Page 1 of 1

US Optics SN3 5-25x58 TPAL

Posted: Tue Jan 29, 2013 3:22 am
by IndianLima
Vandag my USO gaan optel en bietjie tyd daar spandeer en moet sê hulle produk is elke bietjie en meer werd! Sal hom die week mount en inskiet en dan volgende week deur die passe sit. Staan by vir n Afrikaans "review" van soorte. Die enigste ding beter as die scope self is die mense daar - dis mos hoe dit by enige plek hoort!

Re: US Optics SN3 5-25x58 TPAL

Posted: Tue Jan 29, 2013 6:47 am
by mariusr
Wat kos die scope en is die vekrygbaar by ons? Wie is die agente in SA!

Groete

Re: US Optics SN3 5-25x58 TPAL

Posted: Tue Jan 29, 2013 4:31 pm
by Drenalinjunkie
Koste is linker been saam met die testikel maar van wat ek hoor elke sent werd...

Hoe vergelyk sy glas teenoor n Z6 Indianlima?

Re: US Optics SN3 5-25x58 TPAL

Posted: Tue Jan 29, 2013 4:38 pm
by Dippies
Put asb fotos en die geldtjie hoeveel hy gaan kos? ;D ;D ;D

Re: US Optics SN3 5-25x58 TPAL

Posted: Wed Jan 30, 2013 5:18 am
by IndianLima
Hier kom dit!

Die specs is as volg: US Optics SN3 5-25x58 TPAL 34mm Tube
Left Side Parallax
Low Profile Rapid Focus Eyepiece
Internal Bubble Level
Red Digital Push Button Illumination
EREK 1/4 MOA Elevation Knob
US#1 1/4 MOA Left Side Windage Knob
RDP MOA Reticle
2" Sunshade with ARD
Flat Dark Earth Cerakote
USO Flip Open Covers
US Optics Windage Adjustable 34mm Low Rings

Lys prys vir die spesifieke scope is so $300 US Dollar duurder ($3600 US Dollar) as die Schmidt & Bender 12-50x56 wat Safari & Outdoor huidiglik in voorraad het vir R28500.

Dit is ook so $300 duurder as die Nightforce B.E.A.S.T.  wat in Mei uitkom.

Of dit die $300 duurder werd is of rerigwaar dubbel die prys van n Nightforce NXS sal ek seker nooit kan sê nie, maar as ek kan gaan op hoe hulle "plant" lyk en die mense wat jou teleskoop bou en die moeite wat hulle doen om customer service 100% reg te kry, ek sal met graagte die geld spandeer net vir die vertroue wat ek daaruit kry!

Dan is daar ook die "customizing" opsies soos die wind knop aan die linkerkant en bubble level binne in die scope wat vir my ongelooflik baie werd is - veral waar ek van n bipod af skiet en so min as moontlik aan my posisie wil verander. Die ekstra bubble level in die fotos is vir a ander geweer / teleskoop. Die "windage adjustable" ringe is iets nuuts vir my en dit klink my dit kom maar op die feit neer dat hulle vir almal probeer tegemoed kom, selfs die met skewe basisse. Solank dit versigtig EN korrek opgestel word kan dit net goed doen, die teleskoop is ingeval so moer hard dit gaan bietjie meer as n bietjie torque vat om te buig...

Beste is maar om op hulle website rond te speel vir meer inligting. Ek is meer as bereid om te help waar ek kan maar is op die oomblik nie n "official stocking agent" nie. Dit sal ook maar sukkel om een een in te bring vir my...

Hulle het nou ook bietjie rondgeskuif en fokus nou net op spesifieke teleskope en sal teen April / Mei teen n baie vinniger tempo kan lewer.

Ek begin Maandag met hom skiet en sal hier teen later die maand beter "review" kan gee op hoe hy fisies vir my werk en vergelyk met my NXS 8-32.

Hieronder is n link genaamd: "USOptics Tough?". Een van my convincing redes. Asook almal wat daar werk is skuts - waar kry jy dit nog? BEHALWE al die reviews en wat ek al gesien het, hoe hulle teruggee en sponsor en betrokke raak in projekte en nog steeds dit in die familie hou was net genoeg vir my... Maar nou ja, seker "biased" - maar dis my eerlike opinie!

http://www.youtube.com/watch?v=88ewpwPTA6Q

Groetnis
Ivan

Re: US Optics SN3 5-25x58 TPAL

Posted: Fri Feb 01, 2013 7:43 pm
by immelmanw
IndianLima wrote: Hier kom dit!

Baie geluk, geniet hom!

Re: US Optics SN3 5-25x58 TPAL

Posted: Fri Feb 01, 2013 10:39 pm
by Kalahari
Hoekom moet daar sulke mooi duur goete wees wat so lekker kan werk en jy kan dit nie bekostig nie :'(

IL, baie geluk met die scope en geniet hom, kom se net asb hoe lekker hy skiet en hoe jy die scope ondervind.

Beste