Page 1 of 1

CZ 550 Battue visier

Posted: Sat Feb 02, 2013 11:21 pm
by mariusr
Manne my seun is op soek na die agterste visier vir sy 9,3x62 cz 550 battue So lang visier die een wat op was het die vorige eienaar geskuur om die teleskoop te laat pas nou is die op geneuk en hy het dit in elke geval toe af gehaal slim jan!Fromalito wil hom 'n plaas se prys vra want moet glo invoer want cz maak nie meer die battue nie!Hy het Leupold vx3 1.75-6x32 op gesit maar wil ook graag oop visier kan skiet! Help asb! as daar een erens in 'kluis le?

Groete
Marius

Re: CZ 550 Battue visier

Posted: Sun Feb 03, 2013 8:03 am
by DWB
Oom Marius,

Dit is ek en Spekieries op die forum wat Battues het.

Ek het myne afgehaal en gebruik nou 'n ghostring.

Maar ai, ek sal dit nie oor my hart kry om hom te laat gaan nie.

Net so terloops, al voel die visier baie lekker, en al lyn hy vinnig op, het hy maar 'n paar probleme as dit by vinnig skiet kom, te veel weerkaatsende vlakke.

Ek het Warne QD ringe en basisse op my geweer en dit werk soos 'n droom. Ek het die gleuf op die agterste een laat oor sny vorentoe op die basis en hom toe laat "tap" agter en 'n ghostring ingedraai.

Re: CZ 550 Battue visier

Posted: Sun Feb 03, 2013 8:16 am
by mariusr
Dankie DWB lyk my jy het 'n plan daar!

Groete

Re: CZ 550 Battue visier

Posted: Sun Feb 03, 2013 8:23 am
by DWB
Ek sal vir oom fotos opsit, is eintlik eenvoudig, 'n geweerbelt stud met die fyn skroefdraad maak 'n oulike visier ;D

Re: CZ 550 Battue visier

Posted: Sun Feb 03, 2013 8:39 am
by mariusr
Ja asb! Sit foto's dan kan ek hom wys!

Groete

Re: CZ 550 Battue visier

Posted: Sun Feb 03, 2013 8:47 am
by DWB
Ek is nou op my foon en nie naby my rekenaar nie.

As oom haastig is stuur my oom se foon nommer dan MMS ek dit

Re: CZ 550 Battue visier

Posted: Sun Feb 03, 2013 9:00 am
by mariusr
071 6313389 dankie!

Re: CZ 550 Battue visier

Posted: Sun Feb 03, 2013 9:33 am
by DWB
Gestuur, onthou net, die visier moet ge-centre word op 'n Milling Machine

Re: CZ 550 Battue visier

Posted: Sun Feb 03, 2013 9:37 am
by mariusr
Dankie DWB gekry stuur net nog een van die hele geweer om te sien hoe vertoon dit of plaas sommer op forum!

Dankie

Re: CZ 550 Battue visier

Posted: Sun Feb 03, 2013 9:39 am
by DWB
Ek sal moet neem!

Net nie nou by die huis nie.

Re: CZ 550 Battue visier

Posted: Mon Feb 04, 2013 11:55 am
by spekieries
Jislaaik DWB

Dit is nou 'n goeie plan om die Ghostring van daardie ogies te maak. Ek sal dit onthou as my 8x57 'n 416 Taylor word.