Page 1 of 2

6mm bynes

Posted: Tue Feb 10, 2009 10:50 am
by WillJak
Hier is baie manne wat met reg lief is vir die 6mm?s as dit kom by jag van jakkalse. Ek weet nie steek ek nou my kop in ?n bynes in nie, maar wat van die 6mm Musgrave, gebou op s? ?n lekker sterk P14 aksie? Mens sal daai man mos kan laai hier na .243 Ackley se spoed toe, of nie?

Re: 6mm bynes

Posted: Tue Feb 10, 2009 12:30 pm
by JACQUES BOTHA
JY SAL BESLIS DAAI SPOED KAN KRY...AFHANGENDE WATSE DOPPIES JY KAN KRY..
EN OF DIE GEWEERSMIT WAT JOU 6MM GESNY HET  SY BES GEDOEN HET ..MAAR TEORETIES IS DIT MOONTLIK..VOLGENS MY ALTANS

Re: 6mm bynes

Posted: Tue Feb 10, 2009 6:30 pm
by tafjak
Willem

Jy sal eers 'n ander loop moet opsit as dit 'n oorspronklike 6mm Musgrave loop is. Die lope spesifiek vir 6mm Mus gewere was van laer standaard as vir die Remingtons, 243's ens omdat die druk in oorspronklike 303 doppe tot rondom 35000 Psi beperk is.

Raynie help as ek van die stoep af is.

Taffie

Re: 6mm bynes

Posted: Tue Feb 10, 2009 7:34 pm
by raychell
Taffie
Riaan het een op 'n Lyttelton aksie en ons het geen probleem met hom gehaat nie.Verder het oom Francois Mare van Witbooisvlei met een geo?s dit was indie 80s hy het 90gr sako koe?ls gebruik en daai goed het gemoter.As daar van swakker lope gebruikgemaak is glo ek nie dit sou op 'n P14 geskroef geword het nie.
Raynie

Re: 6mm bynes

Posted: Tue Feb 10, 2009 7:41 pm
by raychell
SAMI speks vir 6mm Musgrave is 50763psi
                    .243                  60193psi
Dop kapasiteit vir 6mm is 7gr minder so ek dink nie dit sal heel veilig wees nie al word beide tot 60000psi gelaai, wat die P14 maklik sal kan hanteer. :-\

Re: 6mm bynes

Posted: Tue Feb 10, 2009 8:18 pm
by Tomcat
Raychell

Sal n ou n 300 wsm dop kan afnek om n 6mm punt te kan vat? Iets soos daai 115gr Bergers. Lekker hoe BC. Indien nie hoe sal n mens daai punt teen 3500f/s kan skiet?

Tomma

Re: 6mm bynes

Posted: Tue Feb 10, 2009 8:39 pm
by Freek
Manne, kyk ek is nou nie 'n geleerde ou nie... maar iets se vir my julle praat nou van groot vuur as jy 300wsm af nek na 6mm. Ek het al 'n 7mm STW patroon in my hand gehou en ek nou vir julle verseker sommer so met die oog opslag kon jy sien daai ding is gebou vir spoed.

Re: 6mm bynes

Posted: Tue Feb 10, 2009 8:53 pm
by raychell
Tomma
Ek het gedink dit sal kan werk,ongelukkig nie met ons kruit nie maks uit 30" loop 3300.
Reloader 22 sal so 3450 gee,dan is daar die vraag is sal die berger kan hou teen daai spoed,die 90gr .22 Sierra kon nie 3500 hanteer nie .Ek dink ons het by Overbore uitgekom nie eers die .244HH mag kan daai spoed beryk nie.
Raynie

Re: 6mm bynes

Posted: Tue Feb 10, 2009 9:04 pm
by raychell
Toe ons met die 6mm mach4 gewerk het het ons BLC12.7 kruit by Somchem gekry,S385 was te vinnig en dit was met 85gr Koe?l.BLC 12.7 is'n 50 browning spherise kruit maar ek dink dit sal ook te vinnig wees vir die 115 berger

Re: 6mm bynes

Posted: Wed Feb 11, 2009 5:58 am
by raychell
Jammer
Nou net een van daai blikke kruit uitgegrawe die goed is B12.7
Raynie

Re: 6mm bynes

Posted: Wed Feb 11, 2009 8:12 am
by WillJak
Danie Raynie en die ander manne. Nou vir ?n verdere klip. Wat van ?n 6mm Jaracal ? ons vat daai 6mm Musgrave met sy slap skouer, sny die kamer vorentoe en skiet die dop se skouer hoek skeper = meer kapasiteit = meer spoed??

Re: 6mm bynes

Posted: Wed Feb 11, 2009 9:13 am
by JACQUES BOTHA
wiljak ek dink die twist op daai 6mm musgraves is perfek gewees vir n 100gr puntjie  ek weet party manne sukkel met die ligter puntjies op die ou musgrave lope...
ma dalk is dit nie die reel nie ....dalk werk dit in ander 6mm lope...(post musgrave era lope)

Re: 6mm bynes

Posted: Wed Feb 11, 2009 9:51 am
by tafjak
Ek het geweet daar IS Vrystaters op die forum.

Re: 6mm bynes

Posted: Mon Mar 30, 2009 9:21 pm
by Christo
Iewers elders op die forum lyk dit vir my asof die turbo 6mm's se exhausts dit nie lekker maak nie. Teen  R5000 vir 'n Bartlein loop is dit amper R 5.00 per patroon.

christo

Re: 6mm bynes

Posted: Mon May 04, 2009 10:11 am
by WillJak
Is so, die turbo 6mm's vreet maar die loop se keel op maar daar is raad - begin met 'n 30" "bull barrel" en na so 1200 tot 1500 skote sny jy hom van AGTER af terug en sny weer 'n kamer - nou sit jy met 'n effens korter loop maar hy's weer goed vir 1200 tot 1500 skote. En R5 per skoot is seker baie, maar aan die ander kant, as jy vir jakkie jag vir 'n lewe maak daai vinnige 6mm die lang skote net soveel makliker, "hy skiet so lekker want hy loop so lekker (plat)"..... ;)

Re: 6mm bynes

Posted: Tue May 05, 2009 11:37 pm
by Francois Marais
Verder het oom Francois Mare van Witbooisvlei met een geo?s dit was indie 80s hy het 90gr sako koe?ls gebruik en daai goed het gemoter.
raychell

Van waar af ken jy my ou vader. Ja, hy het twee gehad, ou skyfskiet 303's, ek dink merk4's, wat hy 6mm Musgrave lope laat indraai het. Ek het ook vakansies met een help skiet, 1983-84 se tyd. Lekker geskiet maar nie n patch teen vandag se vinnige 6mm's nie.

Ek stem, jy sal nie n 6mm Musgrave teen 243 spoed geskiet kry nie.

Ek het n 6mm TBR, n wild cat wat ek die plan van n ou in die states gekry het. n 243 Win dop, met n BR se nek en skerp skouer. Ek het ongelukkig n 1in 8 twist loop en skiet op die oomblik 105 A-Max'e op hom, maar die man beweer dat die kal meer akuraat sal wees as n 243, a.g.v. langer nek en n beter loop lewe gaan gee, a.g. v. minder kruit. Ek dink met n 1-14 loop en 65 V-max'e of 70 Sierra HP/BT punte kan dit nogal mooi werk. Jammer die tydige koms van die 6mm/6.5*47 Lapua het die outjie se kanse kortgeknip. Ek dink ek het die enigste reamer wat nog gemaak is. Sommer ma net vir interresantheid.

Mooi bly

Francois

Re: 6mm bynes

Posted: Tue Feb 23, 2010 9:36 pm
by Dawie
Siende dat daar teen my gediskrimineer word omdat ek nie met 'n 6mm ding skiet nie.  En my swak selfbeeld,  my oordeel belemmer,  en almal probeer tevrede stel.  Het ek toe nou maar vir 'n back-up(hieroor seker ook moeilikheid kry).  'n Savage 243 1 in 12"twist gekoop.  Dis van daai met die 26" fluted stainless loop en ek het vir hom 'n thumbhole lamineerde kolf opgesit.  Gaan hom laat ream na 6mm Rem AI.

W?!!!!

Re: 6mm bynes

Posted: Tue Feb 23, 2010 9:42 pm
by Christo
Dawie wrote: Siende dat daar teen my gediskrimineer word omdat ek nie met 'n 6mm ding skiet nie.  En my swak selfbeeld,  my oordeel belemmer,  en almal probeer tevrede stel.  Het ek toe nou maar vir 'n back-up(hieroor seker ook moeilikheid kry).  'n Savage 243 1 in 12"twist gekoop.  Dis van daai met die 26" fluted stainless loop en ek het vir hom 'n thumbhole lamineerde kolf opgesit.  Gaan hom laat ream na 6mm Rem AI.

W?!!!!
Dawie, geniet hom ou maat. Die populerheid van die 6mm pla my baie. Die punte vir herlaai is skaars, skaars op die rak of dit is weg, skaars. Goeie bewys dat jy die regte kaliber gekry het.

Christo

Re: 6mm bynes

Posted: Tue Feb 23, 2010 9:51 pm
by Dawie
Thanks Christo

Nou vir die vingers vreet en sweet episode met Bothma se manne,  sal die keer daai verniet motifering wat ou by Kaapjag kan kry gebruik.  Hy't(JB) juis Saterdag ges? hulle is bly as hulle die jagorganisasie motifering by 'n aansoek kry.  Gaan die liksens time.

Kojak

Re: 6mm bynes

Posted: Tue Feb 23, 2010 9:55 pm
by Christo
Dawie,

Ek weet nie of dit nog so is nie maar toe ek my appelle gedoen het het ek by Horst( dink dit was by hom ) sulke mooi sertifikate gekry waarin Kaapjag be-aam dat hulle jou aansoek oorweeg het en ondersteun. Volgens Oom Dolf Visser sou die SAPD dan sonder meer goedkeur.

Dit het toe so gebeur maar die sonder meer het meer as 18maande gevat.

Christo

Re: 6mm bynes

Posted: Wed Feb 24, 2010 9:36 am
by Francois Marais
Dawie

Jy moet ons op hoogte hou van daai roer se performance as jy hom eers het en toets en skiet en geniet en........

Mooi loop
Francois

NS Hoop hy maak die wag die moeite werd.

Re: 6mm bynes

Posted: Wed Feb 24, 2010 11:11 am
by Biker
JULLE  6MM MANNE IN DIE BYNES SPOOK LEKKER OM N' PLAT PROJEKSIE TE KRY NE ?


BIKER  [222-50 TIKKA]

Re: 6mm bynes

Posted: Wed Feb 24, 2010 11:22 am
by Beyers
Biker
Ek hoor kloppers in bloem het van daai 222-50 patrone
;)Beyers

Re: 6mm bynes

Posted: Wed Feb 24, 2010 11:32 am
by Biker
BEYERS
  Ek kom min in Bloem.  Org Hamman laai vir my-jammer ek weet nie             

Biker

Re: 6mm bynes

Posted: Wed Feb 24, 2010 12:21 pm
by Francois Marais
Beyers

Dis deesdae blykbaar DIE kaliber om te he. ;) ;)

Mooi loop
Francois