrewe groen aktiviste daar op die kampus nog steeds so bleek? In tye vanmelewe kan ek onthou hulle hare was altyd lank en toiingrig en hulle jeans het 'n blommetjie op gehad en was vuil. Deesdae lyk baie studente so, maar kon nooit verstaan hoekom die oordrewe groene aktiviste so bleek is nie? Hulle is tog veronderstel om baie in die son te kom met die dat hulle so lief vir die natuur is?
Louis
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 7:02 pm
by tafjak
Dawie, Mac en Louis
Dankie vir die lekker gesels en ja, net wat ek vermoed het, die manne op die site het nogal 'n goeie of sal ek s? 'n baie goeie idee van natuurbewaring en dit sommer so met die daaglikse take in die boerdery en werk te besef en gesien. Nie nodig om enige universiteite te besoek nie en dan natuurlik dit te besef om self volhoubaar te kan boer. Om te kan boer met vee
en 'n bestaan daarvan te maak sit nou nie in enige man se lyf nie. Gewoonlik boer 'n mens om self, sy nageslag en ook die se nageslag op die grond te kan laat voortbestaan. Min of meer 'n hele paar dekades of eeue. Weet van grond in my distrik wat amper 2eeue in dieselfde familie se besit is en nog geen einde in sig is nie.
Ek weet nie waarop jy afstuur nie, maar onthou 'n vraag op soortgelyke trant veel vroe?r in die Forum se bestaan?
Ja, sal jou en mede saamgeselsers vertel: Ek het deur die loop van gister(22 Oktober 2010) oproepe van Bool Smuts en Rob H-White gehad en gedog dat ek miskien net hierdie geselsie aan die gang kry om myself net weer te verseker dat my p?lle op die site(wat min of meer almal en dit sluit Riempies in is) hulle natuurbewaring ken en toepas.
So om by my vragie en 2puntstelling aan te sluit wil ek so bietjie verder probeer dink(dog stadig genoeg dat Rieme kan bybly):
So as die veld/grond getrap word kan ons nie boer nie, die olifante sal vrek van die honger, die steenbokke gevoer moet word deur kos ingevoer van buurstate of oorsee. As die vee-, wild-, graan- en groenteboer hul gatte afvee aan volhoubare benutting van die grond gaan ons ook vrek van die honger as ons nie gaan bakhand staan in enige ry voor sopkombuis nie. My punt wat ek probeer maak is dat die boere hulle tog moet mooigedra op hul eie grond anders is dit baies afdraand vir die nasie teen een helse spoed. As die boere nie hierdie benadering getoon het in die afgelope 300jaar nie, sou daar nie grond vir meer as 2eeue in dieselfde familie se besit gewees het nie. Daar sou nie meer wild en natuurlewe op die gronde gewees het nie.
Daar is egter ook iets anders wat nie sou oorgebly het nie, Parke, Wildreservate en Bewarings gebiede sou nie vandag bestaan het nie, want alle grond is 300gelede geboer en geen van genoemde natuurbewaring instansies was daar van enige sprake in daardie jare nie. Die instansies het ontstaan agv. die boerdery en deur boerdery se toelating.
'n Verdere punt wat ek probeer maak is dat as ons tog nie kan met vee(groot en klein) volhoubaar boer met leeus of tiere tussen die vee nie. Daarvor het Paul Kruger saam met 'n paar vriende gesorg en die groot Parke tot stand gebring word. Ek gee nie om wie wat s? nie, maar as Paul Kruger hardegat was, sou niemand iets reggekry het daardie tyd nie.
So is daar van vroeg af die nut en belangrikheid van natuurbewaring by ons gekweek. Ons ouers en voorouers het dit na my mening ook goed aan ons oorgedra. Daarom is die grond waarop ons boer bewaar en dit wat daarmee saamgaan soos vee en die fauna en flora.
Ek sal verder gesels soos die gesprek loop.
Mooiloop
Ps. Rob en Bool sal ook hier lees en is bly dat ons hulle die geleentheid gee om ons siening te sien.
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 7:03 pm
by Dawie
Ek hoor daai dwaasgroengroepe soos PETA ens. word deur die FBI dopgehou. Dan moet daar mos 'n skroefie los wees?
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 7:06 pm
by tafjak
Ponkie
Ja, dit is baie waar en kan jy terwyl jy tuisgaan by "Manne met die dikrille en dikjasse" sommer uitvind hoeveel grond in dieSanparke se besit is? Landswyd en miskien ook benaderde berekenings hoeveel in Privaatparke se besit is.
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 7:08 pm
by tafjak
Dawie
Ek hoor daai dwaasgroengroepe soos PETA ens. word deur die FBI dopgehou. Dan moet daar mos 'n skroefie los wees?
..........appels!
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 7:15 pm
by tafjak
Dawie, Louis, Mac en Ponkie
Wat dink julle sal gebeur as 'n bedreigde spesie soos, kom ons noem dit die rooikat waarvan daar net 100 oor is in die natuur van 100 000 hektaar losgelaat word met net leeus, luiperde, hyenas, wildehonde jagluiperde. Geen wildsbokke om te vang, geen torre om te eet?
Hierdie is net voorstelling en toon nie my verwronge idee van nutuurbewaring nie.
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 9:32 pm
by Louis102
tafjak wrote:
... die rooikat waarvan daar net 100 oor is in die natuur van 100 000 hektaar losgelaat word met net leeus, luiperde, hyenas, wildehonde jagluiperde. Geen wildsbokke ...
Sal hulle seker maar met ietsie moet voer wat die boere produseer? Miskien 'n ou vleisie of mieliepap? Weet net nie hoe lank hulle gaan leef nie, want die ander diere gaan seker redelik honger wees en Adam s? juis 'n rooikat smaak nes hoender.
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 9:37 pm
by Dawie
tafjak wrote:
....die rooikat waarvan daar net 100 oor is in die natuur van 100 000 hektaar losgelaat word met net leeus, luiperde, hyenas, wildehonde jagluiperde. Geen wildsbokke om te vang, geen torre om te eet?
Dit klink soos Karoo Nasionale Park oor 'n paar jaar

Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 9:41 pm
by Ponkie
Oom Louis en Taffie
Ek sal Oom se, ek sien net so nou en dan van die groenes en Hippys, maar een spesie wat al hoe meer op kampus te sien is, is daai spesie wat vir die ander span speel. O my magtig Oom, as ons so 5 of 6 manne is wat oppad koshuis toe is en ons loop so een raak kry daai knaap darem swaar onder ons!

Ons vertel vir hom/haar baie mooi wat ons van sy uitrusting dink en ook hulle manier van loop. Dit is eintlik vir ons van groot vermaak! haha!
Oom taf, ek sal bietjie kyk of ek so iets kan uitvind, moet nou net eers deur hierdie simpel eksamen kom!
Groetnis
Ponkie
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 9:43 pm
by tafjak
Louis
Die storie begin vorm aanneem en lyk vir my huidiglik al so:
As die grond na gekyk/opgepas word sal daar 'n haas en steenbok wees wat weer vir kat en jakkals sal kos gee wat weer meer gras en bossies(hase en steenbokke word dan deur katte en jakkalse beheer) sal oor los vir die koedoes en rooibokke wat weer vir die luiperd en hyenas kos gee. Omdat die koedoes se gtalle deur die leeus en tiere beheer word, word daar weer meer blare en takke vir die renosters en buffels gelos om te kan oorleef. Intussen is daar genoeg olifantmis vir die miskruier en torre. Tot so bietjie gras vir die springkane. Maar as die springkane 'n lang lewe gehad het sou hulle al die koedoes en rooibokke se gras gevreet het. En dit is nou net hier waar die popo die fan slaan.
Sal weer verder gesels.
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 9:53 pm
by tafjak
Ponks
moet nou net eers deur hierdie simpel eksamen kom!
........OOOOOOOOOO! nie geweet julle leer ook so bietjie nie!

Janee, sal ook nie te hard op jou wees nie.
O jy s? daar is redelik van die soort wat links kolf. Ag die ou mensdom van ons, weet ook nie altyd wat hy moet doen nie! Seker maar nie lekker orals nie. Maar, hulle s? die gewoonte word nie ingete?l nie, maar aangeleer weens die gebrek aan te min son. Brein word so bietjie vrot!
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 10:05 pm
by tafjak
Dawie

O ja! Netso my maat, netso! En om te dink dit het binne 30jaar gebeur. Hier is al manne op die site wat langer as dit boer. Dit is erg daar, gelukkig besef die owerhede dit. Wat egter erger as dit is, is 'n privaat park wat nou eers 9jaar oud is. Vir elke jakkals getel daar kon net 59hetktaar gevind word. Maw, vir elke 56hektaar is daar 'n jakkals.
Nog ietsie is dat as jy kon mag boer op hierdie privaat park sou jy vir elke 1000 hektaar 17groot(volwasse) jakkalse gehad het. Daar is op een staduim(een nag) 11 tewe getel wat kleintjies gehad het op minder as 3000 hektaar. As die somme gemaak word gee dit vir my min of meer 12kleintjies + 17 volwasses per 1000 hektaar.
Dawie, ek het nice foto vir jou en Joseph. Sal dit email, want my photobucket het my gelos al vir meer as 6weke.
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 10:23 pm
by Louis102
Ponkie
Wat vertel jy my nou, asof daar nie genoeg mooi meisies is nie, stel 'n hele klomp van die "manne" nie eers belang nie? Hoe gelukkig kan jy nou wees? Die dametjies se tonge sleep seker amper op die grond van luskry vir 'n k?rel? Klink na die regte plek vir 'n volbloed boerseun om te wees!
Maar terug by ernstiger dinge, as daai "manne" nou net die jakkalse kan leer om ook verkeerd om te kolf, sal dit darem mooi werk. Dan kan ek meer tyd by vroulief en die kinders kan spandeer, want die natneus rooihonde se teelgate sal dan leeg wees, is dit nie?
Mooileer
Louis
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sat Oct 23, 2010 10:41 pm
by Louis102
tafjak wrote:
.... En dit is nou net hier waar die popo die fan slaan ....
Ek lees lekker aan hierdie verhaal. Ons kom seker nog by die deel waar Moeder Natuur haarself in ewewig hou, soos deur al die eeue heen?
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sun Oct 24, 2010 8:22 am
by tafjak
Louis
by die deel waar Moeder Natuur haarself in ewewig hou,
Ek vermoed ook so. Nou as die springkane dele opgevreet het begin van die fauna maer word en die leeu vreet die swak goed op en die ander vrek van hongerte totdat net paar oor is en die hele ou storie begin weer van vooraf as dit lekker gere?n het. Van die diere is so bietjie in die moeilikheid omdat getalle laag is en mag totaal uitgewis word deur die tiere. So sal dit aangaan, oor en oor.
Maar omdat hier ook 'n paar siele is, dit is nou ouens soos die Jaracal-familie(mense) en die Dikboek dit eeue terug beveel het dat die mens oor die fauna en flora sal regeer, sal van die slimmes sorg die krities uitgedunde diere soos die kleinkolkat nie totniet sal gaan en hulle so bietjie in aanhouding meer maak en later weer in parke loslaat(soos darie girls die vlekke uit die kaste laat kom). Mac het dit in sy reply mooi uitgespel. Die mens hou daarvan om in mens gemaakte skuilings te bly en met sulke goed rond te ry wat ons karre noem. Ongelukkig moet die skuilings en karre gemaak word van grondstowwe uit die aarde geneem en dit is dan ook 'n skending van die natuur. Die mens hou daarvam om steaks en chips te eet, maar kan nie chips maak van iets anders as aartappels nie, so hulle moes die ou groente self uitdink en verbou. Omdat die mens van melk hou, moes hulle ook beesras uitdink om volhoubaar(Kojak het dit weer so mooi verduidelik) te kan melk drink.
As die mens nie aartappels en beeste gemaak het nie sou die Elande uitgewis gewees het om te voorsien in al die steaks. Olifantmelk is ook glo nie lekker nie, maar as ons olifantmelk moes drink sou daar nie meer werkers gewees het nie omdat Oom Olifant die die wynverkoelde papaangedrewe werkers elke saterdag doodgetrap het. Die galjoene sou ook nie meer saam met ons gewees het as ons net vis soos die Eskimo's moes eet nie en Freddie sou baie kwaad gewees het.
Omdat die mens nie net van die natuur kon leef(volhoubaar) nie, moes hyself planmaak om homself te onderhou en tog deel van die natuur behoue te hou. Maar omdat die mens so baie(meer as die springkane) word, word die natuur al meer getap en gedruk om aan die mens se behoeftes te voorsien. Die mens(alle boere) het toe goedgedink om te voorsien in
alle behoeftes om te kan oorleef en dit is natuurlik alles wat ons eet. Die mens het net skuilings en kos nodig om te kan oorleef.
Die volgende lekker dinge word ook uit die natuur gehaal soos; karre en huise, maar nie lewensnoodsaaklik nie. Dit bring my die punt dat die boer die begin van alles is om te kan oorleef.
Min of meer is dit alles is wat ek wou uitkry en julle moet nou maar help om my weer op die pad te bring.
1. Solank die grond nie vergaan nie en instand gehou word is alles ok.
2. Fauna en flora sal bly voort bestaan as die grond bly. Leeus, tiere, jakkalse, katte, olifante, renosters, duikers, visse, grasse, bome, bosse, kraaie, vinke ens in hul eie kraal(parke en waar dit moontlik is). Ons kan tog nie met haaie in die Sahara, met bobbejane in Anartika of Noordpool boer nie. Elke ou het sy plek. Peste, kwale en ongelukke sal hul getalle beheer. Iewers staan geskryf dat: "Jy hom aan die hakskeen sal byt en hy jou kop sal verbrysel".
3. Die mens en hulle goete soos; huise, karre, merino's, Nguni's en nog 'n klomp goete op hul plek. Kan tog nie leeus op die plaas laat rondloop nie of vir darie matter buffels in Potgieterstraat in Pretoria aanhou nie.
Ja, ek is seker weer van die wa af, help my reg asb! Dink ook nou net dat as die medisiese voortuitgang HIV sou uitlos, ons darem al minder as die springkane sou gewees het. Oordadigheid is die mens se swakplek en dit word deur dokters gereguleer en eintlik is hulle(dokters) die oorsaak dat die jakkalse die volk se steaks opvreet.
Mooiloop
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sun Oct 24, 2010 8:52 am
by Francois Marais
Taffie
Jou hele redenasie gelees en ek stem saam.....
Oordadigheid is die mens se swakplek en dit word deur dokters gereguleer en eintlik is hulle(dokters) die oorsaak dat die jakkalse die volk se steaks opvreet.
Mooi loop
Francois
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sun Oct 24, 2010 9:12 am
by Dawie
Wat my irriteer is hoe daai "in vogue" groen terme misbruik en "ad nauseum" gebruik word soos die woord "holisties" (gelukkig nie meer so baie nie), maar een wat nou veral op melkkliere werk is daai f*%*n woord "BIODIVERSITEIT". Dis die verskoning vir alles.
"BIODIVERSITEIT"."BIODIVERSITEIT". "BIODIVERSITEIT"......AAAAAH EK WIL K@TS!!!!!
WHLEUOUAAH!!!! spoeg spoeg
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sun Oct 24, 2010 10:52 am
by wannaby
Hello manne
Soos Dawie se broer altyd vir my s? jy kan dit nie hou nie so nou sal ek ook weer 'n eier l?.
Naby Sutherland (Roggeveld) is ouens ek dink van Engeland wat 'n plaas daar gekoop het met die doel om die plaas wat sogenaamd vertrap was te herstel (nie dat nie was nie of te wel ek het dit nie gesien toe hulle dit gekoop het nie) Hulle het die veld toe vir jare laat l? en nie regtig wild of iets in gesit nie net die klein wild wat daar was het daar agter gebly. Te verstane dat jakkalse in troppe aangeteel het ( Dawie het al teen die plaas gejag) Die probleem is dat jakkalse vleis eet en nie bosse nie. Ek was nie nou onlangs weer daar nie maar die renosterbosse was uitgegroei soos bome so ook al die swakste bosse waaraan jy kan dink.( die bosse het natuurlik nou die beter bosse verdring) Nou vra ek maar net of die "omgewingsbewustes" nie nou meer skade aangerig het aangesien ons skappies tog maar die veld ook in balans moet hou net soos die diere mekaar in balans moet hou nie. Ek dink ek het al elders op die forum genoem maar my voorstel is dat die omgewingsbewustes wat so opdruk dat ons nie jakke moet dood nie maar dat hulle net moet gelos word sodat hulle hul eie gebiede "rule" twee jakke vat reun en teef natuurlik en op Robbin eiland gaan los hulle kan twee pare ook vat net om hul punt te bewys aangesien daar lyk my genoeg natuurlike prooi vir hulle is. Volgens hulle redenasie sal die jaakke aanteel tot die gebied versadig is en dan sal hulle ophou aanteel (as ek hulle reg verstaan) As die toetsie positief vir hulle uitwerk kan ons mos maar die doodmakery los (Ha Ha) Dit lyk my Taffie jy is op goeie "speaking terms" met die manne jy kan die voorstel aan hulle deurgee.
As ek begin wil ek net 'n sin skryf maar wel ek kan die nie hou nie
Groete Wannaby
Re: Redenasie van natuurbewaring
Posted: Sun Oct 24, 2010 10:59 am
by Louis102
Taffie
Man, jy gesels darem lekker.
As ek jou dan reg verstaan is Moeder Natuur se manier om alles in ewewig te hou eerstens om die oortolliges te laat vrek van die honger, tweedens om 'n dodelike siekte of epidemie onder hulle te laat uitbreek of derdens om te sorg dat jou vyande jou hakskeen byt en jou kop vermorsel? Dit lyk nie mooi wanneer Moeder Natuur ingryp nie, as ek jou reg verstaan nie. Sy (Moeder Natuur) kan nogal wreed raak as ons die opdrag (om mooi te kyk na God se skepping) verontagsaam? Soms moet ons seker verstaan dat alle mense in die stad (somtyds dokters) nog nie by was as die springbokke begin vrek van die honger en blouluis hulle pak tydens droogte nie. As die koedoes op hope begin vrek van hondsdolheid of 'n majestuese, statige koedoebul te swak raak om draad te spring en dan deur die roofdiere gepak raak en lewend verskeur word nie. Alles is dus nie so rooskleurig wanneer Moeder Natuur die harde besluite neem nie?
Nog iets wat ek graag by jou wil uitklaar is of dit 'n "dokter" of 'n "doktor" is wat die oorsaak is dat ons tjops deur die jakkalse opgevreet raak? Ek ken so een wat hard probeer om die boere te laat skuldig voel oor dit waarmee ons besig is. Maar dan, aan die ander kant, praat die Groot Boek mos iewers daarvan dat vals profete ons om die bos gaan probeer lei. Miskien het ek nou die kat aan die agterw?reld beet? Wat ek wel weet is dat meeste van ons hier lees en skryf omdat ons respek, deernis en liefde vir die natuur het.
Groete
Louis