Page 1 of 2

Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Sun Jan 27, 2013 11:59 am
by Raakgeskiet
Soos die subject se.
Ek wonder sommer wat se slagdoppies julle gebruik en verkies?
By my lang roere hou ek maar by cci.
Laat ons hoor wat se julle.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Sun Jan 27, 2013 12:08 pm
by Kalahari
Definitief cci spesifiek br2 en br4, maar so skaars soos hoender tanne.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Sun Jan 27, 2013 3:22 pm
by spekieries
CCI net omdat ek daarmee begin laai het en al my ladings met hulle uitgewerk is. Ek weet nie of hulle beter of slegter as enige iets anders is nie, hulle werk vir my.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Sun Jan 27, 2013 3:34 pm
by Spanner
Ek het ondervind dat PMP harder is as bv CCI - en dus het ek meer probleme ondervind met PMP.  Dit was genoeg dat ek heeltemal van PMP gespeen geraak het.  Ek het die laaste ruk Federal Premium Match en Federal Premium gebruik omdat CCI se voorraad opgeraak het aan die kant van die wêreld.  Nog nie probleme met hulle gehad nie en tot dusvêr heel gelukkig.  As ek weer CCI kan ky sal ek sommer 'n bakkie-vrag vol aankoop !

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Sun Jan 27, 2013 6:01 pm
by Louis Kriel
Ek vat maar deesdae wat die winkels het.  Op die oomblik is dit Winchester WLRM vir die 375 en cci 200 vir die .303.  My cci's is egter nou op.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Sun Jan 27, 2013 7:47 pm
by JTM
Hoe goed is Winchester primers vir 9mm pistole en 243 jag geweer?

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Sun Jan 27, 2013 8:26 pm
by Raakgeskiet
Dit lyk my cci bly maar die gewildse.
Ek het een keer 'n toets gaan doen met my 308. Het winchester, pmp, cci en federal gaan skiet. By gese ek het nou ook nie 'n benchrest geweer nie, maar daar was nie juis 'n verskil nie. Maar snaaks genoeg ek hou maar van die cci's, miskien lyk hulle net mooier as die ander.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Mon Jan 28, 2013 2:49 pm
by Raakgeskiet
Waar kan ek slagdoppies kry? In bloemfontein is niks nie, hulle se hulle het lanklaas gehad en weet nie wanneer hulle weer gaan kry nie.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Mon Jan 28, 2013 5:00 pm
by prohunt
Manne hier kom moeilikheid. Ek het sopas met een van die invoerders gesels en hy reken dat hulle geen primers behalwe PMP op hierdie stadium het nie en ook nie eers 'n kans wil waag oor wanneer hulle dalk weer sal kry nie. Die uitvoerwetgewing in die lande van oorsprong word blykbaar al strenger. Dit lyk of goed soos CCI, Federal, ens goud werd gaan raak.
Groete
Johan

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Mon Jan 28, 2013 5:17 pm
by Raakgeskiet
Dis groot K..K. Dit gaan lei tot baie groot depressie!!!!!!

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Mon Jan 28, 2013 5:18 pm
by Raakgeskiet
Laat weet waar ons nog kan kry vir die rollies asb.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Mon Jan 28, 2013 8:26 pm
by Herman Venter
Manne,
Waar kan ek cci 200 kry? Ek is al lam gesoek! Ek laai ook met hulle, het met hulle begin so hou nou maar daar! Hul werk wel mooi vir my!

Groete

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Mon Jan 28, 2013 8:32 pm
by Christo
Ek het ook so tyd terug CCI 200's gesoek toe Suburban guns Foicchi (spelling) voorgestel het vir 2/3des van die prys. Miskien skiet ek nie goed genoeg nie, maar hulle werk mooi vir my. Baie dieselfde as CCI 200

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Thu Jan 31, 2013 4:44 pm
by Raakgeskiet
Het van julle al small rifle slagdoppie probeer in die rollies?
Hulle is dieselfde grote, ek weet net nie van die ontbrandingspoed nie.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Thu Jan 31, 2013 5:03 pm
by Herman Huyser
Twee weke terug by S&O PTA, toe vra ek vir CCI en die daar was nog 7000 oor, toe koop en sommer 1000. As dit pap reën dan moet 'n man maar skep.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Thu Jan 31, 2013 7:16 pm
by Raakgeskiet
ek het vroeer die week pretoria toe gebel toe was daar niks nie

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Fri Feb 01, 2013 8:01 am
by pietjacobs
Julle sal sien daar was ook al baie gepraat oor die PMP. Hier is paar groot manne wat net die PMP slagdoppies mee skiet. Die PMP is tussen die CCI en die Mangnum primer en gee 'n meer konstante spoed. Ek se nie dit is vir almal so, ek se maar net wat ek al gesien het.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Fri Feb 01, 2013 8:20 am
by Raakgeskiet
Ek skiet al baie jare met cci en het een keer pmp getoets en ek kon nie 'n verskil sien nie.
Die pmp goed is net meeste van die tyd duurder as die ingevoerde goed.
As pmp bilik met hul pryse was sal ek hullo goed enige tyd gebruik.
Daar is niks fout met hulle slagdoppe nie.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Fri Feb 01, 2013 8:24 am
by BRNO (Pierre)
Raakgeskiet wrote: Die pmp goed is net meeste van die tyd duurder as die ingevoerde goed.
Ek het nagelaat om hier bo te noem dat dit verseker die een negatief van PMP is. Hulle slagdoppies is ten minste 30% duurder as enige ingevoerde maak. >:(

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Fri Feb 01, 2013 11:33 am
by pietjacobs
Ek stem BRNO en Raakskiet.

PMP rook ons, maar ongelukkig is maar 'n klein gedeelte van hulle mark. Maar dis nog steeds onaanvaarbaar. Ons het daai tyd met die PMP besoek ook hieroor gekla. Vir wat dit werd is, ek self skiet ook CCI  ;)

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Fri Feb 01, 2013 11:50 am
by THOMAST
Aangesien hierdie pos in die handwapen afdeling is, neem ek aan dit gaan hier eintlik oor handwapen slagdoppies.
Ek gebruik maar CCI, want hulle voer beter in my Lee LoadMaster.
Of jy kleingeweer slagdoppie kan gebruik ipv klein pistool slagdoppies: dit is al gedoen, jy moet net jou lading 'n bietjie verlaag. Die slagdoppies is wel harder as klein pistool slagdoppies. As jy revolver skiet en die hamer elke keer oorhaal sal jy genoeg slaankrag hê om die slagdop af te slaan, miskien nie as jy dubbelaksie gebruik nie, afhangende van hoe lig jou veer gestel is.
Manne met pistole wat werk met 'n sg "pre cocked striker" (bv Glock) sal miskien nie deurlopende 100% slagdopontbranding behaal nie, die met eksterne hamer sal beter kans hê, weereens gekoppel aan die hamer veer sterkte.
As ek by 'n winkel instap en daar is voorraad slagdoppe, koop ek maar waar ek kan, of ek nodig het, of nie.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Fri Feb 01, 2013 12:57 pm
by Raakgeskiet
Dankie vir daai inligting Thomast.
So ek behoort reg te kom met my rewolwer, ek skiet inelkgeval enkel aksie met hom.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Mon Feb 04, 2013 9:13 pm
by Raakgeskiet
Wie van julle ken sellier en ballot se slagdoppies en produkte?

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Tue Feb 05, 2013 7:17 am
by THOMAST
Ek het al S&B slagdoppies (Percussion caps) gebruik op my swartkruit gewere. Hulle was beslis warmer as die Amerikaanse slagdoppies. Weet nie of hulle gewone slagdoppies in dieselfde kategorie val nie.

Re: Wat se slagdoppies verkies julle?

Posted: Tue Feb 05, 2013 7:55 am
by Raakgeskiet
Behalwe vir dit, was daar geen probleme met hulle nie? het almal gewerk, geen misfires nie?