Page 1 of 3
.410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Sun Jan 27, 2013 2:55 pm
by Johan Nel
Ek herinner my dat ek al by meer as een geleentheid gelees het dat .303 doppe gebruik kan word om .410 haelgeweer patrone te herlaai. As ek dit reg het word die .303 doppe gevuurvorm en dan as 'n .410 dop gebruik. Ek kry egter nie nou die artikels opgespoor nie en doen dus nou navraag by forum lede wat daarvan weet, of meer spesifiek wat dit wel so laai om die prosedure te verduidelik asseblief. Ook enige nadele aan hierdie manier van herlaai.
Groete,
JHN
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Sun Jan 27, 2013 6:34 pm
by vriell
Johan,
Ek doen dit al geruime tyd . Dit word normaal gelaai soos die Somchem boekie aandui en geensins gevaarliker as gewone 410 laai nie. Die patroon lengte van die 303 doppe is korter as die nomale lengte dus kort mens bietjie in met die ladings afhangende watter " shot " gebruik word en maak dit 'n verskil.
Dinge om in gedagte te hou :
303 PMP doppe is baie dik en sukkel om gevorm te word selfs na annealing ( sagmaak van doppe met oop vlam ) Ek gebruik Winchester doppe wat sagter en dunner is en makiliker anneal en laai sommer met growwe meel om te vorm met helfte van die ladings wat aangegee word in die Somchem boekie. Doppe is gewoonlik so na die 3de keer se geskietvorm goed genoeg gevorm om te begin gebruik.Onthou geen WAD met die vorming nie en hou doppe regop en skiet in die lug op met vorming.
"Sealing" aan die voorkant moet baie goed gedoen word anders is die akkuraatheid maar baie power ( Ek seal met gewone houtgom en werk heel goed vir my.
My 410 is 'n Stevens en bogenoemde werk goed in hom.Party 410 haelgewere se kamers is bietjie ander en dan moet die 303 doppe se koppe bietjie dunner gedraai word.Ek het gelukkig nie sulke probleme tot dusver gehad nie.
Laat maar weet as nog inligting benodig word. Kyk ook hierna .
http://www.surplusfirearm.com/2011/11/1 ... sion/
Onthou hierdie werk vir my en is nie te sê dat dit dieselfde vir jou sal doen nie.ENIGE IETS wat te doen het met herlaai van Ammo is ALTYD gevaarlik so wees asseblief versigtig.Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir die gebruik van die inligting nie.
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Sun Jan 27, 2013 7:06 pm
by Johan Nel
vriell,
Baie dankie vir daardie inligting. Kan jy vir my se hoe jy maak om die slagdoppe uit te druk nadat jy die doppe gevuur het?
Groete,
JHN
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Sun Jan 27, 2013 7:08 pm
by Walter
Johan, hier is nog leesstof vir jou. Ek het ook 'n Stevens .410 haelgeweer waarvoor ek wil begin laai. Dit lyk darem nie te moeilik nie.
http://gunlore.awardspace.info/shotgun/fourten.htm
http://www.fourten.org.uk/reloading303.html
Ek sou sommer 'n Universal deprimer gebruik om die slagdoppe uit te druk.
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Sun Jan 27, 2013 7:31 pm
by vriell
Johan,
Ek het die Primer gat uitgeboor om 'n gewone 209 Shotgun primer in te sit vir vinniger verbranding en gebruik sommer my drillpress en 'n socket waarin die dop se kop pas en druk dan met die press en omgekeerde boor wat in die gat van die voorkant pas die primer uit.Gebruik ook die drillpress om nuwe primer in te sit deur die dop om te draai en deur 'n socket te gly en dan die press met staaf in wat dan afgedruk word op die primer tot die primer gelyk is met die kop (die gat in die kop is ook effens versink)
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Sun Jan 27, 2013 9:20 pm
by Rasmus
Dankie vir die draad ek gaan dit verseker probeer!
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Mon Jan 28, 2013 11:32 am
by Johan Nel
Dankie vir al die skakels. Ek het hulle sommer almal afgelaai op my rekenaar vir deeglike bestudering.
Ek het gaan kyk, 'n .303 dop pas in die geweertjie se kamers en maak toe. Dit lyk dus nie of ek die kop gaan moet vyl nie. Ek moet nou nog eers 'n paar dinge in plek kry voordat ek iets kan begin doen.
Nog 'n vraag, moet julle die doppe resize na 'n paar keer se herlaai? Hoeveel keer se herlaai kry mens uit 'n dop uit? (Twee vrae)
Groete,
JHN
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Mon Jan 28, 2013 4:03 pm
by vriell
Hoef nooit te resize nie en ek het al 10 keer ge-herlaai met geen doppe wat gebreek het nie.Dis nou Win. doppe !
Groetnis
Len (vriell)
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Mon Jan 28, 2013 4:49 pm
by Johan Nel
vriell wrote:
Johan,
Ek doen dit al geruime tyd . Dit word normaal gelaai soos die Somchem boekie aandui en geensins gevaarliker as gewone 410 laai nie. Die patroon lengte van die 303 doppe is korter as die nomale lengte dus kort mens bietjie in met die ladings afhangende watter " shot " gebruik word en maak dit 'n verskil.
Len,
Dankie ook vir laaste reaksie tov van doppe. Ek het gou gaan naslaan in Somchem se handleiding en gekyk na die ladings vir die .410. As ek reg verstaan uit die aanhaling wat ek in rooi gemerk het, laai ek dieselfde lading wat hulle daar aangee. As my aanname korrek is, dan gaan ek waarskynlik die beginlading van 12,3 grein S265 gebruik. Is ek reg so, of moet mens dalk 'n kleiner lading oorweeg?
Groete,
JHN
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Tue Jan 29, 2013 9:38 am
by vriell
Johan,
Dis heeltemal reg so jy kan gebruik maak van die boekie se inligting maar ek sal voorstel dat jy by die minimum begin en dan opwerk as jy begin laai MAAR ONTHOU vir annealing en dan dopvorming kan jy nie dieselfde lading gebruik nie.Ek het so by die helfte van die maksimum lading begin dopvorm anders vorm die dop te vinnig en bars oop.
Groetnis
Len
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Tue Jan 29, 2013 11:03 am
by Johan Nel
vriell wrote:
Johan,
Dis heeltemal reg so jy kan gebruik maak van die boekie se inligting maar ek sal voorstel dat jy by die minimum begin en dan opwerk as jy begin laai MAAR ONTHOU vir annealing en dan dopvorming kan jy nie dieselfde lading gebruik nie.Ek het so by die helfte van die maksimum lading begin dopvorm anders vorm die dop te vinnig en bars oop.
Groetnis
Len
Len,
Is die beginlading te lig in die broek om die dopvorming te doen?
My grootste frustrasie is dat ek vir eers niks kan doen nie, net inligting bymekaarmaak. My skoonpa het twee van die geweertjie op sy naam gehad. Een lyk nie veilig nie, maar die ander een se aksie sluit mooi en is in goeie toestand (dubbelloop). Ek moet hom nou eers gelisensieer kry uit die boedel uit, dan kan ek begin laai en skiet. Kan darem die geweertjie in my hande hou en troetel so nou en dan.
Groete,
JHN
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Tue Jan 29, 2013 2:21 pm
by vriell
Johan,
Die begin lading is te hoog en kan moontlik die dop laat bars as jy dopvorming doen en dus die voorstel dat net die helfte van die maksimum wat in die geval ( s265 Somchem kruit ) ongeveer 7gr is(van Maks - 15.4 gr) Na die eerste dopvorming kan jy die lading bietjie lig indien nodig.Die doppe behoort so na die 3de vorming goed genoeg te wees om te begin laai vir skiet. Dit is maar 'n langsame proses maar die moeite werd want jy hoef nooit weer patrone te koop nie en hulle is nogal duur ook.Wonder of jou geweer se loop ge-"choke" is ? Indien nie kan jy nogal lekker "slugs" laai en groter wild soos vlakvark op kort afstande skiet met 'n "slug" Ongelukkig is myne ge-"choke" en het ek nie daai opsie nie.
Groetnis
Len
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Tue Jan 29, 2013 2:53 pm
by Johan Nel
Dankie Len,
Ek het verkeerd verstaan. Ek het afgelei dat jy halfpad tussen die beginlading en die maksimum lading moet laai. Ek het geen idee hoe om te kyk of die geweertjie gewurg is of nie, ek sal bietjie probeer kyk. Ek weet ook nie regtig wat ek met die geweertjie gaan skiet as ek alles eers in plek het nie, dalk sommer net skiet.
Ek het 'n .303 dop bekyk vir die dopvorming proses en het nou gewonder hoe mens vir die eerste skote 'n 'wad gaan inkry daar tussen die kruit en die meel. Die ander artikels verwys daarna dat 'n 'over charge wad' gelaai moet word tussen die kruit en die meel. Kry mens dit maklik genoeg deur die aanvanklike nou bek?
Groete,
JHN
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Tue Jan 29, 2013 3:19 pm
by vriell
Johan,
As jy die kruit in die dop gooi en direk daarna die "filling" ingooi en regop hou dan is 'n wad nie nodig nie.Voordat ek die growwe meel gebruik het , het ek gewone rys gebruik wat heelwat losser is en het toe sommer stukkies lap ingedruk tussen die rys en kruit maar die meel is net asof dit alles stewiger "pas" totdat daar geskiet word vertikaal die lug in. Moet nie te 'n stewige wad insit as jy dit so sou verkies nie want dit mag die dop ook laat bars by vorming. Dit is hoegenaamd nie moeilik om 'n wad( stukkie T-shirt ) in te druk nie.
Groetnis
Len
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Wed Jan 30, 2013 1:02 pm
by Johan Nel
Dankie Len,
My buurman het 'n .410. Miskien kan ek hom oortuig om saam te speel...

Langs daai weg kan ek solank die proses deurloop en het dan al klaar die doppe teen die tyd dat die lisensie uitgesorteer is. Ek jeuk rerig om die proses te probeer.
Groete,
JHN
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Sun Feb 03, 2013 1:44 pm
by Johan Nel
vriell wrote:
Johan,
Ek het die Primer gat uitgeboor om 'n gewone 209 Shotgun primer in te sit vir vinniger verbranding en gebruik sommer my drillpress en 'n socket waarin die dop se kop pas en druk dan met die press en omgekeerde boor wat in die gat van die voorkant pas die primer uit.Gebruik ook die drillpress om nuwe primer in te sit deur die dop om te draai en deur 'n socket te gly en dan die press met staaf in wat dan afgedruk word op die primer tot die primer gelyk is met die kop (die gat in die kop is ook effens versink)
Len,
Ek het vandag 'n waarneming gemaak. Ek was op soek na iets anders, toe ek afkom op so 'n paar ou .410 plastiek doppe wat tussen my herlaaigoed le. Ek het die slagdoppies op die doppe bekyk en toe gesien wat lyk na 'n slagdop in 'n tipe koper kraag. Ek het te gewonder of mens die slagdop uit die kraag kan uitdruk en weer 'n ander slagdop daar indruk. Ek het 'n dop in my pers gesit en 'n 'flash hole uniforming tool' gevat om die slagdop uit te druk. Die kraag het toe saam met die slagdop uitgekom. Toe dink ek aan hierdie 'post' wat jy geplaas het en het weer kom kyk. Ek aanvaar dat dit die haelgeweer slagdop in sy geheel is, en dat jy jou doppe na hierdie diameter uitgeboor het en so die doppe herlaai. Is my aanname korrek? Wat is die diameter van die gat wat mens moet boor?
'n Ander vraag, as mens die plastiekdoppe wil herlaai, hoe krimp mens die nekke van die doppe sonder die nodige matrys? Alternatiewelik, kan mens net 'n 'over shot wad' opsit en seel, of is daar die moontlikheid dat die dop te lank is en dan nie reg sal kamer nie.
Groete,
JHN
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Mon Feb 11, 2013 5:55 pm
by vriell
Johan,
Jy is reg ek het 2 grote diameter bore gebruik vir dieper en vlakker diameter sodat die 209 slagdop stywer in pas (Cone effek ) .Sal moet gaan kyk watter bore diameter gebruik was.
Om die 410 doppe te gebruik sit jy met 2 probleme .1) Om te krimp moet jy spesial toerusting gebruik wat nogal duur is ( rol krimp ) en enige ander manier is maar 'n probleem met die plastiek doppe . 2.) Om die slagdop uit te kry is nie probleem sowel om weer nuwe slagdop in te sit maar daar is 'n soort dun plastiek membraan aan die binnekant ( nuwe rondte ) op die slagdop aan die binnekant wat keer dat die kruit agter die slagdop gaan lê ( slagdop steek ver in na die binnekant ) en dit dan kruit ontbranding probleme veroorsaak wanneer nuwe slagdop sonder die membraan ingesit word.
Hoop die antwoord jou vrae.
Groetnis
Len
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Tue Feb 12, 2013 9:49 am
by Johan Nel
Dankie Len,
Ja dink ek gaan maar die weg van die .303 doppe volg.
Groete,
JHN
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Mon Mar 18, 2013 6:07 pm
by Bass
Hallo Johan,
ek het ook n .22/410 met die 3" kamer.Het doppe gesoek en data maar het nie veel gekry oor die 3" patroon nie.
Het toe 9,3x74 doppe ( Hornady ) in die in die hande gekry.Ek kon nie die doppe fire form met rys of oats nie,ek het toe die min lading in die Somchem manual gebruik met toilet papier bo-op en dan die lading hael en dan die dop toe gestop met t-papier. Dit het die doppe mooi gevorm.
Joahn Loubser het my ladings gegee wat hy gese het wat baie konserwatief was.
Dit was maar die ladings vir die 65mm patroon en gese ek kan opgaan tot 18gr S-265 met 16-18gram hael.My ladings is ligter.
Ek het toe laat 3" .410 doppe laat maak by Stuarts Brass in Pietersburg teen R15-00 per dop wat n goeie prys is.
Albei doppe werk mooi in die geweertjie en ek skiet hom baie,skiet duiwe,kraai ens. en ek laai #3 en #7 hael in hom.
Ek laai Fiocchi LP primers , 16gr S-265 , 1x5mm felt wad , 2x10mm high dencity cork wad , 1x5mm felt wad , 17gram shot , 2mm over shot cardboard wad wat ek vas gom met houtlym.
Ek het nie dies nodig nie,die primers word uit gepons en die doppe kom maklik uit as dit geskiet is,geen druk,party van die doppe is al 7x herlaai.
Hoop dit help.
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Mon Mar 18, 2013 7:33 pm
by Johan Nel
Bass,
Baie dankie vir die terugvoer. Ek kan nog nie te veel doen voordat ek nie die lisensie gekry het nie. Ek het al bietjie opleeswerk gedoen oor die prosedure van dopvorming. Ek is nuuskierig oor die wads wat jy gebruik. Is dit selfgeponste materiaal of koop jy die wads aan?
Groete.
JHN
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Mon Mar 18, 2013 8:38 pm
by Bass
Die kurk wads sny ek met een van die doppe wat ek die basis van afgesny het en die felt wads pons ek met n 11mm GROZ punch.
Sal nog n paar fotos opsit.
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Mon Mar 18, 2013 9:05 pm
by Rasmus
Asb Bass
Dit sal baie gaaf wees om te sien. Ek het self n 410 waarvoor ek wil laai. Die 303 doppe gaan nie lekker werk in my gun nie ek moet heelwat van die basis wegvyl. Die slot maak moeilik toe.
Het darem nou op ammunisie afgekom wat R710 per kas is. Dit is darem nie te woes nie. Party plekke vra al oor die R100/25

Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Tue Mar 19, 2013 9:49 pm
by Bass
soos jy kan sien is die "Stuarts .410 3" bietjie langer as die 9,3x74 doppe.
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Tue Mar 19, 2013 9:56 pm
by Bass
Hoop die paar fotos help n bietjie
Re: .410 Haelgeweer herlaai met .303 doppe
Posted: Tue Mar 19, 2013 10:25 pm
by Johan Nel
Dankie Bass,
Die ou uitdrukking van 'a picture is worth a thousand words' geld hier.
Groete,
JHN