Page 1 of 1
Bobbejaan
Posted: Mon Jul 26, 2010 10:43 pm
by Francois Marais
Het so n wyle terug dam n kans gekry om ook n slag bietjie in n blind te gaan sit, en het toe n kans gekry om n pyl op n Kees te los.
Ek en Kees, ek sit regs indien iemand sou wonner.
Sommer n paar nice fotos wat ek so deur die dag geneem het.
Mooi loop
Francois
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 6:28 am
by NICO
Francois
Ek het amper gewonder wie sit waar op die Foto maar toe lees ek darem raak dat jy aan die regter kant sit

.
Daai kees het darem lelike tande.
Nico
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 7:25 am
by Beyers
Ek sien die varke daar is so groot dat hulle sommer ses bene het;)
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 7:55 am
by Freek
Geluk Francois mooi geskiet en nog mooier foto's!

Verduidelik bietjie die skoot plasing en die kees se reaksie toe die sosatie stokkie om bydam?
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 8:36 am
by Louis102
NICO wrote:
......Daai kees het darem lelike tande....
Watter een?
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 9:32 am
by Geno

Mooi skoot,
Hoekom is hy so nat, het hy in die krip gespring na die skoot?
Groete,
Eugene
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 2:50 pm
by Francois Marais
Geno
Het probeer om die meeste v/d bloed van die ou af te was.
Louis
Sien net een Kees met tande daar, oplet boet.
Freek
Het die ou geskiet terwyl hy reguit na my toe aangeloop gekom het, skoot (pyl) is effens na die linkerkant in, en tyssen die blad en ribbekas deur, ongelukkig nie vitals gekry nie, gelukkig was Krummel by en het ons hom so 1.2km van die plek hekry waar ek hom geskiet het, en was hy BAIE swak agv bloedverlies, het hom toe n genadeskoot gegee.
Beyers
Lyk kompleet of daai vark n lit inni middel het, met n paar extra bene.
Danie vir almal se kommetaar.
Mooi loop
Francois
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 3:22 pm
by Geno
Ja dit lyk nogal soos 'n interlink-ot!
Ek wonder hoe reverse hy by sy gat in?
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 4:07 pm
by Biker
Francois
Mooi lekker om vir kees te kry. Pel van my vra nou ander dag of ek al n bob karkas in die veld gekry het? Al karkasse wat ek al ooit gesien het was die wat ek geskiet het. Enige lig op dit?
Biker
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 4:36 pm
by Francois Marais
Biker
Skiet nu die dag by n boer n klompie Hartebeeste uit, hy se die bobejane verniel sy pyplyne en waterinstilasies, en as ek van hulle raakloop moet ek kyk of ek n paar kan om kry, skiet toe ook twee naby n vee suiping. Tyd het my bietjie gevang en ek moes die volgende oggend my slagpale gaan haal, terwyl my slagmanne skoonmaak en oppak gaan ek kyk wat van die twee Kese geword het, ek kon geen een van hulle kry nie, sleepmerke vir ongeveer 20 tree by albei, en daarna niks. Redelik Jakkals spore opgemerk, maar dit was al, geen groot kat spore of iets dergliks.
Noem dit toe vir die boer toe hy verbykom, he se my hy skiet ook so af en toe een wat te naby aan die huis kom, en die karkasse is ook klokslag die volgende oggend weg, hy se van sy werkers se die Bobbejane kom haal hul maat in die aand. Ek glo nie, miskien iemand wat n verkaring hiervoor wil waag??
Mooi loop
Francois
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 5:07 pm
by NICO
FM
Hulle gaan hou seker begrafnis man, een van hulle is dan dood
Nico
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 5:19 pm
by Raven
Francois,
Ek het ook 'n groot trop bobbejane by my, terwyl ons skaap doseer eendag kom hulle af na die drinkplek en ek skiet een.
Na so 2 ure stap ek en voorman om hom te gaan haal, klomp bloed en sleep merke, maar kees het spoorloos verdwyn.
Sleepmerke was in rigting wat die trop padgegee het...
Norton
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 8:20 pm
by Beyers
Ek het ook al die sleepery gesien.
Wat doen julle met die fietse?

Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 9:30 pm
by Piet Breedt
Francois, baie mooi foto's daai. Wat se kamera en lens gebruik jy?
Re: Bobbejaan
Posted: Tue Jul 27, 2010 10:05 pm
by Francois Marais
Piet
Dit is n Fujifim Finepix HS 10.......
http://www.dpreview.com/news/1002/10020206fujifinepixhs10series.asp
of
http://www.imaging-resource.com/PRODS/HS10/HS10A.HTM
vir n review en fotos, feature wat ek die meeste van hou is die lens wat 24-720mm is, sonder om hom te "change"
Mooi loop
Francois
Re: Bobbejaan
Posted: Wed Jul 28, 2010 8:29 am
by Piet Breedt
Ek het die ouer voorloper van hom, die Finepix S8100. Hy het n lens van 4.7 -84.2mm. Hy het ook die Makro en Super Makro funksies wat maak dat jy met dieselfde lens wat jy doer kan afneem, ook 10mm vanaf iets baie klein af kan afneem. Ek neem partykeer n mier af, dan zoom en net op sy poot in.
Vir iemand soos ek wat net mik en druk, is dit n baie oulikke kamera, en geniet ek hom baie, maar sal graag eendag een van daai oupa Canon's of Nikon's wil h? met so papperatsie lens.