Page 1 of 1

Kavango naweek

Posted: Tue Jan 22, 2013 11:45 pm
by Piet Pille
Naandse mense,

Net so bietjie terugvoer oor my vinnige trippie op na die Kavangorivier die afgelope naweek..

Redelik impulsief het ek en vrind Johan besluit om die bakkie se neus noordwaarts te skuiwe in die rigting van die bekoorlike Kavango rivier so 260km noord van Grootfontein.

Die plan was om so bietjie ons tiervishengeltegnieke op te skerp. Veral met die Crockango hengelcomp wat begin Mei wag. Vrydag middag so teen 18h00 is die boot in die water en die lyne uit. Een of twee navragies by ons dryf-ase, maar geen tiervisse kon ons vasmaak nie. Die aand 'n lekker steakbraai met ietsie kouds in die staalbekers en nadat ons mekaar oortuig het dat die grotes more boot toe gaan kom, is dit lala-land toe.

Vroeg saterdag-oggend is dit op die waters. Johan kry 'n ordentlike loop op sy stok, maar die sirkelhoek kry nie vatplek nie. Terug stroom-op en ons dryf weer oor die area. Die keer is Johan reg vir hom en nadat hy Job se geduld ten toon gestel het, sit Ta!!! Nog so paar akrobatiese pasies en Tiervis se kind is reg om geskep te word.... 4.45kg!

Nou moet my mombakkies ook af. Die lyne hang leweloos in die water vir die afgelope uur of wat al, en ek besluit dat dit tyd is vir 'n vars uitsoekfillet kurper asie soos net ma hom kan maak vir my hoek. Ek sit my stok in die stokhouer agter my, maar terwyl ek met die mes en aas doenig, is ek salig onbewus dat ek per ongeluk die vryspoel knop op die baitrunner oorgeslaan het en die drag nou vas is.......

Die volgende omblik skrik-kyk en en Johan gelyk op van die splas hier vlak langs die boot...... reken dis krok de kind wat kom groet! Maar dis al die tyd my stok wat met mening oor die kant uit die stokhouer gepluk was! So meter onder die oppervlak sien ek net nog die kurk-handvatsel wat na benede duik. Daai gevolglike sierlike duikslag sou vir Ryk Neetling op sy neus laat kyk het!! Maar na my ore vir die 2de keer "gepop" het en ek soos die hoofrol speler in "The Abyss" voel, kry ek die stok raakgetas en swem na bo. DIT WAS AMPER.............

Die tiervis is wel weg maar ek het my stok gered!!! Johan is dik van die lag en ek sit soos 'n natgereende hoender met Newcaste-siek. Jou moer man ek sal jou wys! In gaan nog 'n vars fillet, en helaas, sekondes later toe fluit daai katrol!! Stadig nou.... rustig.... gee kans dat hy hom mooi sluk......
VAS!!!!!

Spring diekant, duik daaikant, skud sy kop en die Clarus buig mooi maar net toe, moet hy kom! Nounie so dikgevrete cholestrolbom soos Johan s'n nie maar 'n gesonde atletiese 2.28kg.

Ongelukkig het die son water getrek en ons is kamp toe sonder verdere aksie. Sondag more net so vinnige sessie, maar die visse is almal kerk toe soos dit hoort. So 10uur die boot uit en terug huistoe waar ons vir vroulief en enige-iemand anders wat wou luister die stories oorvertel.

Hiermee so paar foto's:

Johan se Tier:

Image

My tier:

Image

Die mooie Kavango- pitkos vir die siel!

Image

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 6:14 am
by Frederik
Maak julle my nou baie lus.

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 7:06 am
by VdWalt
Geluk met die tiere, dit is darm n mooi plek daai!
Ek was laas in Desember 87 daar gewees toe ek by my suster en
swaer gaan kuier het. Hy was besig met laaste deel van diensplig en
op daai stadium die tandarts op die basis in Rundu.

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 7:26 am
by Gerhard
Great,

Die Kavango en omgewing is beslus om my lys van plekke om te gaan vis vang nog.

Bly jy kon jou stok terug kry.

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 7:45 am
by Jaktrap
Dagse
Dit lyk na iets wat ek sal moet bysit op my bucket list.
Mooi gedoen

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 7:59 am
by Cor Jacobs
Pieter,

My ou maat, jy het darem maar net n gawe om n storie te vertel, baie mooi!
Jy kan maar nog in Visvang-mode bly tot so ende Mei, maar dan moet jy ernstig oorskuif in Jag-mode... :police:

Groete,

Cor

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 8:04 am
by johnny
Pieter

Mooi man , dis darem n pragtige plek daai.

groetnis

Johnny

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 8:52 am
by Boogjagter
Mooi, Pieter. Sal jou met die Crockango DV sien. Ons inskrywing is gister in...

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 9:06 am
by FHM
Mooi vertel mater! ;)
Julle het darem elkeen n trofee foto en lekker herinneringe - baie manne ry naweke woertoe noord hier langs die groot blou dam en kom met geen vis terug nie.

Mooi gedoen!

PS: Luister maar vir Cor hoor.... :P

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 9:55 am
by Piet Pille
Boogjagter wrote: Mooi, Pieter. Sal jou met die Crockango DV sien. Ons inskrywing is gister in...
Goed om te hoor. Altyd lekker om die Jaracal manne te kan ontmoet. Is dit jou eerste keer dat jy die comp hengel? Saam met wie gaan jy en wat is julle span naam?

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 10:33 am
by Cor Jacobs
Pieter Vorster wrote: Goed om te hoor. Altyd lekker om die Jaracal manne te kan ontmoet. Is dit jou eerste keer dat jy die comp hengel? Saam met wie gaan jy en wat is julle span naam?
Gaan saam met Jan, Tuisbly is die span se naam..  ;)  Oops sorry, jy praat met iemand anders..  ;D

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 10:37 am
by Piet Pille
Cor Jacobs wrote: Gaan saam met Jan, Tuisbly is die span se naam..  ;)  Oops sorry, jy praat met iemand anders..  ;D
;D ;D ;D ;D
skerp Cor!

hoekom nie weer saam met Sandy & Mandy in span Brandy nie?? ???

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 10:48 am
by Cor Jacobs
Pieter Vorster wrote: ;D ;D ;D ;D
skerp Cor!

hoekom nie weer saam met Sandy & Mandy in span Brandy nie?? ???
Ag ek wou, maar hulle wou nie visvang nie.. ;)

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 11:04 am
by Lourens Potgieter
Ek neem aan daar is geen plat honde in daai water nie....my stok sou geskenk wees....ek is BAIE skrikkerig vir daai goed!!! :o

Re: Kavango naweek

Posted: Wed Jan 23, 2013 1:06 pm
by Boogjagter
Pieter, ek het laaste twee jaar (en die jaar weer) saam Bernie Miller op die boot gewees. Voor dit saam met Kevin Nicholson. Ek en Johan sien mekaar so nou-en-dan as ek deur Grootfontein gaan. Het hom so 2 jaar terug eerste keer by die compo ontmoet. Sal jou bietjie kontak as ek weer daar verby kom.