Page 1 of 1
Swarovski - My droom word waar
Posted: Fri Jul 23, 2010 8:27 pm
by Piet Breedt
My droom scope nog al die jare was n groterige Swarovski. Tot nou toe was dit maar net n droom omdat dit nog altyd te duur was. Ek het so paar van my Toys verkoop om hom te kon bekostig. Daardie droom het verlede Dinsdag waar geword toe ek n splinternuwe Swarovski Z6 5 - 30 x 50 P teleskoop ontvang het. n Vriend van my se vrou is n mediese dokter, en het vir my een saam gebring van Kanada af waar sy 2 keer n jaar gaan lokum.
Ek was so opgewonde, en het hom dadelik op my .25 06 gesit, en baan toe gegaan. Al wat ek kan s? is "ongelooflik"
Die helderheid van hierdie scope is iets om te beleef. Ek het gou gou die balistic turret op 100, 200, 250, 300 en 350m ingeskiet. Toe ek die 350m teiken skiet, sit die son al op my 11 uur, hier teen 16h15. Die sakkende son skyn direk in my linker oog, in so mate dat ek hom heeltemal moes toehou. Ten spyte daarvan dat ek byna direk in die son moes in skiet, kon ek nogsteeds van my skote sien op 350m. Ek was in die wolke.
Ek gaan hom mor? mooi deur sy passies sit, en hom so bietjie leer ken voor ons op die 8ste Augustus die Vrystaat Ope gaan skiet. Ek sal laat weet hoe dit gaan.
Hier is hy:
http://www.swarovskioptik.com/en/products/rifle-scope_z6-z6i_5-30x50-p
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Fri Jul 23, 2010 10:04 pm
by Robert
Piet. Nice man. Dis altyd lekker as drome en wense waar word. Myne was om uiteindelik n gemsbok te skiet. Ek het dit laas week gedoen. Baie bevredigend. Geluk met die scope. Mag dit sien wat gesien moet word. Robert
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Sat Jul 24, 2010 7:48 am
by spekieries
Geluk Piet. Myne is om 'n buffel te skiet en ek sal meer as net 'n paar toys moet verkoop. Ek lei af dat die eksperiment met die Nico Sterling toe nie suksesvol was nie. Vertel bietjie meer asb.
Jagters Groete
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Sat Jul 24, 2010 1:21 pm
by tafjak
Piet
Ja-nee, lekker een wat jy nou het. Teleskope word maar aan betroubaarheid gemeet. Die beeld is dan ook van die goeters wat ek aan die teleskoop meet, veral in die nag omdat 99% van my skietwerk dan gedoen word. Swarovski het nooit regtig lekker beeld-teleskope gehad tot onlangs nie, maar met die Z6-reeks het hulle so bietjie die bordjies verhang.
Die Swarovski het al die jare seker die beste 8x56 gehad en seker nou nog. Wou altyd so iets gehad het, maar kon dit nog nie bybring en omdat ek seker eendag 'n gelukkie gehad het met Diavari 3-13x56.
Ek dink ook dat jy seker nou van die beste teleskope het om op die skietbaan so bietjie meer sports te veroorsaak. My swaer kry so maand gelede ook een van die Diavari's in die hande vir kleingeld. Jy is 'n man wat die teleskoop se volle potensiaal kan gebruik, die parralaks, fokusse en turrets. My werk in die nag kan nie alles gebruik en reggebruik nie. Sal ook graag eendag so betroubare teleskoop wil h? en roer wat daarby pas om op die langbane te kan skiet.
Mooiskiet
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Sat Jul 24, 2010 9:33 pm
by Piet Breedt
spekieries wrote:
Geluk Piet. Myne is om 'n buffel te skiet en ek sal meer as net 'n paar toys moet verkoop. Ek lei af dat die eksperiment met die Nico Sterling toe nie suksesvol was nie. Vertel bietjie meer asb.
Jagters Groete
Spekieries, ek het die groot Nikko gebruik as eksperiment om te sien of ek sal regkom met die groot Swarovski as ek hom eendag kon bekostig, en dit was in die pyplyn. Ek dink my suksesse met die Nikko spreuk vanself. Op die eerste kompetisie wat ek hom gebruik het (Natal Ope), het ek gewen met n telling van 840. Die tweede een het ek 2 de gekom 755 (Suid Kaap) waar ek kon wen, maar 2 skote op verkeerde teiken geskiet, agv die groot vergtoting waar ek nie die nommer van die teiken kon sien. Field of view is baie klein op 50 x vergroting. Derde kompetisie 2de gekom (Gauteng) met telling van 860. Vierde een gewen (Limpopo) met n telling van 860. Mpumalanga gewen met telling van 870. Dit het my oortuig dat die eksperiment bo alle twyfel gewerk het.
Maar die hele tyd hier in my agterkop het ek geweet dat ek met n Nikko Stirling skiet, en ons almal weet dat hulle nie juis n goeie naam het by grootgeweer skiet, vir betroubaarheid. Ek het hom werklik getoets, en ook baie bokke met hom geskiet. Dit is n redelikke aanpassing om met so n groot vergroting te kan skiet, maar met my luggeweer agtergrond waar ons met hierdie teleskope skiet, was dit vir my baie maklikker. Ek skiet tot my staan skote op 50 x vergroting. Dit vat baie honderde ure se oefening om dit reg te kry, maar gelukkig met die luggeweer skiet kry jy maklik hierdie ure ge "log"
Nee wat, ek sal vir jou s? dat hierdie spesifieke model Nikko Sterling hulle vlagskip scope is wat in Japan vervaardig word, en w?reld wyd met groot sukses gebruik word vir veldteiken. Dit is by v?rre die popul?rste scope daarvoor. Ek het myne vir amper n jaar op my .25 06 gebruik, en hy is nog net so betroubaar en presies soos dag een. Die een op my luggeweer is nou al 2 jaar in gebruik, en ons draai die elevation turret reg in die rondte vir die hele dag lank, elke dag, en hulle repeatability is verstommend. Nie een waarvan ek weet het al moeilikheid gegee in daardie verband. Bly weg van die Nikko Sterling Nighteater reeks af. Hulle word nie in Japan vervaardig nie, en is maar n goedkoop produk, en jy kry waarvoor jy betaal.
Die een wat ek gebruik (ek het 2 van hulle) is die 10 - 50 x 60 Big Nikko Diamond Series New Model met die groen turret caps wat kan toedraai. Hulle is nou baie skaars hier by ons, en kos nou al R10 000.00, wat glad nie goedkoop is nie.
Tafjak, ek het vandag die hele dag op die baan spandeer met die Swarovski. Al wat ek kan s? is dat ek nog nooit in my lewe so beindruk was met enige scope wat ek nog ooit mee geskiet het nie. Die helderheid is net ongelooflik, en hy verstel presies volgens sy clicks, soos mens sou verwag. Ek kon al die pad my skote tot op 350m sien, op verskillende kleure teikens. Die baie dun kruishare was aanvanklik vir my n aanpassing, aangesien die o? maar nie meer te lekker is nie. Ek het die fokus op die kruishare gisteraand op die maan wat vol is, baie mooi ingestel, en dit was vir my vandag helderder as Dinsdag toe ek net die jeuk wou verminder toe ek baan toe was met hom.
Ek het so bietjie gespeel met die vergroting, en glo dat hy ook in die aand lekker sal skiet so op 10 - 12 X. Die "field of view" is heelwat groter as die Nikko Sterling s'n. Dit is prim?r n langafstand baan scope, maar ek dink hy sal baie lekker jag. Ek gaan hom terdee geniet.
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Sun Jul 25, 2010 6:29 pm
by Biker
Piet
As skut is jy duidelik in n ander klas as ek,maar dat jy daai swarovski geniet dit kan ek met jou deel. Het die 4-16 habicht swarovski en hy werk vir my ou oge tot nou toe. Net partykeer wonder ek soos mens ouer word of die lum. dot nie sal beter wees nie? Enjoy!
Biker
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Sun Jul 25, 2010 8:37 pm
by Cobus(Cobb)
Ek wil niemand verveel met my vragies nie, en ek is seker die is al voorheen gevra en ge antwoord...(indien wel, stuur net die link)
wat beteken al die geskryf op 'n scope??
bv,,3-9 x 40 of 3.5-10 x 50
wat is 'n "field of view"?? wat beteken "hold-over reticle"?,, "mildot reticle"?
Waarvoor is al die horisontale lyne onder die eeste horisontale kruishaar??
vir max R5000, wat koop 'n man vir 'N BRNO.308....(nuut), en is dit slim om 2e hands te koop??(hoekom verkoop iemand sy goeie scope)?
Dankie
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Sun Jul 25, 2010 9:29 pm
by Piet Breedt
Cobb dit werk so. Nie heeltemal tegnies korrek nie, maar naby genoeg vir ons om dit te verstaan.
3 - 9 x 40 staan vir: Sy vergroting kan van 3 maal, verstel word tot 9 maal. Dus as jy hom draai op 3, sal hy die teiken 3 x vergroot, en op 9maal, die teiken 9 x vergroot. Die 40 staan vir die grote van die lens voor.
3.5 - 10 x 50 is dieselfde as bo, maar vergroot vanaf 3.5maal, tot 10maal, met n 50mm lens voor
Field of view is die wydte wat jy kan sien op n bepaalde afstand, op n bepaalde vergroting. Hoe groter die vergroting, hoe kleiner is die a beeld waarna jy kyk, maw: as jy op 3 x vergroting kyk, is die teiken net 3 keer vergroot, maar die beeld wat jy sien, van kant tot kant, is groter as wat jy op 9 x vergroting kyk, waar die teiken weer groter is.
Hold over Reticle is gewoonlik n kruishaar wat kleiner horisontale strepies onder die hoof kruishaar het. As jy verder skiet as wat die geweer op ge zero is (op hoof kruishaar), moet jy mos bo die teiken mik om te kompenseer vir die val van die ko?el op die langer afstande. Dan gebruik jy die kleiner strepies as verwysing om daarvoor te kompenseer. Soos die Ingelse s?, ju "hold over" die teiken.
Mildot reticle in kort is n kruishaar met sulke klein dotjies wat eweredig gespasieer is op die horisontale, en vertikale kruishaar. Dit word deur Snipers gebruik om afstande te bepaal deur na n bekende grote teiken soos n mens te kyk, en dan te sien hoe pas hy in tussen die kolletjies, en dan weet hulle hoe v?r hy is. Hulle het n formule boekkie, of sommer n rekenaar by hulle wat die spotter dan vir die skut die nodige berekeninge mee uitwerk, en hy weet dan presies waar om te mik vir afstand en wind.
Vir R5000.00 sal ek net een scope koop, nl: n Burris 4.5 - 14 x 42 Fullfield II. Ek het al baie scopes in my lewe gehad, en nog nooit n beter een vir sy geld as hy besit. Ek het n paar van hulle.
Ek het ook al baie van my ou scopes verkoop wat absoluut niks makeer. Ek het hulle vervang deur scopes wat beter vir die nuwe doel waarvoor dit aangewend word is. Soos mens ouer word, speel jou sig ook n groot rol by die keuse van scopes. Wat gister vir my goed gewerk het, is dalk nie meer geskik vir my vandag.
2de Hands koop het maar altyd n risiko, maar as jy weet by wie jy koop, kan jy dit maar gerus doen.
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Mon Jul 26, 2010 7:37 am
by Biker
Piet
My 2c: Stem saam oor Buris-beste waarde vir geld
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Wed Jul 28, 2010 4:32 pm
by JACQUES BOTHA
PIET
Man jy sal nie spyt wees oor dei swartworsie wat jy aangeskaf het nie betroubaarheid is die wagwoord....
Piet nou daa waar jy daai swartwors opgesit het, bring daai burris saam bloem toe volgende week ek het werk vir hom....
Jy sien ek is aan die geweer bou .....dit gaan weer n tipe van 222-250 wees. Ten minste die dopppie ja.....
die Bonzaii doppie gaan weer sy werk doen....
Sien volgende week
groetnis
Jacques
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Wed Jul 28, 2010 5:51 pm
by Piet Breedt
Jacques, die Burris'e is dan familie, en mens gee nie jou kinners weg nie
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Wed Jul 28, 2010 8:43 pm
by daantjie
Dagse
Wat dink julle van Zeiss teleskope? Nog altyd gedink/gehoor hulle is kookwater, so wonder hoe hy vergelyk hy met n Swarovski? Sover my kennis strek is hule bietjie goedkoper?
Tjeers
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Wed Jul 28, 2010 9:02 pm
by Raven
Daantjie,
Hier is 'n paar manne wat Zeiss gebruik
http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=2
Lees bietjie hier
Raven
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Wed Jul 28, 2010 9:27 pm
by Piet Breedt
Daantjie, dit is vir baie jare al geen geheim dat Zeiss, Swarovski, Shmidt und Bender en ook Kahles maar in hulle eie klas is.
Volgens my eie ervaring is daar maar min te kies in helderheid en kwaliteit, en is dit maar persoonlikke smaak, en aanwending wat die keuse maak. Maar jy sal verseker nie terleurgesteld wees in enige van hulle nie.
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Wed Jul 28, 2010 9:51 pm
by Raven
Daantjie,
Ek moet bys? dat ek al Louis se Zeiss gekyk het en hy was helder as die swarov wat ek het.
My voorkeur by Swarov is die nuwe Z6 het HD( High Defintion) en dit is baie goed.
Ek hou ook van die Ballistic Turrets op Swarov, dit skakel die raai werk uit op jou lang skote.
Raven
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Thu Jul 29, 2010 6:46 am
by daantjie
Dankie, kerels! Eendag as ek groot is...Of Lotto wen, ha-ha, dan is dit .375 H&H Magnum, sommer n Styer of Sauer en dan n Zeiss, hoekom dan nou nie
Groetnis
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Thu Jul 29, 2010 9:56 am
by JACQUES BOTHA
PIET
Ons praat hier van wettige aanneemings .. papierwerk kwitansies ens.
Jy weet mos jy los daai kind in goeie sorg...
En mens moet mos soms bietjie liefdadigheids werk ook doen...
En hoe gaan dit nou voel as al jou kinders by hulle mamma is styf vasgemaak warm gebere in die kluis en die een outjie wrod nou verwerp om plek te maak vir n "swart"worsie..
In die regstellende aksie proses gaan jy een kind wees laat....en net daar kom ek in die prentjie...Ek is bereid om aan te neem teenvergoeding.....So dit maak van die transaksie iets besonders,,,, jy weet jou weeskind is in goeie sorg en ek weet ek neem n kind aan wat goeie diens gekry het....
Dink mooi ...Ek gaan weer praat Volgende saterdag.
Groete
JB
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Thu Jul 29, 2010 4:26 pm
by JACQUES BOTHA
Piet
Dalk moet ek ook jou pad volg en so paar speelgoed verkoop en maar die swartworsie inbring...
dink jy ek sal genoeg kry vir een?
2X 240 lightforce ligte
2 X 170 lighforce met dimmers
1 X 170 vir die geweer met dimmer
2 X FX3 (EEN NOG NOOIT GEBRUIK)
1 SKIETSTOEL
MMMMM
As ek dan nog moet gaan moet ek n plankroer verkoop...
ok en daar stop dit....as dit noggie genoeg is nie...Sal ek seker weer n paar maande die lyf moet opoffer en wind en weer moet weerstaan en ernstig jakkalse jag vir 3 maande ....
Dan sal ek weer kan koop...
EK WONNER WAT EK NOU MOET DOEN...
Groete
Jacques
Re: Swarovski - My droom word waar
Posted: Sun Aug 01, 2010 6:41 pm
by Piet Breedt
Jacques ek sien jy het heeltemal te veel van daai 170's. Ek kort een vir my geweer. Sal die naweek praat.