Page 1 of 2
WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Thu Jan 31, 2013 12:17 pm
by varkjagter
DAGSE KERELS
IS DAAR IEMAND WAT WEET VAN N PRIVAAT SKIETBAAN OF PLAAS IN OF NABY GAUTENG WAAR N MENS TOT OP 1000 METER KAN OEFEN ?
EK HET VIR MY N TRG 42 IN 338 LAPUA AANGESKAF EN DIE KEREL WIL NOU HARDLOOP. N MENS KAN NIE N WINDHOND OP HOK HOU NIE !!!
GROETE VARKJAGTER
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Thu Jan 31, 2013 12:46 pm
by Jean Marais
Welkom hier by die Forum Varkjagter. Stel jouself bietjie voor daar by nuwe aansluitings, en vertel meer van jouself.
Daar's nie juis 1000m skietbane in privaatbesit waarvan ek weet nie. Gnl Piet Joubert dink ek is 1000m, maar dis 'n weermag fasiliteit. Weet nie of jy by die bisley ouens sal moet aansluit om daar te kan skiet nie.
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Thu Jan 31, 2013 12:55 pm
by Varminter-308
Julle manne moet duimvashou......
Ek n Voeltjie hoor fluit van n 1000m baan wat naby Bapsfontein gaan oopmaak. Tot 220 manne kan gelyk skiet.
Sal kyk of ek weer meer kan uitvind.
Groete
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Thu Jan 31, 2013 12:56 pm
by THOMAST
Onegelukkig gaan baie van die militêre bane jou nie toelaat om met jou geweer daar te skiet nie, agv die uitvals gebied. Meeste militêre bane se uitvals gebiedens is gemaak om die 303 en 7,62 koeëls veilig te hanteer. Ongelukkig is die 338LM 'n bietjie haastiger en loop hy verder as wat hulle uitvalsgebiede is.
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Thu Jan 31, 2013 3:05 pm
by varkjagter
EK HOU DUIM VAS VIR DAAI BAPSFONTEIN BAAN !!!!!
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Thu Jan 31, 2013 3:49 pm
by Greyghost
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Fri Feb 01, 2013 7:42 am
by Mars67
Genl Piet Joubert is net tot op 800m en die Heidelberg baan gaan tot op 900 meter. Die enigste militêre bane wat tot 'n 1000 meter gaan wat ek nog op was is De Brug in Bloemfontein en Dirkie Uys in Potch. Ek praat nou van bane wat ingerig is vir klein geweer. Daar is seker militêre bane wat langer as dit is.
Daar was verlede jaar probleme om siviele skuts op van die militêre bane toegelaat te kry. Dit lyk my is opgelos maar ons was genoodsaak om aan te sluit by die Militêre skiet klub.
Die 900 meter afstand is maar 'n oorblyfsel van die langafstand skiet kompetisies wat in Engeland in Wimbledon (en toe later op Bisley) sy ontstaan gehad het in die vroeë 1800s en waar hulle tot op 1000 yards geskiet het. Dit is bv. waar die Palma kompetisie sy ontstaan gehad het en dit met voorlaaiers. 1000 yards is 914m en dit is maar die langste afstand wat vandag se Bisley steeds op geskiet word. Ek kan nie praat van die moderne gewere nie maar ek kan wel vir julle sê dat 900 meter basies die maksimum is vir die voorlaaier tegnologie wat beskikbaar was in die 1800s. Ons skiet basies met dieselfde tegnologie en daar is 'n stelling tussen ons voorlaaier skuts en dit is dat daardie 100 meter van 800 tot 900 meter die vêrste 100 meter in die wêreld is.
'n Duisend meter baan op Bapsfontein sal werklik uitstekend wees.
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Fri Feb 01, 2013 8:11 am
by Benbrand
Sover ek weet is Krokkedilspruit (uit op die Molotto pad) 1000 yards.
Groete
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Fri Feb 01, 2013 11:00 am
by Varminter-308
Ludwig.
Ek het in Januarie nog 500m geskiet op Krokodil. Wanneer het hulle hom korter gemaak?
Ek sal julle op hoogte hou met daai baan manne. Ek is een wat nie kan wag nie.
Daar is nog n 1000m baan in Pelindabaas ek reg is. Maar jy moet n lid wees by die Big Bore manne.
Groete
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Fri Feb 01, 2013 11:10 am
by Geno
Varminter-308 wrote:
Daar is nog n 1000m baan in Pelindabaas ek reg is.
Pelindaba is 'n 300m baan
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Fri Feb 01, 2013 11:11 am
by Eugene
Varminter-308 wrote:
Ludwig.
Ek het in Januarie nog 500m geskiet op Krokodil. Wanneer het hulle hom korter gemaak?
Ek sal julle op hoogte hou met daai baan manne. Ek is een wat nie kan wag nie.
Daar is nog n 1000m baan in Pelindabaas ek reg is. Maar jy moet n lid wees by die Big Bore manne.
Groete
Skiet daai manne nie met oop visiere nie? Wat wil hulle tot op 'n 1000m skiet?

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Fri Feb 01, 2013 11:26 am
by Varminter-308
Ek moet bietjie die man vasvat waar ek my inligting kry...lol
Dankie Geno
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Fri Feb 01, 2013 11:45 am
by Varminter-308
Ludwig......
Dit is VRYDAG...!!!!!
Kort nie sulke nuus nie.
Waar gaan ons dan nou gaan?
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Fri Feb 01, 2013 11:58 am
by Greyghost
Ek het gongs op 500m by krokodilspruit so 2 weke gelede geskiet so hoop hulle los die 500m baan oop
Varmiter hou ons asb op hoogte met die ander baan sal graag a langer baan wil he.
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Fri Feb 01, 2013 1:48 pm
by Dawie Malan
Is die 1000 meter baan by Penindaba waarna julle verwys nie Skurweberg Skietbaan nie? Weet nie of hy nog bestaan nie. Die plakkerskamp langsaan het hom seker nou al oorheers. Ek onthou dat ons tereurwapenopleiding daar gedoen het en na ons geskiet het het die honde van die plakkerkamp gaan snuffel daar waar ons ons rat-packs geëet het. Op die bokant van die baan stel ons toe die paar Draganov's op en skiet die 11-1-11 uit die honde uit. En toe gaan kla die kaptein/hoof van die plakkers by die Bev en die volgende dag, toe 11-1-11 ons.
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Sun Feb 03, 2013 5:24 pm
by Greyghost

Ludwig het my eie gongs gevat. en met die 6XC geskiet
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Tue Feb 05, 2013 2:33 pm
by Benbrand
Geno, is daai gonge op Krokkedilspruit heel bo teen die kop 500m? Ek tweifel... Hulle is darem maar wyd jong!
Die baan offisier het laasmaand nog vir my gese toe ek daar gan skiet het, dat die afstande 100m, 200m, 300m, 500m en dan 920m (1000y) met gonge op 300, 500 en 1000.
Groete
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Tue Feb 05, 2013 3:23 pm
by Hercules Louw
Dawie Malan wrote:Is die 1000 meter baan by Penindaba waarna julle verwys nie Skurweberg Skietbaan nie? Weet nie of hy nog bestaan nie. Die plakkerskamp langsaan het hom seker nou al oorheers. Ek onthou dat ons tereurwapenopleiding daar gedoen het en na ons geskiet het het die honde van die plakkerkamp gaan snuffel daar waar ons ons rat-packs geëet het. Op die bokant van die baan stel ons toe die paar Draganov's op en skiet die 11-1-11 uit die honde uit. En toe gaan kla die kaptein/hoof van die plakkers by die Bev en die volgende dag, toe 11-1-11 ons.
Skurweberg is jare al net 'n plakkerskamp.
Die baan by Pelindaba is tussen die berge agter die AEK geboue. Die SA Jagters se Centurion tak skiet ook daar, dit is maar sowat 300m lank.
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Tue Feb 05, 2013 5:53 pm
by Jean Marais
Ludwig wrote:Benbrand wrote:Geno, is daai gonge op Krokkedilspruit heel bo teen die kop 500m? Ek tweifel... Hulle is darem maar wyd jong!
Die baan offisier het laasmaand nog vir my gese toe ek daar gan skiet het, dat die afstande 100m, 200m, 300m, 500m en dan 920m (1000y) met gonge op 300, 500 en 1000.
Groete
Ben, ek het nog nooit 'n 1000y afstand of gong daar gesien nie. Die laaste gong, (was altyd 'n bergskaap) hang op 500m. Het hom al gerange. Dis die laaste gong heel bo teen die koppie. Of die skaap nog daar hang weet ek nie, maar as mens nog verder as dit wil skiet, gaan jy bo-oor die koppie skiet.

Ludwig is heeltemal korrek. Die baan is net 500m, en ongelukkig het affirmative shopping onlangs heelwat skade aangerig. Gonge en selfs die afdak vanwaar jy skiet is als gesteel.
Pelindaba se baan is wel langer as 300m, ek dink dis 800m as jy op Google-earth kyk. Slegs 300m word nog aktief benut, die res is deur bos en gras ingeneem.
Groete
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Wed Feb 06, 2013 9:27 am
by JuanPaul
Ludwig wrote:Varminter-308 wrote:
Ek het in Januarie nog 500m geskiet op Krokodil. Wanneer het hulle hom korter gemaak?
Ek dink die silhouette manne mag nog tot 500m skiet daar, maar nie seker nie. Agv van die opwaartse hoek waarteen daar na die 500m merk geskiet moet word, het hulle besluit dat dit onveiligig is, en mens maklik oor daai koppie kan skiet. Ek weet daar word nie eintlik meer teikens op 500m toegelaat nie, maar hoe "amptelik" dit is, weet ek nie. Indien dit nog nie amptelik korter gemaak is nie, gaan dit binnekort gebeur.
Dagse almal,
Ons het laas jaar Oktober die SA silhouette kampioenskappe daar geskiet, hier is die afstande op `n foto van die baan, hoop dit help julle.
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Wed Feb 06, 2013 11:07 am
by Gerhard
JuanPaul wrote:Ludwig wrote:Varminter-308 wrote:
Ek het in Januarie nog 500m geskiet op Krokodil. Wanneer het hulle hom korter gemaak?
Ek dink die silhouette manne mag nog tot 500m skiet daar, maar nie seker nie. Agv van die opwaartse hoek waarteen daar na die 500m merk geskiet moet word, het hulle besluit dat dit onveiligig is, en mens maklik oor daai koppie kan skiet. Ek weet daar word nie eintlik meer teikens op 500m toegelaat nie, maar hoe "amptelik" dit is, weet ek nie. Indien dit nog nie amptelik korter gemaak is nie, gaan dit binnekort gebeur.
Dagse almal,
Ons het laas jaar Oktober die SA silhouette kampioenskappe daar geskiet, hier is die afstande op `n foto van die baan, hoop dit help julle.
Is n lekker skietbaan die.
Ook lekker om daar te skiet omdat daar n baan offisier is wat dinge laat vlot en veilig verloop.
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Wed Feb 06, 2013 3:49 pm
by Lourens Potgieter
Ek het grootgeword so 15 km noord van Pretoria, so 7 km van Bon Accord dam af. Daar was vroeër jare 'n skietbaan naby die dam. Jy het met 'n grondpad langs die bek-en klouseer afdeling van Onderstepoort ingery, so net voor die koppie oorkant die dam....ek was een keer daar saam met skoolvriende, ouers het geskiet daar....
Weet julle nog iets daarvan?Ek neem aan as niemand hom noem nie is hy al lankal toe??
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Wed Feb 06, 2013 3:55 pm
by Sarel
Deeg wrote:Ek het grootgeword so 15 km noord van Pretoria, so 7 km van Bon Accord dam af. Daar was vroeër jare 'n skietbaan naby die dam. Jy het met 'n grondpad langs die bek-en klouseer afdeling van Onderstepoort ingery, so net voor die koppie oorkant die dam....ek was een keer daar saam met skoolvriende, ouers het geskiet daar....
Weet julle nog iets daarvan?Ek neem aan as niemand hom noem nie is hy al lankal toe??
Deeg, dit was die weermag se skietbane. Het op skool nog kadet kampe daar gedoen. Weet egter nie of dit nog bestaan en oop is vir die algemene publiek nie.
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Wed Feb 06, 2013 3:56 pm
by Lourens Potgieter
Hy is nog steeds op Google Maps, op die sateliet pics....maak google maps oop, search Bon Accord dam....reg links van die dam as jy ent links gaan sal jy die baan sien.....lyk nie of daar veel aangaan nie maar dis duidelik daar was baan.....
Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER
Posted: Wed Feb 06, 2013 4:01 pm
by Sarel
Het gaan kyk. Dis dieselfde een waarvan ek gepraat het. Lyk my dit het baie agteruitgegaan