Page 1 of 1
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Tue Jul 27, 2010 7:26 pm
by Nico Harris
cz 550
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Tue Jul 27, 2010 7:32 pm
by Robert
Ek het n CZ 550. Baie tevrede en kry goeie groepe. Hul verkoop nuut teen R16000.00. As jul n sportklub het kan jy dit dalk daardeur koop. Sterkte. Robert
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Tue Jul 27, 2010 7:37 pm
by Gerhard
CZ 550

Re: fabrieks .375h&h
Posted: Tue Jul 27, 2010 9:19 pm
by Rooies
Majuba
Kyk maar hier na maandag se kant toe, dalk verander die 6.2% na 8.5%en is dit moontlik.
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Fri Jul 30, 2010 3:39 pm
by Boesman
Ek dink nie die BRNO ZZK 602 word meer gemaak nie, en is vervang deur die CZ550. Ek hou nie van die De Lux nie omdat die kolf te veel afbuig na agter. Die Standard het 'n reguit kolf. Ek skiet clover leaves met PMP se 286gr Super Solids.
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Thu Aug 12, 2010 9:51 am
by Louis Kriel
majubaketie wrote:
watse fabrieks .375 beveel julle an vir i staats amptenaar op i budget soos ek?
Ek is so bly daar is nog van "ons" mense in die staatsdiens! Jy kan nie verkeerd gaan met 'n CZ550 nie.
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Thu Aug 12, 2010 9:58 am
by spekieries
Ek is ook een, maar 'n hoenderwyser. Het 'n CZ 550 in 9.3x62. Baie baie tevrede. Die geweer in VSA maak ook groot opgang in die groter kalibers.
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Thu Aug 12, 2010 10:06 am
by 243Songdaug
Jy sal nie fout maak met die 550 nie - die outjies skiet hond uit 'n bos uit en is baie akkuraat.
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Sun Aug 15, 2010 7:29 pm
by 243Songdaug
Hul pasmaak gewere vertoon mooi' en ek sal self nie omgee om 1 te kan koop nie, maar ek het 'n sleg ondervinding gehad met 'n 25 loop so ek is nie op hierdie stadium baie impressed met hul lope nie.
Ek gee toe dat dit 'n dat kong gewees het en enigeen kan 'n glipsie kry, maar loopruil is so 'n pyn dat ek liewer by 'n bekende vervaardiger koop wat ek ken.
Daar is manne wat weer BAIE tevrede is met hul lope - ek was talk net badluck.
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Sun Aug 15, 2010 11:03 pm
by Boesman
Majuba
Wat is jou budget? Miskien kan ons jou help soek? Ons ore is tog altyd op die grond.
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Fri Aug 20, 2010 7:21 am
by Gerhard
majubaketie wrote:
heti 1 vasgestel nie. Wil die ding net kan afbetaal en truvelo sal my toelaat
Ek stoei nog met my 500 Jeff wat ek by Truvelo laat bou het...
Nou het my peep sight wat hulle gebou het gebreek...

Re: fabrieks .375h&h
Posted: Fri Aug 20, 2010 12:19 pm
by Geno
Ek het 'n kontak by Truvelo, skree as ek moet help met iets.
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Fri Aug 20, 2010 3:59 pm
by Gerhard
majubaketie wrote:
hoe was hulle naverkoope diens?
Die geweer het vir amper 8 maande daar gestaan totdat ek hom terug gekry het...
Hy is weer oppad terug.
Hulle het vir my peep sight op die 500 gesit en die peep vas ge brase of iets, eerste stamp wat hy gekry het die laaste week en die peep is af...
Nou moet hulle weer die sight reg maak...
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Wed Sep 01, 2010 7:27 pm
by Nico de Jager
Jis Majubaketie
Ek sien nou eers jou post. Lyk my ons het dieselle jeuk! Ek kyk na die nuwe Winchester wat nou weer gemaak word. Gaan Vrydag na hulle kyk maar weet nie of daar n 375 in voorraad is nie.
Wat kos so geweer by Truvello?
Groete
Ribbok
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Thu Sep 02, 2010 8:36 am
by KSV
Majuba,
Ek het myne so stuk stuk gekoop. Eers die loop bestel toe die aksie en kolf, toe 16 maande gewag vir die lisensie en nog drie vir die geweer.
Die oefening het my net so onder die R14000 gekos sonder teleskoop, ringe en blokke. Moet dan net se hy skiet te lekker. Het op die PMP groepering komp. 'n 18.8 mm groep met hom geskiet.
Groete
Hein
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Thu Sep 02, 2010 6:16 pm
by Gerhard
majubaketie wrote:
Geno wrote:
Ek het 'n kontak by Truvelo, skree as ek moet help met iets.
danki-sal so maak. Gerhard behalwe vir die sight hoe is die res van die geweer?
Was gister by Truvelo gewees.
Sight af gehaal (No Questions Asked)
Hoop om hom einde van die maand terug te kry en dan is die sight gebou op milling masjien.
Ons het baie ekstra werk laat doen vandat ek die geweer die eerste keer gekry is.
Ek dink Rodney het saam met my geleer wat werk en wat werk nie as ek die geweer terug vat.
Op die stadium is ek gelukkig met die geweer maar moet nou begin ladings uit werk sodat hy geskiet kan word om sy akkuraatheid te bepaal.
As ek lemoen size groep oor stokke op 50 meter skiet sal ek happy wees want die geweer is nie gebou vir fein skiet op 100 meter + nie maar wel vir vinnig skiet wanneer daar nie kaans is vir 2de skoot nie en iets op jou wil klim of jou gelyk maak met die aarde...
Ek sal terug voer gee soos ek aan gaan met die projek.
Re: fabrieks .375h&h
Posted: Fri Sep 03, 2010 7:51 pm
by KSV
Majubaketie,
Hier iewers is n foto. Sal Maandag bietjie kyk waar hy is.
Dis n zastava magnum aksie tr?velo loop met n Richards gelamineerde kolf.
Hein