Page 1 of 1

Teleskoop: 1x en 1.5x vergroting

Posted: Tue Jan 29, 2013 2:05 pm
by velskoen
Is ek reg as ek se 'n teleskoop met 'n minimum vergroting van 1x (soos in 1-4x20), bied op 1x gestel geen vergroting nie?

Maw, 'n teleskoop met 'n minimum vergroting  van 1.5x (soos in 1.5-5x20) bied op 1.5x gestel slegs 'n vergroting van 50%?

En eers op 2x kan 'n ou dan praat van 'n 100% vergoting, wat dan eintlik beteken die voorwerp word net 1x vergroot?

Of praat ek nou Naboomspruit?

Re: Teleskoop: 1x en 1.5x vergroting

Posted: Tue Jan 29, 2013 2:07 pm
by DWB
Dis reg ja, enigiets maal 1 bly nogsteeds die aanvanklike getal

Re: Teleskoop: 1x en 1.5x vergroting

Posted: Tue Jan 29, 2013 2:12 pm
by velskoen
Ek dag ek is nie besig om gek te word nie, dankie Deon. :D

'n Ou wou my nou vertel 'n 1x vergoting is 'n 100% vergoting. (Ek verstaan sy argument dat mens eintlik dan van 'n 0x vergroting moet praat as 'n 1x geen vergroting bied nie).

Dankie in elk geval.

Re: Teleskoop: 1x en 1.5x vergroting

Posted: Tue Jan 29, 2013 2:14 pm
by DWB
2 is 200% vergroting ook....

Re: Teleskoop: 1x en 1.5x vergroting

Posted: Tue Jan 29, 2013 2:17 pm
by velskoen
Huh?

Re: Teleskoop: 1x en 1.5x vergroting

Posted: Tue Jan 29, 2013 2:53 pm
by DWB
Mens kry nie iets soos nul vergroting nie, of dis wat ek dink, maar dieselfde reel geld enigiets maal 0 = 1.

100% vergroting beteken dit is soos jy dit met jou oog sien, as dit dan verdubbeld word is die 2 keer groter of 200% vergroting

Re: Teleskoop: 1x en 1.5x vergroting

Posted: Tue Jan 29, 2013 2:54 pm
by Chris Swart
DWB wrote: 2 is 200% vergroting ook....
velskoen wrote: Huh?
1x = 100% van oorspronklike voorwerp se groote
2x = 200% van oorspronklike voorwerp se groote
3x = 300%...
en so aan.