Page 1 of 1
Jag Dec 2012 en Jan 2013
Posted: Tue Jan 22, 2013 2:26 pm
by johnny
Manne
Hier is my seun ( 6 jaar) en ek by die klompie kransduiwe wat ons geskiet het, ek skiet met n EL GAMO 410 /.22 oop visier kombinasie geweer en hy met n brno. 22 ,met n lynx 6x42 , hy het darem 4 van die 32 geskiet .
Ander fotos is n Eland koei wat ek met 30-06 geskiet het, n rooibok met 25-06 en blouwildebees met 30-06,
FC sal die fotos laai.
Groetnis
Johnny
Re: Jag Dec 2012 en Jan 2013
Posted: Tue Jan 22, 2013 2:30 pm
by FCLoretz
Re: Jag Dec 2012 en Jan 2013
Posted: Tue Jan 22, 2013 2:33 pm
by johnny
FC
BAIE DANKIE
GROETNIS
jOHNNY
Re: Jag Dec 2012 en Jan 2013
Posted: Tue Jan 22, 2013 2:38 pm
by FCLoretz
Plesier Johhny,
Stuur maar weer as ek kan help.
PS. Mooi rooibok
Re: Jag Dec 2012 en Jan 2013
Posted: Tue Jan 22, 2013 2:49 pm
by Geno
Johnny,
Bitter mooi rooibok!
Re: Jag Dec 2012 en Jan 2013
Posted: Tue Jan 22, 2013 3:07 pm
by FHM
Mooi fotos Johnny!
Die eland-foto is baie donker - ek sien amper niks daar nie....wag ek sien dit nou beter - seker die hitte hierso wat my visie so laat glip....
EK vertrou jy het darem vir kleinman gehelp om daai kransduiwe skoon te maak - daai vleisies maak n heerlike bredie, of net sout en peper en rooster toe of oondbak, maar ek is seker jy weet

Re: Jag Dec 2012 en Jan 2013
Posted: Tue Jan 22, 2013 7:38 pm
by tokjak
johnnie ,nee mooi jy is voor vir die jaar , kom ons kyk wie skiet die mooiste kudu die jaar .....ons sit sommer n bottel johnnie walker op as prys !!!!!!

Re: Jag Dec 2012 en Jan 2013
Posted: Tue Jan 22, 2013 9:27 pm
by GreyGhostGear
Netjies Johnny, nou verstaan ek beter hoekom jy so laat by Jolly Dolphin aankom - al die somer gejagtery

Re: Jag Dec 2012 en Jan 2013
Posted: Wed Jan 23, 2013 7:59 am
by johnny
Tokjak reg so net een voorwaarde , jy mag nie op jou plaas skiet nie, ek weet van daai grtoot bulle in die berg,
Petrie , nee man dis mamma wat so draai , maar dankie tog ek was laat , jy en dawie d sou my seergemaak het , julle is grootvatters.
FHM
Al die duiwe is in pakke van vyf opgemaak en nog in my vrieskas, gaan dit een aand in die winter by n jag gebruik vir n duiwe room potjie.
groetnis