Page 1 of 1

45-70 ladings vir Marlin Lever Action

Posted: Wed Jan 30, 2013 3:08 pm
by Schalk75
Middag.

Ek wil graag hoor by die manne wat die 45/70 laai. 

Ek het `n Marlin 1895 Guide Gun (18.5 duim loop met gewone rifling en ports), wat ek sover met gekoopte Winchester 300gr ammo geskiet het.

Ek het op `n vorige geleentheid, en nou weer gister, ladings data vanaf Somchem aangevra vir S321 en S335.

My probleem nou is dat die data wat hulle verskaf het op die twee geleenthede vir die S321 nogal redelik verskil (sien tabel hierby).

Ek beoog om 300gr jacketed Hornadys te laai, asook 400gr Claws en 420gr loodkoeëls.

Ek het nog nie vantevore die kaliber gelaai nie, so ek wil versigtig begin.  Daar is drie ladingsvlakke vir die kaliber.  Een vir ou gewere, een vir die nuwer lever actions, en dan die vir die sterk Ruger No. 1s. 

Ek neig daarna om nou maar Somchem se meer onlangse aanbeveling te gebruik, wat bietjie meer aggresief is op die 400gr en meer konservatief op die 500gr.  Vergelyk jy dit met IMR3031 lyk al hulle aanbevelings konservatief.

Ek reken dis nou een van die gevalle waar Quickload baie handig sou wees!!  ;D

Ek hoor graag van julle.

Baie dankie.
Schalk

Re: 45-70 ladings vir Marlin Lever Action

Posted: Thu Jan 31, 2013 8:48 am
by Musgrave
Ek sou met die laaste voorgestelde ladings gaan. Iewers het ek 'n artikel wat deur Mauritz geskryf is en waarin hy vir die Marlin ladings bespreek met koeëlgewigte tot en met 520gr. PM my jou email adres, dan kan ek dit vir jou stuur.

Re: 45-70 ladings vir Marlin Lever Action

Posted: Thu Jan 31, 2013 9:02 am
by LUAN
Ek sal nogal like van so lever action marlin in 45-70. Hys reg vir gevaarlike wild ook. Wat kos 1 so patroon?

Re: 45-70 ladings vir Marlin Lever Action

Posted: Thu Jan 31, 2013 9:24 am
by Schalk75
As jy gelukkig is kos dit dieselfde as ander geweer ammo. 

Ek het laas (so 6 maande terug) `n pakkie Winchesters gekoop vir R340 (R17/skoot), maar dit was `n goeie prys.

Met herlaai kan jy goedkoop skiet aangesien jy loodpunte kan gebruik.

Baie lekker kaliber, jy moet net naby genoeg kom.  En ja, daar is al `n paar ouens wat buffels met hom geskiet het (die hele groot 5 is al deur die kaliber platgemaak).

Groete

Re: 45-70 ladings vir Marlin Lever Action

Posted: Fri Sep 19, 2025 8:14 am
by ChrisSchlebusch
Schalk, sal jy asseblief weer daai load sheet plaas 😁

Re: 45-70 ladings vir Marlin Lever Action

Posted: Tue Sep 23, 2025 7:42 am
by RugerBoy
Chris Stuur my n pm met jou email dan mail ek jou oom Mauritz se data