Page 1 of 1
Wapen oorsee koop en invoer
Posted: Fri Jan 25, 2013 3:22 pm
by Renier
Dagsê almal
Wat moet ek doen om 'n wapen oorsee te koop en dan in te voer na RSA?
Vriendelike groete
Re: Wapen oorsee koop en invoer
Posted: Fri Jan 25, 2013 3:30 pm
by Beretta
Renier
Remington is die expert met die soort goed.
Beretta
Re: Wapen oorsee koop en invoer
Posted: Fri Jan 25, 2013 3:32 pm
by SV MAD (Henk)
Ludwig wrote:
Die hoeveelheid papierwerk wat jy hiervoor nodig het, kans mens prakties sê dat dit vir die gewone ou onmoontlik is om 'n geweer van oorsee af in te voer. Ek praat van permitte, en lisensies, en federale toestemming, en SAPS toesteming etc etc etc. Nee wat, dit gaan makliker wees om met diamante te smokkel as om gewere self te probeer invoer.
Wat van diamante in die loop van die geweer, dan is die papoerwerk mos die moeite werd?
Re: Wapen oorsee koop en invoer
Posted: Fri Jan 25, 2013 8:57 pm
by immelmanw
Maklik, koop dit en se die ou of plek by wie jy dit gekoop het moet dit permanent uitvoer vir jou.
Bel dan sommer vir UTI of Fedex en se net hulle moet as n agent optree en die clearing vir jou doen.
Reel met guardforce om die geweer op te pas terwyl jy vir customs en die saps wag vir die inspeksie.
Nie so moeilik nie.
Re: Wapen oorsee koop en invoer
Posted: Sat Jan 26, 2013 7:37 am
by Jaco Swart
Willem.
As dit so maklik was hoekom doen almal dit nie?
Re: Wapen oorsee koop en invoer
Posted: Sat Jan 26, 2013 7:46 am
by immelmanw
Jaco Swart wrote:
Willem.
As dit so maklik was hoekom doen almal dit nie?
Goeie vraag.
Re: Wapen oorsee koop en invoer
Posted: Sat Jan 26, 2013 8:46 am
by Jacko
Ek het in die middel-90's toe ons in Engeland gebly het, my Glock daar gekoop.
Dit was nog voor hulle handwapens daar verbied het. My pa het aan hierdie kant 'n invoerpermit gereel by die SAP. Dit was nie so moeilik nie.
Ek het die Glock by die geweerwinkel gelos en hulle het hom vir my ingecheck op die vlug na SA. Hier gekom het ek hom gevat met die invoerpermit by my - pa het dit Engeland toe gepos - en by doene verklaar.
Permit was tydelike lisensie van 90 dae as ek reg onthou. Doen aansoek vir lisensie en Bob's your uncle.
Ek dink egter dis deesdae moeilik om vuurwapens uit bv Amerika te "bestel", veral na 9/11. Hulle wetgewing is nogal taai as jy nie 'n dealer is nie.
Of wat praat ek nie alles nie, mnr. Immelman?
Re: Wapen oorsee koop en invoer
Posted: Sat Jan 26, 2013 9:03 am
by immelmanw
Jacko wrote:

Ek en my pa het in 1997 so bietjie gaan toer in Amerika, lekker golf gespeel, highway 101 gedoen en toe kom die gunshops. Ons het n Kimber (kimber of Oregon) 280 rem, winchester super grade 300 win mag, 22-250 rem VLS sommer alles gekoop en met die invoice en guns op die vliegtuig geklim. Hier geland het ons dit vir customs gegee, hulle het dit by doeanein die Kaap gestoor, ons het aansoek gedoen vir permanente invoerpermit, maand of wat later was dit op die stelsel, aansoek gedoen, belasting betaal en die gewere gaan optel. Hulle staan nou nog in my kluis.
Groete
Re: Wapen oorsee koop en invoer
Posted: Sat Jan 26, 2013 3:24 pm
by Jacko
Fark.
Om te dink ek was begin van die maand nog in Cabelas daar anderkant. Ek kon teruggekom het met 'n spulse geweertjie of twee.
Boehoe.