Page 1 of 1
doppe aneal?
Posted: Mon Jan 28, 2013 3:55 pm
by Raakgeskiet
Kan jy jou rewolwer se doppe warm maak? Ek doen dit met my geweer se doppe en vind dat hulle heelwat langer hou.
Re: doppe aneal?
Posted: Mon Jan 28, 2013 4:17 pm
by vriell
Ek skiet 9mm en het nog nooit die doppe warm gemaak nie.My persoonlike opinie is dat dit aan die gevaarlike kant grens om die soort doppe te anneal sou dit nodig wees omdat die kop NOOIT baie warm moet kry nie (dieselfde geld vir geweer doppe ).Dit kan die kop dop gedeelte so verswak dat dit gevaarlik sou wees om so 'n dop te herlaai.
Groetnis
Len
Re: doppe aneal?
Posted: Mon Jan 28, 2013 5:14 pm
by Raakgeskiet
Ek het so vermoed. Hoeveel keer het jy al jou doppe herlaai? Ek doppe by iemand gekry vir my 357, ek het geen idee hoeveel keer hulle al gelaai was nie. Het vandag met hulle gaan skiet en daar was 'n paar wat gebars het. Ek het hulle met 'n starting load geskiet. Wat is die gemiddelde leeftyd vir handwapen doppe?
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 3:06 pm
by vriell
Raakgeskiet,
Ek het geen idee wat die leeftyd is van handwapen doppe nie. In die tyd wat ek 9mm laai het ek nog net 2 doppe verloor en is nie seker hoeveel keer ek die doppe al gelaai het nie.Ek laai ook maar minimum . As ek moet skat is dit seker so tussen 5 en 7 keer.Ek laai so ongeveer 400 op 'n slag so moeilik om werklik te kan sê.
Daai doppe is seker al goed skrikgemaak.Dit behoort darem nie met minimum lading so uitmekaar te bars nie.
Ek dink tog mens sal die 357 se doppe kan anneal .Hulle is mos darem bietjie langer as die 9mm.Dit sal net met groot versigtigheid gedoen moet word.
http://www.lasc.us/CartridgeCaseAnnealing.htm
Ek het ook so bietjie gaan kers opsteek by ander forums en kom tot die gevolgtrekking dat bitter min anneal hulle handwapen doppe.
Wat ek wel opmerk is dat die doppe nogal heelwat kere gelaai word...tussen 6 en 12 keer gemiddeld.
Groetnis
Len
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 4:14 pm
by Raakgeskiet
Baie dankie vir daai inligting.
Ek wonder of van die doppe wat so malkik bars nie soms net dats is nie?
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 4:34 pm
by THOMAST
Raakgeskiet wrote:
Het vandag met hulle gaan skiet en daar was 'n paar wat gebars het. Ek het hulle met 'n starting load geskiet. Wat is die gemiddelde leeftyd vir handwapen doppe?
Watter soort doppe was dit? Blinkes (Nickleplated)?
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 6:12 pm
by Raakgeskiet
Dis toevallig 3 soorte doppe: norma, HP en die aguila wat nikkel platet is
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 6:51 pm
by vriell
Raakgeskiet,
Gee bietjie inligting deur van 'n gelaaide patroon...kruit,,hoeveelheid en gewig van die koeel ens. en kyk wat QL sê.
Groetnis
Len
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 7:45 pm
by Raakgeskiet
Ek laai hulle met 5,7grein mp 200 en 'n swc lood punt van 158gr.
Die totale patroon lengte is 40,8mm.
Die doppe is maar daai 3 wat ek genoem het.
Ek weet norma is veronderstel om goeie doppe te wees, maar ken glad nie die ander twee nie.
Ek het hulle by 'n pel gekry.
Se bietjie of jy hulle ken en of hulle oraait is.
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 8:00 pm
by vriell
Raakgeskiet,
Jammer ek ken nie die doppe nie en het nie veel kennis van die 357 cal nie.Wat ek wel weet is dat mens nie die nickel doppe met gewone die-stel kan size nie.Mens het 'n spesiale die-set vir hulle nodig en is ook nie goed vir jou "gewone" die-set om hulle te size nie.
Die lading kombinasie lyk heel normaal volgens QL.
Ek dink daai doppe is net al opgeskiet !
As jy iemand ken met die regte gereedskap sal ek voorstel dat die doppe se wand dikte gemeet word en dit vergelyk met nuwes sodoende vas te stel hoeveel die wande al gerek het en sodoende vas te stel wat die doppe se kondisie is!
Sterkte.
Len
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 8:40 pm
by Raakgeskiet
Dankie len
Wat se QL, wat se spoed kry ek met daai lading en punt?
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 9:13 pm
by vriell
Raakgeskiet,
Wat is die lengte van daai koeel ( Punt) ?
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 9:26 pm
by Raakgeskiet
Die totale patroon lengte of net die lood punt?
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 9:26 pm
by vriell
Net die loodpunt
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 9:27 pm
by vriell
en ook die lengte van jou loop ?
Watse maak is dit so terloops ?
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 9:29 pm
by Raakgeskiet
Die loop is 6 duim. Die punt sal ek more vir jou gaan meet.
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 9:30 pm
by Raakgeskiet
Dis 'n ruger
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 9:42 pm
by vriell
OK ...BAIE ROFWEG..so 1000fps...Pla net bietjie dat die dopvulling maar so 60 persent is met daai kruit met die koeelpunt se lengte 20mm( het maar by benadering gevat.
Sal meer akuraat kan kyk as ek weet hoeveel H20 ( Waterinhoud gemeet in grein ) die doppe se kapasiteit is tesame met die koeelpunt se lengte.
Re: doppe aneal?
Posted: Tue Jan 29, 2013 9:45 pm
by Raakgeskiet
Ja jy is heeltemal reg dis 'n redelike lee dop.
Ek sal more vir jou gaan meet en laat weet.
Dankie vir jou moeite
Steve
Re: doppe aneal?
Posted: Wed Jan 30, 2013 7:31 am
by Raakgeskiet
punt lengte is 18mm
dop lengte is 32,4mm
lee dop weeg 79,8 grein
dop vol water weeg 106,5 grein
en dan die totale patroon lengte is 40,8mm
Laat weet as jy nog iets soek
Re: doppe aneal?
Posted: Thu Jan 31, 2013 7:04 pm
by vriell
Dankie nou eers gesien.Sal terugkom na jou.
Re: doppe aneal?
Posted: Thu Jan 31, 2013 7:34 pm
by vriell
Steve,
Met die gegewens lyk alles veilig en die spoed bly maar rondom +- 1000fps.
Ek sal voorstel kry maar paar nuwe doppe en kyk wat hulle doen.
Sterkte
Re: doppe aneal?
Posted: Thu Jan 31, 2013 7:39 pm
by Raakgeskiet
Baie dankie. Ek het nuwes gekoop, hulle is oppad. Sal daai maar skiet tot hulle gaar is.
Daai spoed klink vir my oraait vir 'n starting load.